Tuesday, March 7, 2017

Waarom glo ek oom Angus Buchan is op die verkeerde pad?

Ek het die artikel geskryf na aanleiding van oom Angus Buchan se oproep op Maandag 27 Februarie 2017 om saam te kom op 22 April 2017 vir 'n massa gebedsbyeenkoms op 'n plaas net buite Bloemfontein. Oom Angus het Vrydag 24 Februarie 2017 beweer hy het God se stem gehoor; "IT'S TIME." Blykbaar het God vir hom gesê Suid Afrika is by 'n kruispad en as ons nie nou iets doen en saamkom om te bid nie, is dit verby met ons. Jy kan die video greep hier gaan kyk. Hierdie video greep (klik hier) het hy Maandag 27 Februarie 2017 vrygestel nadat hy die naweek gaan bid en sogenaamd by God 'n antwoord gekry het om 1 miljoen mense bymekaar te kry vir 'n massa gebedsbyeenkoms net buite Bloemfontein.

Die vraag is, "het God met oom Angus direk gepraat?" Hoe weet ons dit? Is oom Angus se bediening en teologie Bybels? Wat sit agter oom Angus se uitsprake? Op grond van wat kan oom Angus belowe God gaan mense in hul stoele genees? Met wat se gesag kan hy sê, "so se die Here," en dit dan koppel aan gehoorsaamheid aan God. My gevolgtrekking is dat oom Angus oor die jare onder die invloed van charismatiese en "word of faith" leraars gekom het soos Rodney Howard Brown, Rick Joyner, Kathryn Kuhlman, ens. Die is mense wie hy loof vir hul bydra tot sy eie sukses as evangelis. Oom Angus sê die volgende oor Kathryn Kuhlman, "Kathryn Kuhlman the great evangelist so powerfully used by God in signs and wonders and miracles prayed for the sick. I can honestly say that for me, preaching the Gospel is very similar. When we get on the platform in an hour's time, after the praise and worship team has led us into the presence of Almighty God after the shofars have been blown and cleared all the surrounding area of any spiritual darkness and the crowd are waiting to hear the Word of God the battle begins."

Mense kyk meeste van die tyd na iemand se lewenstyl. As hy 'n mooi voorbeeldige lewe leef; aangenaam, sag vriendelik en liefdevol is en daarby die naam van Jesus gebruik, glo hulle daar skort niks met sy teologie nie. Dis net hier waar ons een van die grootste fundamentele foute maak en ons oopstel vir Satan se dwaling. Hy doen hom graag voor as 'n engel van die lig wat mooi praat en optree (2 Cor. 11:14). Dit alleen is nie 'n teken dat iemand in die waarheid is nie. Die waarheid is gesetel in LEER en LEWE. Waarop baseer jy jou Christenskap? Wat bepaal wat jy doen en sê? Dis hier waar die spreekwoordelike "paw-paw" die "fan strike." Jy sien, gesonde leer van die Woord is net so belangrik soos Jesus homself. Jesus is die weg, die WAARHEID (gesonde leer) en die lewe (John 14:6). Jesus is nie net die lewe nie. Jesus is ook die waarheid. Jy kan nie bely om in Jesus te wees en dan spreek jou lewe nie van die waarheid van die Woord nie. Reddende geloof is gebaseer op die kennis van die Persoon en werk van Christus. So, wat leer en doen oom Angus? Dit is 'n baie belangrike vraag? Dit is hier waar ek glo dinge begin skeefloop in oom Angus se lewe en bediening.

Die teologie agter oom Angus se manier van dinge doen is die probleem en nie net die dinge wat hy doen nie. Oom Angus se bediening was nog altyd geskoei op uiterlike tekens en vertoon-godsdiens: tekens in die wolke, op die horison, atmosfeer, genesings, gevoelens en uiterlike ervarings in verskeie vorme. Hy praat gedurig daaroor. Sonder groot byeenkomste, magsvertoon, emosies, tekens en wonders is oom Angus niks. Hy baseer nog altyd sy bediening op getalle en magsvertoon. Daar is vir hom slegs sukses in die massas. Hy het 'n sigbare godsdiens geskep wat afhanklik is van sien en nie geloof nie. Die vraag is sal ons bly glo in Christus as die huidige situasie aanhou en ons geen wonderwerke sien vir nog klomp jare nie? Die Nuwe Testamentiese kerk het onder die Romeinse regering vir paar eeue bitter swaar gekry en is vermoor omdat hulle in Christus glo. Dit het met hulle baie slegter gegaan as met ons. Hulle het getrou bly glo in Christus en nie wonderwerke en massabyeenkomste nagejaag nie. Hulle het elke dag die evangelie verkondig en Christus geloof en gedank in alle omstandighede (1 Thess. 5:18). Wie is ons om aan God voor te skryf deur 'n massasaamtrek dat Hy iets moet doen? Hy sal dit doen ooreenkomstig Sy raadsplan. Calvyn verduidelik dit soos volg: "Ten slotte moet ons in elke gebed sorgvuldig daarop let dat ons God nie aan bepaalde omstandighede wil bind nie en ook dat ons nie aan Hom die tyd, die plek of die manier moet voorskryf waarop Hy iets moet doen nie" (Inst. 59, 3.20.50).

In oom Angus se video Maandag, 27 Februarie, het hy gesê mense gaan op 22 April in hul stoele genees word. Wie gee hom die reg om so iets te sê? Wie gee hom die reg om namens God te praat? Hoe kan hy so verwagting skep? Wat gaan Hy vir die mense sê wat nooit genees word nie? Het God hulle nie gehoor toe hulle reeds gebid het nie? Miskien is dit God se wil om nie mense te genees nie? Hy antwoord hulle nooit, want hy moet die positiewe "pep-talk" handhaaf om die verwagting by mense te op te hou. Kan hy op God se hand praat? Hy is op baie gevaarlike terrein. Is hy God wat kan besluit wat gaan gebeur? God doen soos Hy wil ooreenkomstig Sy raadsplan en geen massa byeenkoms gaan Sy arm draai nie.

Hy het ook gesê 22 April is die laaste kans vir Suid Afrika anders is dit verby. Wie gee hom die gesag? Verstaan hy enigsins wie is God en hoe Hy werk as Hy so iets sê? God is soewerein en werk te midde van alles. Goed en slag is deur Hom voorbeskik in Sy soewereine raadsplan om Sy goeie wil uit te werk (Is. 46:3-11). Wie is ons om aan God voor te skryf dat die huidige situasie in Suid Afrika nie binne Sy raadsplan is nie? Wie is oom Angus om te sê dis die laaste kans? Dit spreek van baie onkunde en arrogansie om namens God sulke uitsprake te maak. God het geen raadgewer nodig en het alles voorbeskik om te gebeur in Sy soewereine raadsplan. Dis gelowiges se plig om aan God te onderwerp, Hom getrou te dien in alle omstandighede en Hom te dank vir alles.

Hy het ook gesê die mense moet in hul massas opdaag - 1 miljoen - sodat God sy mense kan besoek. Hy beweer as ons in groot getalle bymekaarkom sal God ons hoor en die land genees. Hy beweer ook God het gesê ons moet bymekaar kom en nie net in ons kerke of huise bid nie. Dis blykbaar nie goed genoeg nie, want dit is nie wat God gesê het nie. Hoe kan oom Angus God so bind? Wie gee hom die reg om God se teenwoordigheid te fasiliteer? Het God oom Angus aangestel soos 'n Moses van ouds om Sy "volk" bymekaar te roep? Hoe kan oom Angus belowe God gaan daai dag teenwoordig wees en mense genees? Het oom Angus in God se raadskamer gesit sodat hy die raadgewer van God kan wees? Wel, dis wat oom Angus beweer met hom gebeur het oor die naweek van 24 Februarie. God kan mos mense in hul huise, kerke, stiltetyd of sommer net daar waar hulle is ontmoet. Weereens is dit die vertoon-godsdiens waarvan oom Angus afhanklik is.

Oom Angus tree meer en meer op asof hy 'n Moses van ouds is en asof Hy Christendom in Suid Afrika se leier is. Sy spreke en optrede is tipiese Moses-taal. Van die MMC's in die verlede is soos 'n tabernakel van ouds ingerig met die massiewe verhoog in die middel. Dit lyk kompleet soos Israel wat rondom die tabernakel saamtrek en aanbid. Daar is ook baie "Hebrew Roots" elemente teenwoordig by die byeenkomste. Ek was ook daar. Dis ramshorings, "prayer-shawl's," olyfolie, en verskeie joodse gebruike. Mense verbeel hulle kompleet hulle is byeen soos Israel van ouds. Mense het soontoe gegaan asof hulle na die tabernakel toe gaan om deur Moses gelei te word. Oom Angus het self by paar geleenthede gesê die byeenkomste is soos die tabernakel van God waar mense Hom gaan ontmoet.

Laas jaar het hy die "Sacred Assembly" gereël. Hy het Ou Testament skrifte gebruik wat sinspeel op die Israeliete se "heilige byeenkomste" met Moses toe God deur hom met die volk gepraat het. Hy het toe ook gesê die mense moet in hul duisende opkom na die "heilige byeenkoms" waar God sy mense gaan ontmoet. Toe het hy weer beweer die byeenkoms is die grootse en belangrikste nog ooit. Hy maak elke keer die opmerkings. Daar is al 'n patroon hoe hy praat oor die byeenkomste. Dit is altyd die laaste kans en die belangrikste byeenkoms anders gaan daar 'n "einde" of "katastrofe" wees. Dis tipies moderne charismatiese motivering en opsweping. Subtiel skep dit die afwagting en verwagting by mense dat dit hul laaste hoop en kans is. Waar kry oom Angus die gesag om die uitsprake te maak namens God? Hy is op 'n baie gevaarlike terrein.

Oom Angus is meer en meer besig om homself in 'n ongesonde afgod in te skilder. Hy waarsku ook nie mense daarteen nie. Paulus en Petrus sou nooit die heldeverering toegelaat het nie. Hulle het dadelik daarteen gepraat. Jesus, wat self God was, het nie soos 'n "superhero" mense by hul massas gemobiliseer nie. Inteendeel, toe mense hom koning wil maak het hy hulle aangespreek juis omdat hulle emosioneel mislei was en na 'n aardse koninkryk gesoek het (John 6:14-15). Baie mense wat na die byeenkomste gaan, soek na 'n aardse koninkryk en heerser. Dit sterk oom Angus in sy kwaad. Oom Angus maak beloftes en uitsprake asof hy deur God aangestel is as 'n "profeet." Dis asof hy direk by God hoor wat God se planne is en dan spreek hy dit uit met die gesag van God. Asof hy weet wat God gaan doen. Die Woord waarsku ons baie ernstig om in die naam van God beloftes te maak (Lev. 19:17-18). Dit skep 'n vals verwagting by mense. Oom Angus het soos 'n kultus figuur geword in Suid Afrika. As mens vrae stel aangaande sy bediening, verskeur mense jou. Dit lyk of oom Angus bo die Woord verhewe is. Hy mag goeie motiewe hê, maar hy wil na geen raad luister nie. Hy het te veel mag. Dis baie ongesond.

Meer en meer is oom Angus besig om in die rigting van 'n Reinhardt Bonke, Rick Joyner of Todd Bentley te beweeg. Hy het die laaste paar jaar baie charismatiese wêreld leiers ontmoet soos Rick Joyner. Met die opening van sy MMC in Amerika so paar jaar terug het hy saam met Rodney Howard-Browne en Danie Slabbert verskyn en hulle geloof as manne van God wat die waarheid van die Woord verkondig. Beide die manne beweer hulle is apostels en profete wat deur Jesus aangestel is. Oom Angus homself het al baie keer beweer hy kry profesieë van Jesus af soos met die gebedsbyeekoms waar hy beweer God het vir Hom gesê "IT'S TIME." Dis tyd dat mense hul oë oopmaak en ophou verblind wees deur die magsvertoon en vriendelikheid. Dis juis in die donker tye wat Satan mense met uiterlike vertoon-godsdiens mislei agter 'n sigbare tekens-godsdiens aan waarvan baie sommer net namaaksels is. Mense is "gullible." Hulle glo alles en eet alles op vir soetkoek. Dis baie ongesond om die man so op te hemel. Dis asof mense van totale nugterheid ontneem is. Niemand wil luister nie. Ek sê nie oom Angus is nie 'n Christen nie. Hy mag een wees, ek is nie God om in sy hart te sien nie. Maar hy is mislei en mislei baie mense agter hom aan soos die "Pied Piper."

Hier is 'n voorbeeld van die rigting waarin oom Angus besig is om te beweeg (klik hier). Die byeenkoms was in 2013 in Ein Gedi waar oom Angus 'n spreker was. Oom Angus het soos 'n moderne herlewingsprediker die Heilige Gees geroep om af te kom soos in Handelinge 2. Jy kan nie die Heilige Gees wat reeds uitgestort is op die kerk op Pinkster afroep om weer uitgestort te word nie. In die video word 'n sogenaamde Pinkster gebeurtenis gefabriseer deur 'n storm wat deur die weerburo voorspel was. Die hele tyd roep oom Angus die Heilige Gees asof God 'n mag in ons hande is. Ek moet sê dit het my baie aan die Baal-profete in 1 Konings 18-20 laat dink. Dit is wat mens "charismatic-chaos" noem. Die Heilige Gees is 'n Persoon wat deel is van die drie-enige God. Die gebeurtenis is lynreg teen die Bybel. Daar is ook bewyse in die video analise hoe oom Angus gejok het oor die weer en reën tydens die byeenkoms. Hoe hy op Radio verder gaan jok het daaroor. Gaan kyk gerus na die evaluasie van werklike beeldmateriaal van die gebeurtenis (klik hier).

Christendom in Suid Afrika moet terugkeer na die Woord van God en ophou om hul hoop te soek in 'n uiterlike vertoon-godsdiens. God het ons alles in Sy woord gegee wat ons nodig het om die huidige situasie in ons land te hanteer. Mense wat bely dat hulle Christene is moet hulself vestig in Christus-gesentreerde gemeentes en die Here daar begin aanbid en dien. Gemeentes moet die evangelie leef en verkondig aan hul onmiddellike omgewing. Die oplossing lê nie in oom Angus en sy massa byeenkomste nie. Die antwoord lê in gesonde plaaslike gemeentes wat Bybel-gefundeer en Christus-gefokus is. Dit lê nie in oom Angus wat soos 'n "profeet" 'n kerklose massa emosionele opsweep nie. God praat nie direk met oom Angus nie, Hy praat deur Sy woord met Sy kerk.

Wat is Christus se plan vir Suid Afrika?

Volgens die Bybel is Christus se plan Bybel-gefundeerde, Christus-gesentreerde en God-gefokusde gemeentes wat gebou is op die fondasie van die apostels en profete (God se heilige Skrif) met Christus as Hoof. Die gemeentes bestaan uit ouderlinge, diakens en lidmate wat saam groei om 'n heilige priesterdom (liggaam van Christus) te wees tot eer van God. Christus het herders, leraars, ouderlinge en diakens onder Hom aangestel om Sy skape te versorg, te leer, te lei, te beskerm, te vermaan en te voed. Christus se plan is om gesonde gemeentes en gesonde gesinne te vestig in Suid Afrika wat Christus-gefokus en evangelie-gesentreerd sal leef in die omgewing waar hulle geplant is. God wil Suid Afrika transformeer deur Christus-gesentreerde gemeentes wat in Sy Woord gefundeer is. Dit is die kerk wat Christus deur Sy apostels geplant het. Nie 'n gesiglose en kerklose massa wat herderloos rondhardloop agter elke wind van lering aan nie. Hierin glo ek lê die antwoord vir Suid Afrika, want dis die nuwe testamentiese kerk wat Christus geskep het.

386 comments :

  1. Ek stem volkome saam met jou. Wat ek so ironies vind is, dat baie van die mans wat gaan, gewoonlik lief us vir drank, sport op Sondar inpleks van kerk. Koop en verkoop op Sondae. Gewoonlik vloek hul ook lekker en het n redelike % haat in hul harte teenoor ander. Ek ken baie sulke mans wat sal gaan en "wonderbaarlike" bekerings sal he, net om weer te verval in hul sonde. Maar ons vertel mos vir mense dat as jy gered is, is dit ok as jy weer verval in jou sondige natuur, want God sal jou terug bring na Hom toe. Maar dis juis sulke byeenkomste wat mense laat "glo" hul het n WARE bekering gehad en nie net n opbou van emosies nie. Ons land sit waar hy sit, omdat God by bittermin besluite welkom is agv ons eie keuses.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jesus het reeds gekom vir sondaars, gaan lees weer

      Delete
    2. Brokkie inligting my man was n volslae alkholis en baie ander mans was vroueslaners tot hulle tot bekering gekom het by Oom Angus se byeenkoms waar God hom gewys het om die mans te leer God het hulle lief .Ek was al by byeenkomste waar daar dronkies aangekom het en bekeerd huistoe gegaan het ons God is groot dis al wat saak maak nie jou opinie .Ek neem aan Heleen jy het geen sonde in jou lewe nie ek sien nou die grootste een raak .God sê ons mag nie judge nie. Sjoe dankie vir God se genade want as dit van die mens afgehang het was ons almal in die hel .EINA!!!

      Delete
    3. Baie dankie vir jou opinie en ook almal se opinies. Ek wil net graag ñ beroep op almal te plaas om te dink of hulle opinies die kerk en christendom skade maak. Ons moet alles teen die woord toets en dan besluit. Ek dank God vir elke oersoon wat in sy eie kamer tot bekeering gekom het en ook in massabyeenkomste. God is goed

      Delete
    4. Jaco, dankie vir hierdie wonderlike brief. Jy stel dit alles so mooi. So perfek. Net jammer mense soos ek en oom Angus pleeg daagliks sonde! Ek weet nie, dalk lees ek Die Byble verkeed, maar ek is seker Jesus Christus het gese dat Hy aarde toe gekom het vir die sondaar wat Hom nodig het, en nie die skynheiliges nie.

      As oom Angus dan so sleg is, wat maak jou beter? Jou perfektheid? Klink my so. Deel bietjie met ons: hoe het jy sonde vry gekom? Hoe het dit gebeur dat jy nie meer foute maak, en elke dag afhanklik is van God se genade in jou lewe?

      Delete
    5. Broer of wie jy ook al is wat hier geskryf het. As jy dan Oom Angus kritiseer wat het jy intussen gedoen om die volk bymekaar te kry. Al mag hy nie 100 % wees nie doen hy ten minste iets vir God se Volk. Wonderwerke , Heilige Gees werking en al die werke van die Gees van God moet normale gebruik onder die kinders van God wees. Wat Angus hier spreek is niks nuut nie. Dit moet so wees. Moet asb nie die werk van God afbreek nie. Want se nou net Angus is op die regte pad wat dan ?

      Delete
    6. JdB ek is jammer maar jy versinebeeld die probleem met die volk en kerke in die land. Jy sal nie die son laat skyn oor ‘n ander wat iets doen nie. Hoeveel gebeds byeenkomste het jy al gereel? Hoeveel mense het jy al na Jesus toe gelei? Dit is die tipiese kleinlike godsdiens gees wat jy promoveer. Dit gaan net oor die goeie nuus van Jesus en ons koning wat opgestaan het, en al jou retoriek is bysake. Kan ons land vir een keer saam staan voor God en met een stem praat of gaan mense soos jy dit vertroebel en so saam met satan die goed wat die volk wil doen afbreek. As jy ‘n persoonlike probleem het met die persoon wat dit reel is dit jou probleem. Die land stel nie belang wie dit reel en jou opinie soos Daru de Wet se dit is dieselfde as ‘n stinkende onderarm.
      As jy nie iets in liefde kan se oor iemand of die saamtrek wat kom, bly dan stil. Bid jy dan alleen maar ek verseker jou daar is krag in saam bid en saam stem oor 'n saak. Kan ons fokus op hoekom ons dit doen eerder as al die negatiewe.

      Delete
    7. Hoekom wil ons problems in ander se bediening sien. Is dit dan nie die vyand wat dit wil he nie. Die vyand wil nie he die gebed moet plaas vind nie. On so baie mense kry om saam the bid is n oorwinning. Moet nie laat ons oe toe wees as dit by God kom nie. Preek hy dan n valse gebede nee. Ons is hier om op ons knee te gaan. Dit maak nie saam Wie daar staan nie. Solank die persoon ons God sien. Kom ons staan in gebed saam.

      Delete
    8. Wow skielig is hier so baie leiers in die land almal wil regeer,as julle dan beter maar jou eie opvoering of dans of goliry en roep jou eie mense saam,dit pis my nou rerig af hoeveel afrikaanse mense hom skielik wil kruisig omdat hy die volk bymekaar wil bring,julle is n klomp draad sitters doen iets dat ons julle kan volg of hou julle BEK leberale gemors

      Delete
    9. Waars jou geloof ou perd

      Delete
    10. Watter jammerte dat n mens sulke uitlatings aangaan. It is not by power. Not by might. But by My Spirit says the Lord. God het oom Agnus opgerig as n geestelike Vader vir n tyd soos dit. Gees vervulde mense het onderskeiding. Agnus Buchan se hele lewe en optrede dra goeie vrug.

      Delete
    11. Hierdie skrywe bied geen skrif gefundeerde aanhalings nie. Nerens word na skrif verwys. Net 'n klomp veralgemenings en ek verwerp dit met die minaging wat dit verdien. Wys my jou dade en wat jy al gedoen het om mense tot inkeer te bring? Jou uitreike en werk onder die armes - miskien sal ek dan meer waarde geheg het aan jou wanredenasies!

      Delete
    12. Well said! We are called to judge with righteous judgement and to discern; test every spirit. God bless you for standing up for the TRUTH!! Debbie

      Delete
    13. Dankie Willie. Dis hoekom Oom Angus dit doen. Om die mense by mekaar te kry, kyk net hoe vedeeld is die gene wat komentaar gee en almal is Afrikaans sprekend en Christene. Dit gaan nie oor my of julle nie maar oor Christus.

      Delete
    14. Aan die briefskrywer,jy se nou net,wife gee aan OOM Angus,die reg,om names GOD,tepraat,Dan doen jy dit self,deur vir one tevertel,wat is Christus's se plan vir suid afrika,jy redeneer soos n idiot!!,ek is n sondaar,en ek is baie baie bly,DAT Jesus vir my gaan kom, ek sal feel eerder,vir OOM Angus gaan luister,waarookal,in die veld,as om in n kerk tegaan sit,tussen die mees skynheiligste,tweegesigte,wat botter in hulle monde kan laat smelt,terwyl hulle almal oordeel,behalwe hulle self

      Delete
    15. This comment has been removed by a blog administrator.

      Delete
  2. Jaco de Beer, jy is sienies en geestelik gestrem..en ek dink n duiwel laat jou sulke snert skryf.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek wonder of hy 100% korrek lewe volgens Die Woord as hy ander mense met 'n vergrootglas bekyk. Wat het hy al vir die Koninkryk gedoen.

      Delete
    2. As jy so geaffronteerd voel oor wat hy geskryf hoekom lews jy dit en reply daarop. Dan bly jy nog anoniem ook. Lafaard

      Delete
    3. So as jou dominee sê wat jy doen is verkeerd gaan jy jou hand opsteek en sê ek wonder of jy 100% korrek lewe volgens die woord

      Delete
    4. Ek kan verstaan as julle die OT weg smyt en net glo in die NT, maar hoe is dit dat julle nie verstaan dat die Sabbat Saterdag die 7e dag is nie? Al ooit gesien die gebod is die enigste met n seen? Al gesien Openbaring22:14.... Salig is die wat sy gebooie doen,sodat hulle die reg kan he op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad?.... Ek smeek julle, vergeet die mens wat julle verlei, en soek jou Skepper op jou knie en doen jou eie studie en begeer om jou God/YHWH te ken, hoekom die maklike pad hel toe
      kies?

      Delete
    5. Selfs Paulus is ondersoek. Die Woord leer ons om te ondersoek en seker te maak. Maar nou ja, daar staan geskryf, en hulle sal na Jesus toe kom, hulle sal sê maar het ons nie in U naam WONDERWERKE gedoen en duiwels uitgdryf nie, en Jesus sal sê gaan weg! Ek ken julle nie

      Delete
    6. Petro Botha, ongelukkig gaan die waarheid wat jy praat op getrap word en net soos hulle op Christus gespoeg het, verwerp hierdie nasie die waarheid in ruil vir die soet woorde wat hulle graag wil hoor.

      Delete
  3. Die probleem met Afrikaners is hulle is net op die sigbare (vlees) ingestel en versuim om na die Gees (Heilige Gees vevulling/doop) oor te gaan, ek is oortuig oom Angus hoor by Jesus self deur die Heilige Gees werking en hy maak nie staat op sy vlees oortuiging van teologie nie, sy geloof sal red en ek roep saam met hom die genesing van alle Suid Afrikaners in, verder bid ek vir ons land vir verootmoediging en reiniging van alle boosheid in Jesus naam, Amen!

    ReplyDelete
  4. Ek onderskryf 100% wat jy hier sê. Vandat ek 'n paar jaar gelede hom hoor sê het dat hy nie aan 'n kerk of gemeente hoef te behoort nie want hy is sy eie kerk, het ek geweet hy is van die spoor af. Hy ignoreer talle geskrifte uit die Bybel omdat hy homself aanstel as 'n "profeet" van God en wild ploeg met die Here se naam. Dankie vir diegene wat hy nader aan die Here bring, maar oppas vir sy "magsvertoon".

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek wil net n blote gedagte by julle almal nalaat...
      Wie gee ons wat onsself volgelinge van ons Here noem die reg om ons medemense so te oordeel sonder begrip?
      As oordeel die fondasie van ons geloof is, moet ons elkeen terugstaan en weer daarna kyk.

      Delete
  5. Net soos baie ander MIS JY DIE PUNT heeltemal.

    ReplyDelete
  6. Jammer dat als deesdae polities korrek moet wees. Is dit nie tyd dat ons maar ons opinies self met dade laat geld nie. Elke persoon het die reg op selfbeskikking en besluite.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Judge not lest you be judged. God wil use the same measure you use to judge you. Let's love one another like Jesus said and always put God first in what we do and say. Love your reply

      Delete
  7. EN WIE GEE JOU DAN DIE REG OM TE SE DAT DIT NIE SO IS NIE???

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek stem saam wie gou jou die reg om te se dit kan nie gebeur nie

      Delete
    2. As God met hom praat en hy luister kan jy ni se hys verkeerd ni.Geen mens is perfek ni.almal het foute!

      Delete
  8. Jy klink eerder soos iemand wat almal verder wil verdeel. As dit n manier is om die blanke volk in massas byeen te kry en n gesamentlike poging te bewerkstellig, is ek ten gunste daarvan. Dit is die Afrikaner se ondergang, verdeeltheid.....

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ivan ek stem saam jou die man klink jaloers ek wonder wie is hy om te besluit hoe God met Oom Angus kan praat of nie at least hoor een man God se stem dis die minste wat ons kan sê ons gaan nie om Oom Angus aan te hang nie ons gaan want ons moet en wil.

      Delete
    2. Wanneer dit goed gaan met God se kinders en wanneer hulle met Hom wil praat en aanbid dan sal die dekselse duiwel met al sy geleerde travante en sogenaamde valse profeete die mense (God se kinders) met alles wat hulle het aanval "skaam jou"

      Delete
    3. Stem heeltemal saam. Hierdie is juis presies hoekom ons soveel drama het in hierdie land van ons. I rest my case.

      Delete
    4. Ek stem swam, laat oom Angus die byeenkoms reel, hy is op die regte pad

      Delete
    5. Dit was nie die duiwel aanbidders, die dronkes en die besetenes wat Jesus vervolg het nie, dit was die sogenaamde "kerk". Mag die Here jou genadig wees met jou roekelose, verkragting van die waarheid. Mag Sy gees jou oortuig dat jy sal moet bely... voordat die Here self met jou afreken.

      Delete
  9. My vraag wat baie seker vrae is; Hoekom het MMC nou ontaardt in a geld maak storie? WAAROM MOET Betaal word om deel van MMC streeks byeenkomste by te woon? Ek wil niemand affronteer met stellings wat moontlik verkeerdelik geinterpreteer sal word. Indien ek verkeerd is vra ek om verskoning daarvoor.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ag twak dis verniet... Maak asseblief seker van jou feite voor jy sulke ongegronde stellings maak.

      Delete
    2. Kan ek jou asb reghelp weet julle wat kos so saamtrek ,weet julle dat God ons gebruik om mekaar te help .So ek betaal met graagte vir God se werk met graagte

      Delete
    3. Ek was al by 6 MMC en daar was nog nooit toegang gevra nie, skenking is vrywillig. Hoeveel dink jy kos dit om so stage, toilette ens op 'n plaas op te sit?

      Delete
    4. Jy praat twak mmc het I fooi wat so duur geword het dat my seun dit liewer gelos het

      Delete
    5. Daar het almal nou die antwood Dankie alta

      Delete
    6. Passop om die werk van God so aan tevat en te kritiseer. Enige enige enige iemand kan n aangesig tot aangesig he met God. Ek het n stem so duidelik sols daglig vir my hoor sê ek gaan n baba dogtertjie ontvamg en moet haar Johané noem en haar roeping in die lewe sal soos Johannes die doper sin wees en terwyl sy in my baarmoeder vorm moet ek dit oor haar uitbid. Ek glo dot was my aangesig met God. So asb hou op om God se werkers te kritiseer. As jy n probleem het met Angus bid eerder vi hom en vra dat God hom die pad sal wys. Maar moenie jou negatiwiteit en snert kom publiseer nie. Hy het God lief en Hy werk vir God , Angus gaan maal disipels soos God van ons vra, moet nie hom probeer stop met ju negatiewe opiniea nie.

      Delete
  10. Ek het nou nie alles gelees nir maar ek deel jou gevoel...Angus verskein op al sy videos met sy bybel onder die arm...ek is bang vir sulke mense want hulle loop met hulle godsdiens te koop...ek is ook n geredde kind van God en ek stel nie my kindskap bekend met n bybel nie...dis hoe ek optree wat my definieer...hy verkondig n Koninkryksboodskap...hy se ons moet ons bekeer na God maar iemand wat God nog nooit geken het kan hom na God bekeer nie...hy kan net tot geloof kom...die stukke wat hy aanhaal kom uit die ou meestal uit die testament waar Israel hulle na God moes bekeer het...dit wat God vir Isreal gese het kan jy nie netso deurtrek na n land se mense soos SA nie...ek dink ook hy verkondig n gevaarlike boodskap...maar ek glo dat die gebed van n gelowige dra groot krag...en dan wil ek ook net se dat waar 2 in Sy naam vergader is God self ook...dis nie nodig vir n 1000 mense nie...

    ReplyDelete
    Replies
    1. As jy se ons kan nie die stukke en gebeure van Israel net so deur trek nie hoekom glo jy dan? Want jy trek tog Jesus se sterwimg vi jou net so deur jy leea tog bybel en verpersoonlim ju stukke en lees dot in die eerste persoon en bid verse oor ju lewe uit. Seriously hou op kritiseer en vind eerder vreugde in al die kinders van God wat by mekaar kom om te bid. Wereld het genoeg kritiseerders.

      Delete
  11. Ek het lank reeds 'n bekommernis teen die ou man begin ontwikkel. Jou skrywe vat baie mooi saam waaroor ek nie gelukkig is nie. Die probleem is die Afrikaner is 'n baie naiewe nasie en omdat hulle in lewensgevaar is gryp hulle na strooihalms. Ek weet ek gaan soos jy sê gestenig word oor my skrywe. Sy openlike en voordurende boodskappe wat hy predik dat dit van God is begin vir my te dik vir 'n daalder word. Sy massa byeenkomste gaan nie meer vir my om God nie maar oor homself. Dit staan elkeen vry om te dink en te doen soos hy wil, ek sal nie meedoen nie.

    ReplyDelete
  12. Jaco, ek dink Oom Angus kan jou 'n hele paar goedjies omtrent God, leerstellings en die Bybel leer

    ReplyDelete
  13. Dit gaan oor iemand wat opstaan en iets doen! Almal kruip net in hulle huise weg en doen niks, dit gaan niemand help nie. Kom ons versmoor die enigste persoon wat in geloof uitree sodat saar weer niemand is nie, flip!

    ReplyDelete
  14. Dis n groot waarheid wat die man praat. Ek het lankal gedink mens moet eerder meer jou kerk besoek en daar betrokke raak as agter al die byeenkomste van sus en so. Die Here se self so. Kerktoe en weer daar leer is wat God van ons verlang.

    ReplyDelete
    Replies
    1. En wie is die Kerk??? JY!!!nie die gebou nie ..

      Delete
    2. Enige christen wat soos jy tekere gaan Anonymous kan maar na oom Angus toe gaan

      Delete
    3. As jy n ware kind van die HERE is sal die HEILIGE GEES jou beskerm en weg lei van valse profete af ! Glo in die heilige Boek van die HERE ! Die bybel! Bid vir die DRIE ENIGE GOD soos deur die bybel beveel word ! As Oom Angus n verkore profeef van GOD is sal die HEILIGE GEES dit aan GOD se ware kinders openbaar ! Ek veroordeel niemand maar ek dink dis hoog tyd dat ons Christene begin saam staan en bid vir GOD se genade en die leiding van die HEILIGE GEES deur JESUS dan sal ons iewers kom ! Ons is te geneig om mekaar altyd te probeer verkeerd bewys ! Dis in ons natuur ! Kom ons vra vir GOD die andwoorde ! Hy weet alles ! Dankie mense ! Geseende dag vir almal.

      Delete
  15. Jaco by paragraaf 3 het jy jou eerste leun vertel...ek het toe nie eers verder gelees nie. Vra eerder die Heilige Gees om jou hart te ondersoek en eerlik met jouself te wees.

    ReplyDelete
  16. Ek wonder hoe vergelyk die skrywer se aantal mense wat hy tot Jesus gelei het, met die van Oom Angus. Altyd mense wat graag wil glo HULLE hoor God se stem beter as iemand anders, en kritiseer dan ander mense

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons geloof is nie 'n kompetisie nie, maar ja ek verstaan wat jy sê. God gebruik nie die leiers nie Hy't nog altyd die sondaars en swakkelinge gebruik vir Sy grootste take.

      Delete
  17. Ja Jaco, waar het jy al in jou lewe so baie mense saamb laat kom, moenie omkyk nie, ja jy, jy soek so baie fout in alles en trek ou Angus so uit mekaar uit, haal die balk uit jou oog en maak oop jou oë, jy, ja jy, jy doen niks vir hierdie volk nie en beteken ook niks vir die volk nie, jy kan nie beter doen nie en soek aandag op die sosiale media, ja dit is mos waar jy lekker in Satan se hand kan speel, want jy bring net meer en meer verdeeldheid in die volk wat al klaar verdeeld is deur mense soos JY en al jou aanhangers, ons het geen respek vir jou nie!!

    ReplyDelete
  18. "...Dit lê nie in oom Angus wat soos 'n profeet van ouds optree en 'n massa kerklose mense in emosionele opsweping lei nie. ..." Het profete van ouds so opgetree?

    ReplyDelete
  19. As jy soveel mense tot bekering gebring het en meer kan jy iets daaroor se.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Met jare en jare in diens van die Here onder dwelmverslaafdes, "gangsters" moordenaars, rowers, verkragter noem maar op, kan ek met oortuiging sê dat bekeerlinge wat by massa saamtrekke 'n keuse vir JESUS maak baie min kans het om sterk te staan teen die aanvalle van die bose. Juis hulle het leiding en bystand nodig...hulle het iemand wat GOD oor hul pad bring om SAAM met hulle die eerste deel van die pad na 'n nuwe lewe te loop. Sulke persone kry hulle net by hul eie gemeentes en nie by massa byeenkomstes nie. Gee 'n man 'n vis en sy honger word TYDELIK gestil maar leer hom hoe om vis te vang dan word sy honger na behore gestil. Het JESUS dan nie self sy disiepels vir 3 jare geleer voordat HY hulle uitgestuur het nie. HY het hulle nie na net een of twee preke as genoegsaam opgelei om alleen die bose aan te durf nie.

      Delete
  20. Stem saam met die skrywer van die artikel.

    ReplyDelete
  21. Jaco glo wat jy wil glo en laat ander glo wat hulle wil glo...tenspyte van wat jy...ek...oom Angus...of enige van ons Suid Afrikaners sê en doen...dien ons nie almal een God nie? En dit wat jy nou daar doen is presies een van die redes hoekom ons land in sy #$@! In is...ons kan nie saam staan as n volk nie...ons moet altyd oordeel...fout vind met alles wat almal goed probeer doen...en die handjie vol wat ons nog aan ons geloof laat vasklou kritiseer...plaas gaan jy wat so vinnig is om n steen te gooi en sak ook neer op jou kniee en bid dat God ons sal verlos van hierdie gemors waarin ons almal ons bevind

    ReplyDelete
  22. Wel Skrywer! Ek sien nie dat jy iets doen om die land te probeer help nie? Darm het hy die gesag geneem en staan op om iets te doen, wie is jy inelkgeval om oor hom te oordeel? Sies man, skaam jou!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Om uit te wys wat iemand verkeerd doen vat baie - dit gesê : om 'n persoon verkeerd te wys vra nie om jou lewe te evalueer nie. Verkeerd is verkeerd, en vir jou om kleinlik op te tree en te vra WAT DOEN JY OM TE HELP ondersteun die skrywer se punt dat massas opgesweep word

      Delete
    2. Anonymous - Daar is n gesegde "as jy nie iets goed van iemand kan se nie se dan liewer niks"

      Delete
    3. In jou oe is ek verkeerd en in my oe is jy verkeerd, ons almal het 'n opinie en dis presies wat dit sal bly, 'n opinie, as die massas voel dat daar gewig le in Angus se werke, myself ingesluit dan is dit nie omdat ons vir Angus wil eer nie maar omdat dit uit liefde vir God gedoen word met geloof dat Hy 'n verandering in ons land sal bring.

      Delete
    4. Ek sien die oor en weer gepratery en komentaar...ekt een sin wat ek wil se asb...DIE DAG AS J VOOR GOD STAAN OF DIT BY MMC IS,JOU KERK,HUIS WAAR OOKAL...IS DIT JY EN GOD...NIE OOM ANGUS EN ALLES NIE jy en GOD.so as j wil he God moet jo beskerm join ons in bloemfontein....jy jou vrou en kinders en pleit voor God vir beskerming.waar daar 1 of meer is is my woord heilig en die waarheid.

      Delete
    5. Ek sien die oor en weer gepratery en komentaar...ekt een sin wat ek wil se asb...DIE DAG AS J VOOR GOD STAAN OF DIT BY MMC IS,JOU KERK,HUIS WAAR OOKAL...IS DIT JY EN GOD...NIE OOM ANGUS EN ALLES NIE jy en GOD.so as j wil he God moet jo beskerm join ons in bloemfontein....jy jou vrou en kinders en pleit voor God vir beskerming.waar daar 1 of meer is is my woord heilig en die waarheid.

      Delete
  23. Ek kan nie eers verder as halfpad deur jou gemors lees nie ou pel. Satan doen homself soveel meer tevore deur jou tipiese snert.

    Wie is jy om enigsins te bevraagteken wat God deur die gees vir oom Angus gesê het? Ek weet nie of jy probeer slim klink of 'n tipiese artikel probeer skryf om te probeer viral gaan nie, maar ek is baie dankbaar dat ek nie soos jy my bekommer oor die mense nie en wat hul gaan sê of vra nie, maar dat ek saam oom Angus uitsien na wonderwerke. En al word net 1 siel deur die samekoms van 1miljoen mense gered, prys die Here!!!! Sterkte ou maat.. jy is op baie meer dangerous grounds en jy besef dit nie.. wel nog nie!! Blessings

    ReplyDelete
  24. En wie gee jou die reg om n persoon so sleg te se op die internet? As jy nie van n persoon hou of saam stem met wat hulle doen nie hou dit eerder vir jouself want hierdie blogpost is net so erg soos skinder en as jy so baie weet van die Bybel en doktrine, wat sê die Bybel? Is dit okay om iemand sleg te se agter hulle rug? Is dit okay om te skinder?

    ReplyDelete
  25. Ek het net een vraag aan Jaco, Heleen, Barrie, en al die negatiewe "Anonymous" skrywers. Wat doen julle of het julle al gedoen behalwe om fout te vind en kretiek te lewer.

    ReplyDelete
  26. Anonymous,ek stem saam met wat Jaco de Beer hier sê. Ons kan by ons plaaslike kerke bymekaar kom. Hoekom al daardie kostes aangaan van verblyf, brandstof, tolgelde en voedsel as ons byeenkomste by ons elkeen se betrokke kerke kan reel met n fraksie van kostes. Kostes is nie waaroor dit gaan maar die chaos wat by hierdie byeenkomste is. "Oom" kry altyd die boodskap van God terwyl ons predikante en daar is wonderlike groot gelowige predikante in ons land, nooit met so boodskap op die mou loop nie. Ek dink dit is belaglik dat altyd net een spesifieke kamstige warm Christen sulke boodskappe of profesie van God af kry."oom" het tussen die lyne gehoor dat ons boere volk saam moet verootmoedig voor God vir die moorde op ons boere. En dadelik die geleentheid gesien. Daarmee val ek nie Angus se geloof of christenskap aan nie. Gaan bid saam met "Oom" ek bid of in my kamer saam met my gesin of saam met ons kerkmense of sommer in my bakkie oppad werk toe. WO

    ReplyDelete
    Replies
    1. Net jammer daar sit net n handjie vol mense in die kerke, kom eerder bymekaar in massa en word gestig in die teenwoordigheid van die Here.

      Delete
  27. Ja wat .Die afrikaaner kan net nie saam staan nie.Al word ons gemoor/verkrag en verdryf.Elkeen is net vir hom self en sal eerder verdeeldheid aan hits. Almal wat dan nou so glo wat het van die kerk van ouds geword wat nie toegelaat het dan man met man en vrou met vrou trou nie.Saambly en hoer en remoer is ook nie n probleem nie. So dit lyk my alles is reg as dit jou pas. Waar in jou lewe het jy al gesien dat die kerk onverkoning vra. Miskien is ek van die bus af maar nou ja.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sover ek weet is die byeenkomste in engels en boonop oop vir alle rasse

      Delete
  28. Al die negatiewe kommentaar oor Oom Angus is eindlik harbrekend ons begin van n fluistering van sy stem tot by die bybel onder sy arm sjoe dis sad waarna toe almal gaan .Julle sê wie is Oom Angus om te sê God het so gesê en God het hom gestuur .My vraag wie is jy om te sê God het nie wie is jy .Hoekom het julle nog niks gedoen om n samekoms te reel om vir ons land te bid nie nee kom uit julle comfort zones uit man en los Oom Angus uit ons aanbid hom nie maar ons sien God se werk meer in sy lewe as in julle sin as ek na al die kommentaar kyk. God say in his word do not touch my annointed ones pas op wat julle sê en begin op julle kniee gaan en bid vir eenheid onder Christene en dat ons nie almal sal ontaard in Fariseers nie . Oom Angus dankie dat jy vir ons land omgee en so uit jou pad gaan om ons kinders van God bymekaar te kry om te gaan bid . Jy is n groot voorbeeld vir ons van n man wat nie skaam is vir sy God nie en nie tussen mure wegkruip nie ons sien jou daar onthou die hoogste bome kry die meeste wind ..Amen..

    ReplyDelete
  29. Ooooo ja askies jy is hoogs heilig askies man...as jy jou mond so vol het met al die snert wat jy praat hoekom vra jy nie die Here om met jou te praat en te sê wat ons moe doen nie...wie sê vir jou die Here het nie met oom Angus gepraat nie was jy daar kan jy klippe gooi en sê oom Angus jok of lieg nee ek glo nie jy is so doof soos die wat nie kan hoor nie en so blind soos die wat nie kan sien nie en as jy daar was om enige bewys te kan lewer van al die snert wat jy praat tel die eerste klip op en gooi hom maar in dien jy nie seker is nie gaan op jou kniee en vra onverskoning vir die oordeel wat jou nie toekom nie...

    ReplyDelete
  30. Dis so tipies.....vir elke moontlike oplossing het ons 'n probleem. Altyd interessant dat ons, soos Jaco, wat ook seker maar 'n paar foutjies het, net deur "volmaakte" ouens gelei kan word! Mense met foute kan nie preek nie, kan nie die Woord verkondig nie, mag nie met die Bybel onder die arm staan nie.....veral nie ouens wat "lief is vir drank en sport" en soms vloek nie! Klink my daar is nou klein en groot sondes!! Dan die beste van alles...DAAR IS MENSE WAT ALLES WEET....Angus is "sonder magsvertoon niks", hy "baseer sy bediening op magsvertoon", "slegs sukses in massas", hy is "verhewe bo die Woord". Jaco, hoe weet jy dit? Verhewe bo die Woord waarin Sy boodskap ook is Jaco? Daar waar ook staan 'Jy moet jou naaste liefhe soos jouself"...."moenie oordeel nie"...."wee die mens waardeur die struikelblok kom". Kyk in die spieel...en sien die raaisel!! LAASTENS, hoekom lei julle volmaaktes ons dan nie!?

    ReplyDelete
  31. ek luister elke dag na Oom Angus op Radio Impact. hy het nog nooit vir my geklink na iemand wat God wil speel nie. hy spandeer tyd in God se teenwoordigheid en lees sy bybel in die Nuwe en ou testament. luister gerus elke oggend 7h40. God sal self beskik.

    ReplyDelete
  32. die viand het nog altyd daarvan gehou om die eenheid te verbreek.

    ReplyDelete
  33. Dié wat Jaco aanvat oor hoeveel mense hy tot bekering gebring het, mis totaal sy punt. Die punt is slegs om mense te laat notisie neem dat Angus nie die 'begin all, end all' van geloof is in SA nie. Hoeveel mans woon die MMC's by, maar vloek soos matrose, suip soos visse en hoer en rumoer as hul daar ry? Ek sê nie almal nie, maar baie van hulle is hoogs heilig as hul daar is, maar die woord en wandel wys nie in hul daaglikse lewe nie. Te danke aan dié tipe byeenkomste, sit ons met hope skyn-Christene wat die punt totaal mis. Die ander probleem is dat talle mans dit bywoon vir die verkeerde rede, en dit blyk duidelik in sommige van die kommentaar hierbo: dit word 'n 'wit mense' en rasse ding, iets wat bygewoon word omdat mense haat in hul saam dra teen die nie-blanke lands burgers. Hoe Christelik is dit, en die uitkoms van sulke byeenkomste dan? Dis great as ons kan saam staan, saam bid, saam Woord verkondig maar dan moet die intensie en eind-produk ook gesetel wees in Christus en nie in ons behoefte om nie deur die ANC geregeer te word nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Daar is net so baie skyn-christene wat Sondae die kerkbanke blink sit en selfs op die kansel staan, terwyl hulle van Maandag tot Saterdag onchristelik lewe en hoer en rumoer.

      Delete
  34. Die Kanon is afgesluit en God openbaar homself deur sy Woord en nie deur mense wat se hy het 'n boodskap of teken ontvang nie. Se vir ons so se die Woord en dan basta

    ReplyDelete
  35. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie. As jy wil gaan skreeu in massas. Gaan toy toy en tantrums gooi sodat jy tog net gehoor kan word en maak asof jy die Liewe Vader se arm kan draai deur 'n miljoen saam te drom. Maak so. Doen julle ding maar los die wat agter geslote deure hulle Vader dien uit. Pasop, dalk bid julle n oordeel oor julle self uit bid.Jaco wys die fyte uit en julle kan nie die waarheid hanteer nie. Jy wat so vra vir die Afrikaner wat moet saam staan. Staan saam en lees jou woord, hoekom moet jy 'n false profeet kry om ons saam te snoer. En julle wat so moan dat Jaco oordeel en niks self doen nie, gaan doen jy iets vir jou naaste en waarsku hulle teen die false profeet. Harde woorde nè. Gaan dink bietjie weer oor julle opmerkings.

    ReplyDelete
    Replies
    1. "Doen julle ding maar los die wat agter geslote deure hulle Vader dien uit."

      Hierdie is jou woorde, maar ek dink dat jy nie mooi gedink het voordat jy dit geskryf het nie. Sien, die mense wat na die byeenkoms gaan het julle wat nie gaan nie ook nie aangeval nie, nee dit was eerder die anderkant om!

      Wie het dan ook gesê dat Angus 'n valse profeet is? Die Bybel leer dat wanneer iemand in die naam van die Here profeteer en daardie profesie kom nie uit nie, dan eers kan jy sê dat hy 'n valse profeet is.

      Net so ook het Jaco vir Bonnke aangeval en ek weet toevallig van groot wonderwerke wat deur sy bediening plaasgevind het - en jy kan nie 'n nederiger persoon maklik vind nie!

      Ek stem dus saam dat Jaco hier net 'n klomp snert kwytgeraak het.

      Delete
  36. Ek stem ook saam ek self het gewonder toe ek die videos sien....die bybel se dan dat niemand die tyd sal ken nie so hoe kan angus so iets kwytraak en daar is n paar dinge waaroor ek wonder.....ek bly maar liefs in my binnekamer bid tot God want Hy alleen sal besluit wanner wat gebeur

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit neem nou regtig nie n kenner om te sien dat ons land in chaos is nie. Daarvoor hoef ons beslis nie die spesifieke datum te ken nie!

      Delete
  37. Mense lees julle komments. Dis presies waar ons probleme begin. Ons kan nie eens vir eendag saamstaan voor GOD nie. Genade waar gaan ons eindig met die tipe houding.Sien dit as n versoening met GOD hou op om fout te soek en maak reg met GOD.Wat maak dit saak wie die leiding neem?GOD is altyd in beheer jy moet opstaan en wys jy wil dinge beter maak. Ek gaan verseker daai dag daar wees want ek glo GOD het n plan met ons volk en waar beter om met GOD te versoen ? 22 April 2017 as n volk saam te staan en ons Almatige GOD te dien.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Julle bly praat van die volk. Watter volk word genooi om saam te trek. Sover ek verstaan is "all the Peoples" van Suid Afrika nie 'n volk nie.

      Delete
  38. Ek wonder wat dink Jesus ons Here van al die komentaar.

    ReplyDelete
  39. Ok. Ekt so vlugtig gelees. Die ou wys op al Angus se probleme uit en vertel Angus wil n afgod wees. Ek stry. Iemand het vir oom Angus gevra vir die gebed.... ons mag nie oordeel of God met hom praat of nie.... en ons gaan nie vir oom Angus nie, hy lei net die gebed soos baie in die Bybel ook gedoen het. Ons verteenwoordig ons Land in massas. En as jy met die eenvoud van geloof soos n mosterdsaadjie gaan kan ons Suid Afrika verskuif

    ReplyDelete
  40. Jaco wie is jy in Gods kononkryk en wat het jy al vir God gedoen....

    ReplyDelete
  41. Ek het begin lees en sien somer kla die persoon wat dit getik het het geen benul warvan hy praat nie....eerstens dit hang af van persoon of hy genees wil word en dit gaan wees om die vader in sy lewe te ervaar en te glo ....anders gaan daai persoon nie genees word en dit gaan dan nie oom angus se skuld wees en vir ju om te twyfel en oor ander mense te praat en te wonder is vekeerd...so as jy iets wil doen klim van sosiale media af en los die ander mense dat hul in rus en vrede kan lewe ....as dit nie die eff is wat drama maak dan is dit mense soos jy wat niks beter het om te doen as drama drama drama ...da nog soveel meer wat ek oor ju boodskap kan se maar ek ganie my tyd mors en wil ok net se niks gaan my keer om die 22ste nationale bid dag by te woon...so doen juself n guns los die mense dat hul hul eie besluite neem ini lewe hulle het ju nie nodig. En as jy wil weet wie ek is...ek is billa du toit.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit klik vir my of daar 'n klom duiwels hier rond dwaal met al die snert wat hier kwyt geraak word, Oom Angus is 'n ware kind van God en sy lewe getuig dit, ek kon ook net die eerste gedeelte van Jaco se snert lees om te weet dat hy geen benul het waaroor Christenskap gaan nie. Sorry Jaco maar ek dink jy het Jesus se velossings krag en die Heilige Gees nodig in jou lewe sodat jou oe tog net kan oop gaan.

      Delete
  42. ... besef jy dat jy steel van God wat Hom toe kom en dat jy dit van Hom weerhou met jou tipe van denke vs beredeneringe? ...
    ... is dit nie slegter en erger as wat Angus poog om te wil doen nie? ...
    ... en o ja, ... die Skrif waarsku ons ook van mense wat so sal wees/word ...

    ReplyDelete
  43. Daar is baie te se oor oom angus se geloof die kans om suid afrikaners bymekaar te probeer kry voor GOD om vir ons land en volk te bid MAAR NEE ONS KYK 7DE LAAN ons word gebreinspoel ons kinders word verkeerd grootgemaak, maar daar word niks gegons oor die twee mans wat mekaar soen in 7de laan nie(Livitikus 20) ,of os dit reg ek sien n paar klip christene tussen ons daar is n paar mense wat moet begin wakker skrik.Ek het nie meer die tyd of krag om na negatiewe komentaar of mense te luister nie.

    ReplyDelete
  44. "En die Messias het in die sand gekryf!"

    ReplyDelete
  45. Is dit nou weer n klomp boere wat hier op mekaar skree. Mense julle msak julle self skuldig aan ongeloof waar is die dae toe boere met osswaens berge aan gedurf het. As ons nog gellof gehad het so Oom Angus nie eers nodig gewees het nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ons het almal god nodig vergeet wat die man tese het ons moet almal eers die pad na god toe trug vind .skaam jou om sulke snert te praat wie dink jy is jy .oom angus help mense .hoeveel mense het jy die laaste 20 jaar weer gemaak glo en trug gevat na die huis van die here . Jy praat van wonder werke .al wonder werk wat gaan saak maak as ons eendag by god staan engeoorfeel word .my naam is bennie britz ek glo in god en glo oom angus probeer ons net die pad trug wys watse manier hy gebruik is sy keuse wonder werk of nie ons moet trug draai na god toe as n nasie en nie n enkeling dis hoekm bid ons in massa .

      Delete
  46. Bid jy vir Suid-Afrika? Moedig jy baie mense aan om vir Suid-Afrika te bid? Getuig jou lewe van jou godsdienstige oortuiging? Miskien is dit tyd om op te hou om elke inisiatief tot in die fynste ou draadjie te wil dissekteer. Ons land het dringend gebed nodig - daarmee moet jy tog sekerlik saamstem? So hoekom kerm ons oor n gedagte om saam te staan? Hoekom kan ons nie verenig saamkom as die liggaam van Christus nie? As jy die byeenkoms gereel het, kon ons jou lewe en jou teologie ook uitmekaar skeur, maar jy het niks gereel nie. Of het jy?

    ReplyDelete
  47. Weereens us hierbo n bewys DAT die wit Afrikaner nasie nie kan saamstaan nie. Ek is nue pro of anti Oom Angus nie maar het n probleem DAT ons nie kan saamstaan as een volk en nasie nie. Ook het ek n haantjie dood aan anonieme mense wie se monde groot is maar nie hul name openbaar.

    ReplyDelete
  48. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  49. Jaco de Beer, ek het nie woorde nie. Net geloof ou maat, dis al wat ons nodig het. Elke ou glo op sy manier, jy doen wat vir jou werk. As oom Angus vir jou werk, dan is dit OK.
    Die ingewikkelde teologie en godsdiens wat jy van praat, dryf meer mense weg van Jesus af!
    Net glo my ou mast, net glo!

    ReplyDelete
  50. “In oom Angus se video Maandag, 27 Februarie, het hy gesê mense gaan op 22 April in hul stoele genees word. Wie gee hom die reg om so iets te sê? Wei gee hom die reg om namens God te praat?” - Wil jy weet wie gee hom die reg? Jesus. Jesus Christus, net hier, in Johannes 14: 12 “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. 13Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. 14As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”

    Daar staan in die woord waar 2 of meer bymekaar kom, daar is ek, kan jy vir 1 oomblik begin dink wat gaan gebeur waneer daar 1 MILJOEN stemme begin om te bid, wat God aanroep en BID vir ons land, mense met sondes, mense met probleme en huise wat uit mekaar val, geskeide mans en vrouens en mense wat sterk in geloof staan, sondaars en heiliges en elke ander soort waaraan jy kan dink, 'n nasie SY nasie wat God aanroep, dink jy hy gaan sê ooo nee, Angus - jys 'n kollig-soeker? Come freaking ON! Word tog net wakker, is jy miskien jaloers dat God dit nie op jou hart gele het nie? Hou net om, asb? Hou op om God in 'n boks te plaas - Hou op om vir God te sê hoe om God te wees!

    1 Miljoen mense... Wat Sy naam roep. Jesus lê hierdie skrif op my hart al vandat ek gehoor het van Oom Angus se gebedsdag:
    Die belofte en dreigement van die Here
    (Vgl. 1 Kon. 9:1-9)
    12Daarna verskyn die Here een nag aan Salomo en sê vir hom: “Ek het jou gebed verhoor en hierdie plek vir My gekies as die plek waar daar vir My offerandes gebring kan word. 13As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, 14en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.
    Hou op om ‘n doem profeet te wees Jaco… Vra vir kennis en wysheid!
    Hosea 4:6 My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien.
    7Hoe meer priesters daar is, hoe meer sondig hulle teen My. Ek sal die aansien wat hulle geniet, in vernedering verander.
    8Hulle teer op die sonde van my volk. Hulle smag daarna dat die volk nog meer moet sondig.
    Mense moet ophou om Jesus te shape soos dit hulle pas en om Sy dade en werke wat deur ander gedoen word, te oordeel.

    Ek hoop Jy gaan ook daar wees om te bid!

    ReplyDelete
  51. Moet die vraag nie wees: Waar trek ek die streep in wat reg en verkeerd is nie?
    Mag ons oordeel en as ons mag, hoe werk dit?
    Van 44000 Christen gelowe in die wêreld is moontlik nege-en-negentig persent daarvan geanker in selfverheffing en gewortel in die hunkering na geld en mag. Wat maak my kerk die regte een? Kan ek in volheid bewys dat my kerk se leerstellings honderd persent geanker is in die Woord van God of sien ek sekere dinge maar oor, omdat dit volgens jou maar net nietighede is.
    Sonde verwyder ons almal ewe ver van God. Of ons ʼn Hitler agtergrond of ʼn gewone teller-operateur is wat gister ʼn vuurhoutjie uit ʼn vol boksie gevat het om jou sigaret aan te steek. Sonde bly sonde!
    Praat ek kerke of persone sleg… allermins, maar ek dink dit is belangrik dat ons die sonde (Nie die mens) aanspreek nie. Miskien as ons soos Paulus in (1Tim 1:15) Dit is ʼn betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is, dit duidelik maak dat elkeen van ons die vernaamste is. Wanneer ons die kruishoute van sonde in ons lewens gewaar, sal ons meer oor ons eie swakhede op ons knieë verkeer as die splinter in ʼn ander se oog probeer uitkrap.
    Asseblief, ek praat nie sonde goed nie, God verafsku dit! Wat ek wel doen is ʼn opkikker tot self ondersoek.
    Hierdie volgende is baie belangrik! God is baie Lief vir mense, dit is die sonde wat hy haat!

    ReplyDelete
  52. Ou Jaco- kom ek se maar vir jou - ek dink dat jou wereld baie eng is- Jy sien daar is ander mense wat God anders aanbid as jy- en wie is jy om te oordeel, Wat jy se oor hoe on God moet aanbid is ook reg- maar did maak nie OOm Agus verkeerd nie. Volgens jou verwyssingsraamwerk is hy dalk verkeerd maar dis al wat jy ken- ek se dit want ek was ook so- Gaan stel jou bietjie bloot- Jesus red mense sonder dat hulle gedoop hoef te word of besny te word- hy vat jou net soos jy is- en as iemand oom Angus se goed bywoon en nog vloek- hoekom vir oom Angus blameer- ek weet nie wie reg of verkeerd is nie- bid maar net hieroor and vra dat die Here maar die ding sal reel

    ReplyDelete
  53. Net een vraag... as GOD met moses gepraat het... wie se nie vir jou hy doen dit met Angus ook nie..volgens jou hoef ons ook nie kerk toe te gaan nie want dis ook n tipe massa byeenkoms..Nee mens jy suug jou duim.. ek kan net sovwel nou se die duiwel is besig om deur joi te werk om doe mense weg te hou van n byeenkoms om GOD te dien.. klink vir my reg.

    ReplyDelete
  54. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die eerste 2 gebooie is wat tel. Die ander 8 spruit daaruit voort. As jy lief het soos God versoek sal jy jou ouers eer sal jy nie ander se vrou begeer ens. Liefde vir drie enige God en Sy skepping en dankbaarheid om deel van Sy omgee te wees is aller belang. As jy lief het soos God verlang sal jy nie oordeel nie en is hierdie debatte sinneloos. Laat die Een sonder sonde nl God oordeel. Vrees nie want God beskik.

      Delete
  55. Jaco, as jy dink Oom Angus se bediening was nog altyd geskoei op uiterlike tekens en vertoon-godsdiens, maak jy 'n groot fout. Die Mighty Men Conference het nooit gegaan oor getalle nie. Toe die storie begin het in 2004, was daar maar ongeveer 240 mense. Ek sê ongeveer, want niemand het getel nie. Dit het nie saak gemaak nie. Wat saak gemaak het was dat gelowiges bymekaar was. En dit het gewerk, anders sou die Conference nie gegroei het tot dit wat dit was nie. Die mans wat daar was kon nie uitgepraat raak oor die ongelooflike ervaring wat hulle daar gehad het nie, en almal wou deel wees daarvan. Selfs met die finale sentrale Conference, was daar nie 'n enkele kop getel nie - ten spyte van die media (en almal wat daar was) wat wou weet hoeveel mense daar bymekaar was. Oom Angus het op die verhoog gestaan en uitdruklik gesê dat hy weier om te tel hoeveel mense daar is, want dan sou mense aan hom die eer gee en nie aan God nie.

    Ek wil en kan eintlik baie meer kritiek lewer op hierdie blog, maar ek dink die baie van die kommentaar hier bo spreek dit aan. Ek wil wel afsluit duer te sê dat hierdie net weereens 'n voorbeeld is van hoekom die Christelik geloof in 'n penarrie is. In plaas daarvan dat Christene mekaar ondersteun en opbou, kraak ons mekaar se sieninge en opinies af en oordeel ons mekaar. Ek sien dit ook in baie van die komentaar hierbo. Onthou mense, die wêreld sien dit raal

    ReplyDelete
  56. Ek stem saam met Wynand Pretorius, en God het ons "Free Will" gegee en dit is ons eie keuse waarheen ons oppad is. Al hoekom ons op hierdie aarde is is om Herders vir God se skape te wees en mekaar se voete te was. Op die ou einde gaan GOD vir my en jou VRA het Alles net om my gegaan?

    ReplyDelete
  57. Jaco jy weet nie waarvan jy praat nie as jy sulke bewerings wil maak hoekom doen jy nie iets om die probleme in die land op te los nie want jy kan nie .God gebruik oom Angus om sy boodskap na ons toe te bring

    ReplyDelete
  58. Oom Angus se oortuiging dat God ons roep om saam te bid as eenheid word deur woord bevestig en deur ander mense. Voor alles begin het is Oom Angus deur n buite staander geroep vir n samekoms en na Oom Angus gaan bid het het hy antwoord gekry. Na dit het n pastoor van Namibia ook bevestig en woord gekry vir Suid Afrika. Nou as Spreuke 1:7 sê wysheid begin by die vrees(dien) van die Here dan sal ek liewer as kind van die Here gehoorsaam wees en saam gan bid al is daar net 20 mense. Wat gaan jy doen as dinge vir die ergste draai in ons land en jy vra die Here hoekom en hy antwoord Hy het ons geroep maar ons wou Hom nie hoor nie.

    ReplyDelete
  59. Is jy kwaad vir hom? En dit Todd White. Mag jou hart met liefde gevul word deur God. Lekker dag.

    ReplyDelete
  60. Almal verskil en tog is daar verskillende paaie en inspraak. Vir elke mens is dit anders. Laat die een wie nie sonde het nie dan die eerste klip gooi en se hy oordeel nie

    Vir die wat wil gaan, gaan en prys God maak dit jou eie wat daar vir jou gestuur word of dalk was dit nie vir jou nie, more kry iemand anders weer n ander samekoms geleentheid wat hul beter pas, dalk is dit Sondag in jou Kerk, gaan net en maak n verskil.

    Om saam te kom in Jesus naam kan net goed wees, vir almal sal dit egter nie die selfde beteken nie....

    ReplyDelete
  61. Moes anonymous reply maar my naam is Attie Vosser en was eens bevriend met Jaco op facebook maar ek is as verlore gereken en het hom toe unfriend. HOWEVER Jaco is n diep gelowige wat ernstig op soek is na die waarheid en wil he mense moet hulle bekeer. Al stem ek nie saam met sy teologie nie stem ek saam met wat hy skryf en verskil tog oor kleiner punte maar die kruks van die saak is reg. Toe Angus opgeroep is om OP TE TREE moes hy dit dadelik geweier het en die persoon wat hom opgeroep het tereg gewys het. Aan Yahweh alleen mag eer toekom nie aan mense nie. Julle wat Jaco hier uitmekaar skeur is soos Israel van ouds wat n mens bo Yahweh gekies het en Samuel het Sy klere geskeur. Ek skeur my klere saam met Jaco want tensy hierdie land as geheel nl. Wi en Swart nie terugkeer en hulle verootmoedig soos Nineve van ouds nie gaan niks verander nie. Ons het Eliasse en Mosesse en Joshuas nodig wat weet wie hulle Verlosser is en wie hulle in Hom is wat met n regte oordeel kan oordeel en wat Tzadik(vol van regverdigheid is)is om die baals en hulle priesters te ontbloot al staan hulle alleen.

    ReplyDelete
  62. Ek kan nie glo wat ek lees nie met ouens wat bely dat hulle kinders van God is broers of susters in Christus is dan breek julle die werk wat die Here deur n gewillige man gedoen het duisende mense se lewens wat radikaal verander is. Hier op openbare media breek julle dit af of jy nou daarmee saamstem of nie, maar dalk is daar iemand wat so n kosbare ervaring met God gehad het en julle saai twyfel omdat dit nie volgens julle norme is nie. REGTIG? Is julle vir die Here of vir die duiwel. Die duiwel het nie trawante nodig om sy werk te bou nie hy gebruik sommer kinders van die Here wat heel moontlik n klomp teologie geswot het maar daar geen lewendige verhouding met God het nie maar julle wil iemand oordeel wat dit leef met soveel passie. My kind kom uit n situasie wat ons vir die Here as Pastors gewerk het en dit is vir my seer om te erken hy wil niks met christene te doen he nie want se hy hulle is skynheilig en hulle breek mekaar af. NOU JA EK HET DIT VANDAG GESIEN EK DINK JULLE DOEN SOVEEL SKADE AAN DIE KONINKRYK VAN GOD. MAAK N AFSPRAAK MET MEKAAR IN N STUDEERKAMER EN GAAN VOER JULLE GESPRuEK ASB DAAR IN PRIVAATHEID DIT SAL SOVEEL MINDER SKADE DOEN.

    ReplyDelete
  63. En hier kry Satan dit al weer reg om die Christene te verdeel! Dis wat hy wil doen: verdeel en heers. En ons val daarvoor!

    Lees bietjie wat skrywe Gamaliël in Handelinge 5 vers 38 en 39: "Wat die huidige geval betref. my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie.Moenie dat dit later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie."

    O ja, en die mense wat Jaco nou so veroordeel oor hy Anchus veroordeel: julle oordeel self ook! Die spreekwoord van die balk en die splinter is hier van toepassing.......

    ReplyDelete
    Replies
    1. Niemad verdeel... almal het ma hulle opinion en sal nie saam stem want altwee dink hulle is reg.
      Ek stem saam Jaco hier
      Ek dien my God elke dag of dit aleen is of saam my gesin of hy die Kerk.
      God hoor my gebede.
      Ek kan nie sien of verstaan hoe kan men's 1 man so op hef (Angus).
      En soos daai ander man in die bakie met sy hoed op wat se oom Angus we call on you...
      Hy praat van die reen wat gevra is en toe reen dit.
      Dit was nie oor massa mense wat op 1 slag by mekaar gekom het en gebid het dat dit gereen het nie...
      Elke persoon wat gebid het maak nie saak waar jy was of waneer dit was.
      Net na daai man dit gese het, het hy nie eers dankie gese nie... nee sommer dadelik op die volgende order... nou gaan ons gaan waar 1 man vir ons se ons moet gaan en Dan hoor wat hy vir ons se hoe ons vir God gaan se wat God volgend moet doen...
      En dink die men's het vergeet hoe Klein ons teen ons God is...
      Dink dis bitter gevaarlik.

      Delete
  64. Waaraan word 'n boom geken? Sy vrug natuurlik. Wat is die vrug van Oom Angus se bediening? Radikale bekerings? Genesings? Mans wat hulle families geestelik begin lei? 'n Nasie wat saam begin bid? Mense van verskillende rasse wat saam begin bid vir ons almal se land? Sy liefde vir mense? Sy vurige vertroue en geloof in God? Sy medelye met mense? Sy wil om iets groots vir God te doen? Ek kan nie fout vind hiermee nie. En as dit vir jou gemakliker is om in jou "Gereformeerde" sienswyse alleen in jou binnekamer te bid, dan is dit so. Doen dit en verheerlik God daardeur. Maar daar is wel baie ander Christene wat verkies om saam 'n punt te bewys deur saam te kom in eenheid, en die moeite te doen om deur al die chaos van so 'n dag eendragtig bymekaar te wees. En so tasbare bewys van samehorigheid te gee. Deur almal daar saam God se aangesig te soek saam te bid vir ons land. En let wel, dis nie net ''n samekoms vir Afrikaners nie, maar vir alle Suid-Afrikaners, wat kleur ook al.

    Dan wil ek ook vra, hoekom iemand oordeel oor sy verhouding met God en sy ervaring van die Heilige Gees? Wees versigtig om nie dalk self die wering van God se Gees deur jou opmerkings te kritiseer nie. Die Heilige Gees werk steeds vandag. Hy openbaar God se Woord aan ons en Hy praat steeds direk met ons. Anders, hoekom sou Paulus ons dan maan om gedurig deur die Gees gelei te word?

    My vriend, jy is geregtig op jou opinies maar maak dan seker dat dit sag is en dat jy nie mede-arbeiders in die Koninkryk onnodig oordeel nie. Die boom word aan sy vrug geken, en nie aan wat ander mense se opinies is nie. Maak dalk eers seker waarmee Angus Buchan homself mee besig hou en watter verskil hy in alledaagse mense lewens maak. Hy is beslis nie iemand wat van massa crusade na massa crusade toe gaan nie. Daar is baie predikante met wie hy 'n mentor verhouding het en baie ander projekte waarmee hy en sy bediening besig is wat hulle nie op die mou mee rondloop nie. Jou aantygings en kritiek dink ek in die geval is heeltemal ongegrond en onnodig gewees. Die Here self het gesê: Wie nie téén ons is nie, is vír ons.
    Mark. 9:40 AFR83

    ReplyDelete
  65. Ai ai ai. Dit gaan oor die doel van die samekoms mense! Om te bid vir vrede en genade as 'n massa mense in nood met dieselfde gebed.

    ReplyDelete
  66. Ongeag hoe jy dit sien en wie die gebedsnaweek bywoon, as n paar duisend mense bymekaar kom om God die vader, seun en heiligegees te aanbid doen die heiligegees sy beste werk...hy verander die mense se hart en gees. Laat God sy werk doen bring julle net die mense saam vir gebed.

    ReplyDelete
  67. Hierdie brief is die grootste pot nonsens wat ek al gelees het, presies wat die satan wil bereik.

    ReplyDelete
  68. Nee ten eerstens as jy se dat ons Vader bring die elende oor ons en dalk wil hy dit so he dan kan ek in elk geval niks verder glo wat jy kwytraak nie, en daar is absoluut niks verkeerd met massa samekoms om vir n spesifieke saak te bid nie, ons voorvaders het dit met groot sukses gedoen. Jou aannames is wat my betref ongegrond.

    ReplyDelete
  69. Ek glo as Christenne, het ons die behoefte om te bid vir ons land en ek glo die Bid dag was dalk hierom gereel. Ek glo elkeen wat wil gaan, n begoefte het om te bid, kan dit ter eniger tyd, waar ookal doen. Ek glo ook soos die Bybel se 'waar meer as een vergader in Gebed'. Kom ons bid eerder vir dit wat nodig is en die wat 'n ander seining daaroor het, dis hul besluit. Laat die mense gaan na Angus se dag toe, gaan, dis elkeen se besluit. Die van ons wat nie kan nie, sal steeds , soos elke dag, in Gebed vir ons volk en land bly.

    ReplyDelete
  70. https://www.youtube.com/shared?ci=XqjmVMM54jE

    ReplyDelete
  71. Angus dink hy is SELF God!

    ReplyDelete
  72. En wie het vir Jaco de Beer aangestel? Hy self? Hierdie tipe kritiek bereik niks, waarom ry jy nie Shalom toe, ontmoet die man Angus, en soos Paulus spreek jy jou besware man tot man teen hom uit nie Jaco, dit sou die Bybelse manier wees.....

    ReplyDelete
  73. Die Woord leer eenheid kom deur Christus en deur die gesonde leer van Christus. Valse leer bring skeiding. Waarheid in Christus verenig. Die Gees is die enigste ware getuie van die waarheid. As hy in ons harte woon sal Hy met ons harte stoei om by die waarheid uit te kom. Hy sal kollektief met die ware kinders van God praat en 'n band van eenheid smee deur die Woord aan hulle en mekaar te verduidelik en te bevestig. Johannes skryf dat skeiding kom omdat mense nooit deel van ons was nie (1 Joh. 2:19). Paulus skryf dat mense onder ons eie geledere sal opstaan en valse leer verkondig wat in stryd is met die gesonde leer van Christus. Die Bybel vermaan ons om te waak en bid en seker te maak ons verkondig die "volle leer aangaande Christus" (Kol. 4:2; Hand. 20:27; Ef. 6:18).




    Paulus gee so opdrag: "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense" (1Tim 6:3-5).
    Jou eie geskrif oor eenheid. Dalk moet jy dit self leef

    ReplyDelete
  74. Ek het vinnig deur gelees. Eerstens ek is nie n volgeling van oom Angus nie, was nog nooit. En eerlik ek weet nie wat die mense by die be eenkoms gaan maak nie. Ek gaan om vir my land en ons nageslag te bid. Die Here het gese ek moet 3 keer om die skare loop en bid,ek verstaan nog nie die rede nie. Dalk moet ons ons oogies afhaal van die ou wat dit reel en dalk fokus op die doel. Die doel is ons land kort God se genade en Sy guns. Ons kort die Here vir n slag. Is dit nie die doel van die byeenkoms nie? Ek het nie n saak wie voor gaan staan nie, en gaan sekerlik nie hoor wat hulle se nie. Ek gaan bid vir ons land, ons kinders, vir God se goedheid en guns. Dit moet mos n saak wees tussen jou en die Here of hoe? Om te beklei en stry oor sulke goedtjies is n godsdienste gees. As die Here jou lei om te gaan, gaan as nie moenie, dan is dit gehoorsaamheid aan God en dit is tog die bekangrikste! Ken Hom in alles wat jy doen. Blessings. Lodene

    ReplyDelete
  75. Dis hierdie tipe comments, van sleg sê, kritiseer en beterweterigheid wat maak dat jong mense nie mee glo nie.

    Ek self het al die beleef en om eerlik te wees, ek sien nie hoekom mens moet glo as mense so vieslik teenoor mekaar optree nie.

    Oorloe word net meer, moorde raak net meer gruwelik en die klein bietjie hoop in geloof wat daar wel is word afgebreek deur comments soos die.

    Laat daar dan 'n uitwissing kom, 'n totale een as dit moet en laat die aarde van vooraf begin. Want in so 'n wereld will ek definitief nie kinders in bring nie. In elkgeval as daar 'n uitwissing kom, is daar niks wat niemand kan doen nie. So geniet die tyd wat jy het eerder as om te baklei.

    ReplyDelete
  76. Jaco.. lyk my jy is persoonlik deur Satan gewerf om sy werk vir hom te doen. Die duiwel sit lekker agteroor terwyl jy namens hom een van God se profete sleg maak en mense ontmoedig om God se byeenkomste by te woon. Gelukkig is hier baie Christene wat ons nie steur aan jou negatiewe praatjies nie. Ons gaan om God te ervaar tussen mede Christene wat saambid... nie om Oom Angus te ervaar nie. Soos jy reeds baie gehoor het - Oom Angus bring ons net saam en verkondig God se woord (iets wat ons almal geroep is om te doen, Teologie Diploma of te not)...want ons moet "vissers van mense wees"!!

    ReplyDelete
  77. Dit maak my sommer kwaad as ons agter wit gepleisterde grafte staan en die Here se werk oordeel. Oom Angus roep mense by mekaar om Jesus te loof en prys 'n eenvoudige boodskap van hoop liefde ❤ Dalene Wagner

    ReplyDelete
  78. Die skrywer van die blog het te veel tyd op sy hande. Kry iets om te doen want nie net saal jy jou op met goed wat spekulasie is nie maar jy slaan jou naam met n plank. Wees jy rustig en los die mense wat wel n plan maak en saam gaan bid. As jy nie daar wil wees nie wees dan tuis waar jy nie ander mense se dag versuur nie. Die idee in jou hart om saam as volk te gaan bid maak jou nie n aanhanger of volger nie, dit maak van jou iemand wat trots kan se ons probeer en ons glo ons Hemelse Vader sien die goed in die saak en sal ons help en red op Sy tyd.... Ek wil niemand sleg se nie maar wragtig jy het nou n mier nes oopgbreek wat jou niks gaan baat nie.

    ReplyDelete
  79. Ek dink altyd by die dinge wat mense kwyt raak is toe die disipels na Jesus kom en vra moet ons. Hulle gaan stil maak wat u naam gebruik om dinge te doen en Jesus se nee wie nie vir ons is ni is teen ons so kom ons vertrou ons Koning Hy sal weet wanneer dit verkeerd is al dan nie staan eerder saam

    ReplyDelete
  80. Wie is jy en waar kom jy vandaan en onder wie se gesag staan jy hoe weet ons uit watse gesag of bron praat jy het nog nooit van jou gehoor nie. Van Paules weet ons oom Angus ken ons maar wie is jy en waar kom jy vandaan. Dus baie belangrik as ons jou woorde as liggaam van Christus moet toets.

    ReplyDelete
    Replies
    1. "Van Paules weet ons oom Angus ken ons maar wie is jy en waar kom jy vandaan". Is wat die demone gevra het..... onder wie se gesag vra jy hierdie vraag Charl?

      Delete
  81. Jy beweeg op gevaarlike grond. Gaan lees bietjie die Bybel wat.jy so kwoteer. Ag man kom ek help jou sommer gou:
    1. God se Woord(Bybel) se dat as jy n probleem met iemand het(veral as jy daar by die altaar staan) los alles net so en gaan sorteer die probleem uit.Nou hier is my vraag aan jou:
    Was jy al by Oom Angus??
    Tot dan bly liewer stil!!

    ReplyDelete
  82. Julle rig julle oë op die verkeerde man... Rig dit op Jesus wat vir ons kan intree by God

    ReplyDelete
  83. Pro 6:19 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

    Pasop Jaco de Beer jy is met verkeerde dinge besig die Here haat dit as jy tweedrag saai

    ReplyDelete
  84. Kyk na Oom Angus se gebed, vergelyk dit met die waarheid. En verstaan dat hy hande vat met ander massa predikers want die meeste van hulle predik dieselfde leerstellings en is in die massa opsweping en emosionele aandrywing van hulle boodskap. Oom Angus praat van 'een heilige Katolieke kerk'. Ek is jammer, ek behoort nie aan een Katolieke sisteem soos hy daarna verwys nie. Alhoewel die woord katoliek op sy eie 'n eenheid beteken is dit nie die konteks waarin hy dit gebruik nie. Die katolieke kerk het miljoene protestante vermoor en alhoewel hulle die taktiek verander het, is hulle steeds besig om die protestante kerk te vernietig deur hulle om te draai na die katolieke sisteem toe deur gebruik te maak van die mega predikers waarvan Oom Angus een is. Ons gaan baie meer bereik as ons in ons massas opruk na ons onderskeie kerke, die Woord self begin bestudeer en weer terugkeer na ons kniee sodat die Heilige Gees met ons as individu kan werk sodat ons weer nederig en in liefde teenoor mekaar kan optree. Kom by die waarheid uit, lees die tien gebooie, bestudeer dit en maak dit jou eie en vertsaan hoekom ELKEEN van die gebooie so belangrik is en dat dit net so toepaslik is nou as in Jesus se tyd.

    ReplyDelete
  85. God het konings in die lande a gestel, om Sy volk te lei, en wat het die konings gedoen? Hulle het geld, altare en beelde begin verafgod. Daarom het Hy mense soos Moses aangestel om leiding te neem. God se ook, waar 3 en meer mense in My Naam verenig, daar sal ek wees, en dis presies wat Angus doen, en dis hoekom die teenwoordigheid van GOD so sterk deurkom. Volgens die Bybel, sê GOD ook.... Diegene wat gelowig is en wat My werke verrig, sal wonderwerke kan verrig, byvoordeel mense uit die dood laat opstaan. Gaan kyk Faith like potatoes. Dan sal jy weet waarvan ek praat. Ek glo en vertrou GOD het Angus gestuur om Sy volk te kom lei, en om hulle te waarsku. Openbaring gee tog waarskuwings wat GOD se die eind tyd gaan aanwys. Glo wat jy wil.... En ander sal hulle lewens loop soos hulle gemaklik is.

    ReplyDelete
  86. Author of the article, you NEED JESUS so desperately...
    It was believers who crucified Jesus.......

    ReplyDelete
  87. Kinders van God sal kan onderskei tussen valse profete. Openbaring verduidelik dit so mooi. Of Angus nou reg of verkeerd is hy word ook ge oordeel net soos die res van ons. Dit is elkeen se besluit of hy/sy gaan wil luister of nie. Ek glo elkeen moet homself met die woord besig hou.

    ReplyDelete
  88. Regtig Jaco? Dit is met skok en verslaenheid dat dit die 2 de negatiewe artikel is wat ek oor twee dae lees. Die ander een deur Hettie Britz was in Maroele Media geplaas. http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/wie-dink-hierdie-oom-angus-is-hy/

    Wat is fout met julle mense? Waar is al die ander geleerde en slim teoloë wat is kerke leeg staan se oproep vir verootmoediging? Hoekom nie artikels skryf en hulle aankla nie? Maar wanneer ‘n man van eenvoud die volk roep vit verootmoediging dan wil almal die byl inlê. Ek het nuus vir julle? Dit mense van julle lee kerke wat in hulle grootmaat optrek na oom Angus en soort gelyke byeenkomste want hulle is moeg vir die tradisionele kerke se huigelary.

    ReplyDelete
  89. Ek glo nie een van ons ken oom Angus so intiem om te weet wat tussen hom en God gebeur in sy binnekamer nie. Laat ons nie ons eie opinies vorm nie

    ReplyDelete
  90. Regtig Jaco? Dit is met skok en verslaenheid dat dit die 2 de negatiewe artikel is wat ek oor twee dae lees. Die ander een deur Hettie Britz was in Maroele Media geplaas. http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/wie-dink-hierdie-oom-angus-is-hy/

    Wat is fout met julle mense? Waar is al die ander geleerde en slim teoloë wat is kerke leeg staan se oproep vir verootmoediging? Hoekom nie artikels skryf en hulle aankla nie? Maar wanneer ‘n man van eenvoud die volk roep vit verootmoediging dan wil almal die byl inlê. Ek het nuus vir julle? Dit mense van julle lee kerke wat in hulle grootmaat optrek na oom Angus en soort gelyke byeenkomste want hulle is moeg vir die tradisionele kerke se huigelary.

    ReplyDelete
  91. Well done Jaco, ek stem saam met jou. Oom A is gevaarlik , hy doen al hierdie goed in sy eie naam. God werk deur sy kerk in die nuwe testament nie dear "loanrangers" nie. Oom A het nog niks vir die "volk" bereik nie van dat hy begin het het dinge in die land agter uit gegaan. So wat hy doen werk nie. Dalk moet hy eerder die mans begin leer wat is nederigheid en om sonde af te le dan sal dinge dalk verander. Almal het al gebid maar baie min het al die ander vereistes van die sogenaade Angus skrif gedoen. As oom A van God af was sou hy in elk geval deur die kerk gewerk het, nie gefokus het op die "volk".

    ReplyDelete
  92. Sjoe! Het God nog nooit met jou gepraat nie? Die Fariseers het ook die wet geken.
    `n Mens kan dobbel met die bybel soos wat jy wil. Maar passop om die werk van die Heilige Gees die werk van Satan te noem. Hulle het ook dieselfde van Jesus gese. Verstaan nog steeds nie wat jou probleem is dat Hy mense op hulle knee voor God wil bring nie. Of is jy bang om te gaan? Miskien verander God jou...
    Wanneer laas het jy by Jesus se voete gesit en luister eerder as om medegelowinges oor die internet sleg te se.
    Die feit is gebed verander soms `n situasie maar dit verander altyd die persoon wat bid.

    ReplyDelete
  93. Ek se dankie vir daai brief wat jy geskryf het ek stem volkome saam met jou

    ReplyDelete
  94. Wys asb vir my die gesonde kerke en gesinne en ouderlinge waarvan jy praat. Dit was eens. Nou nie meer. Almal besig om af te val vanwee die wereldse begeerlikheid en ongehoorsaamhaid aan God.
    Jy het duidelik nog nie wonderwerke beleef nie.
    Jy het duidelik nog nie werklike bekerings gesien nie.
    Die herstel van Israel in 1948 is nie vervulling van profesie nie?
    Hene mens, op watter planeet leef jy? Maak jou oe en ore oop, gaan kyk wat gaan aan in die wereld en toets dit aan die Woord.
    Angus probeer iets doen om Christene bymekaar te kry om hulle te verootmoedig. Jy is definitief nie aan die Christen kant nie. Lyk my eerder na die "Israel" sekte.
    Sorry ou, jy dwaal grootliks. Gaan lees jou Bybel behoorlik.

    ReplyDelete
  95. En die mense het vir Noag gelag en gespot omdat hy n boodskap van God ontvang het om n ark te bou....... mense was genees van melaats en blindes kon weer sien, uit die dode opgewek. Wanneer het Christene begin twyfel in wonderwerke? Wanneer het ons begin twyfel in God se grootheid? Ek verstaan nie hoekom hier van julle is wat twyfel dat God vir Angus n boodskap gegee het nie. Hoekom twyfel julle dat God hom of enige dienaar kan gebruik om healing te doen?

    ReplyDelete
  96. Ek stem saam en ek stem nie saam nie.
    Hoekom moet almal saam kom? Waarom moet Angus dit vir ons doen maar ons is nie gewillig om rerig te verander nie.
    Niemand is rerig bereid om hulle leefwyse te verander nie.
    Dis ons plig, ek myself, wt most besluit om Christus in my te laat woon en Christus toe te laat om beheer oor my liggaam te vat. Ek moet sterf. Liggaam van Christus.
    Die ander kant. ABBA Vader het vir my gesê "die tyd is min". Volgens die skrywer mag en kan ons dit nie sê nie. Wel my Jesus is die deur tot God en ek en Pappa gesels heelwat met mekaar.
    Papa Vader het gesê Suid Afrika moet om draai en dis hul laaste kans. Hulle moet besluit of hulle die Waarheid wil aanvaar of nie.
    Ek is besig met Pappa se bediening, Watchman Plays and Projects Ministries en dit word 100% gedoen soos Pappa dit gedoen wil hê.
    So ja ek stem saam en ek stem nie saam nie.

    ReplyDelete
  97. Ek respekteer Jaco as 'n mede Christen en iemand wat die outoriteit van die Bybel as die enigste Woord van God en as die enigste waarheid voorstaan en verdedig. My indruk toe, en met hierdie artikel weer, is dat hy ongelukkig vas staan oor sekere teologie en eenvoudig besluit dat sekere dele van die Ou Testament en uit die Nuwe Testament nie op ons vandag meer van toepassing is nie, dit sluit in spreek in tale, profesieë, ens. Op grond hiervan, beskou hy almal wat teen híérdie leer, waarin hy glo, gaan, is valse christene. Op elkeen van die paragrawe in Jaco se blog kan ons omtrent 'n aparte gesprek oor voer. Dit is hartseer dat Jaco skynbaar nie die bediening van die Evangelis, Apostel en Profeet herken as spesifieke roepinge vir vandag se kerk nie. Hy beweer dat dit mense soos Oom Angus Buchan se skuld is dat mense kerkloos raak. Ek wil beweer dit is juis omdat van vandag se kerke die gawes van die Heilige Gees ontken, hulle juis so kragteloos is. - Oom Angus Buchan, ek herken en erken God se roeping op jou lewe en ek weet dat jy rus vind by die wete dat jy vervolg sal word as jy daardie roeping uitleef, maar ek weet dit maak jou ook hartseer as daardie vervolging van Christene af kom.

    ReplyDelete
  98. Die ironie is dat ek mense van die omtrek oplei met die kursusse van Nehemia Bible Institute, 'n afdeling van Bybelmedia. As ek reg verstaan is Bybelmedia gestig uit die NG Kerk uit. Ek wonder wat Jaco te sê sal hê oor wat in daardie kurssusse gesê word oor die gawes van die Heilige Gees, soos o.a. genoem in 1 Kor. 12, 13 en 14. As Oom Angus Buchan die pad byster is oor hy beweer God praat met hom, dan is nie net ek en baie mense uit die Charismatiese kerke die pad byster nie, maar ook 'n hele klomp van ons swart Christelike broers en susters wat net so onverskrokke die outoriteit en waarheid van die Bybel voorstaan.

    ReplyDelete
  99. Ek dink ons moet ophou klippe gooi. Begin bid vir die inwoners van Suid Afrika. Ons het klomp afgode begin dien. sport. geld en ons het DIE EEN JESUS CHRISTUS WAT VOORSIEN word net op sondae aanbid. Bid dat die Here Jesus deur die Heilige Gees ons land se leiers 180 grade sal omdraai soos wat met Paulus oppad na Damaskus gebeur het.Jesus het gese Hy sal vir ons die Trooster Stuur. Ons sal groter dinge kan doen as ons geloof groter is as 'n mostertsaad. Ons moet die Christus in ons toon aan die wereld. Kom ons begin bid vir mekaar dat ons soos Daniel se vriende kan se of die Here ons verlos of noe ons sal die Here loof


    t

    ReplyDelete
  100. Ek wil ook my 2c insit.Ons moet net versigtig wees, al die ander gelowe glo in tasbare en sienbare dinge.Wat is geloof? Heb 11. Aan die skrywer, die HERE werk deur mense,nie almal het dieselfde talente of gawes. Hoekom is daar Dominies en Pastore?.Jy maak n goie punt in jou brief en ek raak dit aan in my 1ste sin.Vir die wat praat oor die slegte mans by Angus se kampe, vir wie het JESUS gekom? Jy gaan nie hel toe oor dit nie.Jy gaan hel toe omdat jy nie n verhouding het met JESUS het nie.Ken JESUS jou ,ken jy vir JESUS? Groete Riaan.

    ReplyDelete
  101. Ek wil ook my 2c insit.Ons moet net versigtig wees, al die ander gelowe glo in tasbare en sienbare dinge.Wat is geloof? Heb 11. Aan die skrywer, die HERE werk deur mense,nie almal het dieselfde talente of gawes. Hoekom is daar Dominies en Pastore?.Jy maak n goie punt in jou brief en ek raak dit aan in my 1ste sin.Vir die wat praat oor die slegte mans by Angus se kampe, vir wie het JESUS gekom? Jy gaan nie hel toe oor dit nie.Jy gaan hel toe omdat jy nie n verhouding het met JESUS het nie.Ken JESUS jou ,ken jy vir JESUS? Groete Riaan.

    ReplyDelete
  102. My liewe volks genote, die man roep nie die volk bymekaar of die afrikaaner nasie nie, hy roep al die nasies van die land bymekaar. Hy roep ons verdrukkers om saam ons te kom kniel... ons probleem... sies man!!! Ek lees nerns in geen vertaaling Bybel dat die Israeliete die Egiptenaare saam geroep het om hulle van hulle self te verlos nie. Sies, sies sies!!!

    ReplyDelete
  103. Wat maak dit saak of daar miljoene is wat na Angus kom luister. En net vir interesantheid onthalwe het Jesus ook al met my gepraat toe ek op sterwe gele het . So ja Jesus praat wel met mense !En of jy dit nou wil glo of nie maar die wat al daarmee te doen gehad het sal weet .

    ReplyDelete
  104. Die man roep nie die Afrikaaner volk of Nasie bymekaar nie. Luister mooi, hy roep "AL" die nasies om saam met ons te kom kniel. Hy vra dat die rede vir ons probleem saam met ons moet kom bid... Sies Man!!!! Ek lees in geen vertaling Bybel dat die Israeliete die Egiptenaare genooi het om saam met hulle te kom bid het om hulle van hul self te verlos nie. Sies, sies, sies!!!!!!

    ReplyDelete
  105. As n gelowige en weder gebore kind van Jesus kom ek nie teen Angus nie, maar ek het ook al gesien ons suid Afrikaners kan nie eers werklik met mekaar in vrede lewe nie. Ek wil nou nie die kerk se naam noem nie dis wel in Mpumalanga waar die manne na so n mighty men konfrensie op Angus se plaas was die sondag is daar getuig deur die manne en hulle was so op gecharge en raai wat die sondag aand diens was nie een van daar die manne daar nie. Ek is geensins teen Angus nie maar ons moet versigtig wees vir n massa skaar die Afrikaner kan baie emosieel raak en die groter prentjie mis. Ek se as ons in ons binnekamer gaan en dit n saak van erns maak en elke aand God se aan gesig soek en hierdie volk se manne weer priester en hoof van sy huis word dan gaan God ons hoor. Die skrif se ons moet ons self bekeer en terug keer na Hom toe en Hy sal ons land genees.

    ReplyDelete
  106. Dis die grootste klomp snert wat ek in n lang ruk gelees het. Gaan lees jou Bybel en kry jou feite reg. Ek dink dis liewer jy wat op gevaarlike terrein beweeg em nie hy nie

    ReplyDelete
  107. Angus lag al die pad bank toe met hierdie groot byeenkomste.....hoe groter die byeenkoms....hoe meer geld sit hy in sy sak! Dit gaan alles oor geld!

    ReplyDelete
  108. Die man het ñ punt beet. Maar dit is (ongelukkig) nie asof daar enige ander gerespekteerde leiers wat iets DOEN of LEI, vir ons volk nie.

    ReplyDelete
  109. Die man het ñ punt beet. Maar dit is (ongelukkig) nie asof daar enige ander gerespekteerde leiers wat iets DOEN of LEI, vir ons volk nie.

    ReplyDelete
  110. Ai, wanneer gaan my volk leer om elkeen vir homself te dink en nie bloot blindelings die voorbok te volg nie. Dan sal die besef kom dat jy al die jare nie jou god gehoor het nie en dat jou god nooit jou sal kom toespreek nie want jy is geleer om valse god te aanbid. Glo wat jy wil, besluit dit net self!

    ReplyDelete
  111. Voor jy die moeite doen om so n lang klaaglied saam te stel moet jy net een vraagie vra en beantwoord "wat het jy al gedoen om n verskil te maak"as die antwoord is wat ek dink dit is dan hou maar die speaker stil of toe en kom op jou kniee sodat die wat iets doen op hulle voete kan bly.

    ReplyDelete
  112. En die bybel waarsku ons juis teen valse profete, soos jy, ek kry jou jammer...

    ReplyDelete
  113. Die kanonieke is afgesluit.

    ReplyDelete
  114. OK..ek is 19 jaar oud..ek half en half vind nog myself en vir God..MAAR ek is jammer as ek nou iets se wat julle nie mee saam stem nie..die hele punt is almal het hulle opinies..Julle almal bakly met mekaar vir geen rede nie..ons is net mens..almal het hulle eie opinie ek staan nie op vir die skrywer nie en ook nie vir oom Angus nie..ek kies nie hierso kante nie..MAAR oom Angus het sy talent en dis om met mense te kominukeer deer fisies te praat MAAR die skrywer gee ook net sy opinie deer om dit te skryf..Julle almal het al snaakse videos gesien waar mense val of iets mal aanvang..julle almal het al iewers gecomment en gese die ou is mal of its oor die video..ons alma kritiseer daagliks want ons almal se persoonlikhede verskil dis wat ons mense spesiaal maak..as almal dieselfde was dink net hoe vervelig sou dit nie net wees nie..as julle saam die skrywer stem dis julle keuse..as julle saam oom Angus stem dis ook julle keuse..die wonderlike ding wat julle nie agterkom nie want julle kyk in kwaadgheid vas..julle almal glo in God.. oom Angus bring baie mense bymekaar ja..maar die skrywer het ook baie mense gekry om te veg vi hulle geloof..al haal julle die arme ou uit haha..almal het verskillende maniere om hulle geloof te wys..party is uitspattig en party geniet dit om hulle gebede te doen op hulle eie want hulle voel gemaklik so..dit gaan nie oor wie kan goed beter doen en wie bring nou hoeveel mense saam of wie is nou meer perfek as die ander een die..dit gaan oor ons almal glo in God..Moenie kwaad raak hoekom mense hulle eie opinies het nie..dis menslik en dis deel van mens se persoonlikhied en hoe mense ridineer ..niemand is perfek nie al bly jy nou in i vark hok of in die grootste huis in SA ..mens kry introwerte en ekstrowerte (jammer as ek dit nou verkeerd spel) party hou daarvan om met groot groepe mense te meng en so saam te praat en ander hou van een vir een..Sien ek is veeeer van perfek af hahaha weet nie eers waar om te begin nie..Maar so is ons almal so ons moet ophou klippe na ander gooi omdat ons nie saam stem met hulle ridinasies nie..

    ReplyDelete
  115. ai Jaloesie is darem n lelike duiwel

    ReplyDelete
  116. Patetiese berig, absoluut pateties!

    ReplyDelete
  117. Een miljoen mense gaan die triek doen, God sal dan vir ons MOET luister want ons presteer dan so goed. Jesus het gesê as jy bid moenie op die straathoeke staan om GESIEN te word nie maar gaan in jou binnekamer. Jesus sê waar twee of drie in my Naam vergader...Angus en Johan Lee sê nee dit gaan nie help nie ons moet n miljoen wees, ons moet gesien word ons moet van ons kant af presteer. God gaan vir geen mens op aarde iets anders sê as wat in sy Woord staan nie. God sê as jy bid doen dit in jou binnekamer sonder al die vertoon. Die skrif sê God het geen behae in ons drankoffers en slagoffers nie, n gebroke Gees en n verslae hart is die offers wat Hy vra-- nerens beter om daardie offer te bring as in jou binnekamer nie. Maar nou ja wie is God om te besluit hoe ons Hom moet dien, ons weet beter, ons sal besluit, en ons besluit een miljoen mense in Bloemfontein en God sal vir ons MOET luister.

    ReplyDelete
  118. Ek is 'n vrou. Ek gaan daar wees.
    Het God die skrywer van hierdie artikel persoonlike insae gegee in die kommunikasie tussen Hom en Angus Buchan?
    Is Angus Buchan die geleier van God se Woord?
    Of is jy?
    Of is daar iemand anders wat kan intree en mense bymekaar bring in gebed?
    Ek is maar 'n ou vrou, so ek vra maar net?
    Ek gaan nie om Angus te sien nie.
    Ek gaan om saam met 'n menigte te kniel voor God en te smeek om hulp.
    Hulp vir myself en hulp vir my land.

    ReplyDelete
  119. Here vergewe ons asseblief, want ons weet nie wat ons doen of sê nie.

    ReplyDelete
  120. Ten minste kom mense saam om te bid! God se in Sy skrig waar twee of meer in my Naam vergader daar is Ek teenwoordig. Ek glo die Here gebruik juis vir Angus om mense te herenig al is dit n groot show, dis hoe dit moet wees!

    ReplyDelete
  121. Jaco, verstaan ek reg, sê jy God praat nie direk met mense nie?

    ReplyDelete
  122. Tydens pinkster al die jare het mense agter predikers soos Ds Solly en andere aangery van naburigr dorpe om hul woord te hoor en so is die kollektiewe Christenskap uitgeleef oor grense.Die vraag ontstaan nou : wie is Solly Ostovich dat miljoene mense sy boeke jaarliks aangekoop het en wie sou die ander windgatte wees wat wat boeke skryf wat miljoene mense koop ...en wat van al die ouens met en sonder arms en bene se boeke en video;s wat miljoene lees en kyk om deel te voel van die liggaam van Christus.Hoeveel siele het die mense aangeraak en is gered om dat hulle bereid was om God te verheerlik en mense te lei na Jesus Christus.Ons is almal sondaars wat strewe na heiligmaking maw. ons is nie beter as 'n ander een nie .Sien, deur 'n ander te kritiseer en in effek te verklaar dat die persoon verkeerd is en nie Christelik optree nie ,verklaar jy tog mos dat jy reg is.So hoe nou ?Elke mens het 'n verhouding met die Here.Elke verhouding is anders en die dinamika binne daai verhouding veskil hemelsbreed van die vlogende persoon se verhouding.
    Die vraag is :Het jy 'n persoonlike verhouding met Drie Enige God?Indien wel gun die ander ou ook sy eie unieke verhouding .Het jy al in gesprek getree met iemand wat nie glo nie en 'n pad gestap met hom of haar na bekering ? .Bid jy daagliks vir mense wat nie glo nie.?Ons fokus moet op die mense wees wat verlore is ,die weduwee en wees,arme ,honger en nie die 1 miljoen Christene wat graag saam aanbid soos elke Sondag in die kerk nie.Ons moet mekaar sterk maak in Jesus.Vrede

    ReplyDelete
  123. Father in this day the children of Your Being, children that follows Your Light, petition before Your throne to grant overcoming to all that repent in this day as being in slavery to any of the bondage mentioned in Your Word above. Giver of Life in our Teacher show Your unmerited Love and Grace by healing our region from the curse of, killing brothers because they look different, the past 300 years and restore all of Your creation worldwide to reflect Your Grace. We are ALL Your children, some are still asleep, some are naughty as can be like Cain, wanting to kill every Abel. Let Seth come in the place of Abel. Let this beautiful region find like Noah Grace in the ark of Your Son. Let us SEE the sign of Jona being stubborn and resistant to DOING what Your have given into our hands as fellow brothers in this region to work and play together.Ninevê repented and Jona was mightily upset because he was focusing on himself, being see in his own eye as a liar, instead of rejoicing as Father's glory was seen in the Grace to repentance of self and unrighteous behavior.

    If YOU were defeated by this curse, repent repent repent and accept Your forgiveness in the restoration of humankind complete by Your First born Son, Savior of lost and deadly diseased souls. Yoshuah (in Greek-called Jesus) be your Guide, your Lamp on the road of Life, the Way to finding Truth which is He.

    Thank You Father that You are Emmanuel. GOD being with us never to forsake anyone.

    Father let Your Words be manifest that You have children other than those that is not of ourselves that You have revealed Yourself to through nature that screams out for Your glory to be manifest.

    For You are the ONE Trustworthy Witness.

    Blessed be You our Father to Whom belongs the Glory Grace Life adoption to being Your children in holiness and supplication to Truth.

    Bless Your
    Created beings with reverent knowledge of the greatness of You through the Spirit of Life in Wisdom and understanding of Your council to enable Life to sit on Your Right-hand, the position of a mighty hand, granted to those who You give to overcome sin. Sin is that which is done in self righteousness and being unjust to Your creation.

    ReplyDelete
  124. Die onverdraagsaamheid wat ek hier lees is net soos die onverdraagsaamheid tussen gelowe. Die oorsaak van al die oorloe wat in die wereld plaasvind.

    ReplyDelete
  125. satan weet sy tyd nader die einde...hy sal dalk sy bes doen om mense weg te hou van die dag...mag die Here gee dat hy ni slaag nie...dit help nie ons wil mekaar aanvat nie...

    ReplyDelete