Vir duidelikheid wil ek die volgende stel. Ek het geen probleem met oom Angus as persoon nie. Ek gee om vir hom en is baie besorg oor sy bediening en die rigting wat hy inslaan. Ek is baie besorg oor die kerk van Christus en die skade wat dwaling en vals lering doen. Ek dink oom Angus is 'n baie goeie en vriendelike mens. Ons sou heel moontlik baie goeie vriende kan wees as ons mekaar op vriendskaplike vlak leer ken. My probleem is met sy lering en praktyke wat ek onbybels vind. Alles gaan oor wat is die evangelie en wat is die enigste waarheid? Word 'n suiwer evangelie soos in die Bybel verkondig? Ek voel hierdeur mislei hy mense, wetend of onwetend. Ek dink hy handel in onkunde, maar hy is ook al deur verskeie Bybelse gelowiges genader om hom te waarsku en te vra om sy posisie te heroorweeg oor sekere sake. Hy is dus nie meer oningelig oor die sake nie en kies om daarmee voort te gaan.
As oom Angus vandag sou sê die "charismatiese beweging, "word of faith" en sogenaamde "apostels" en "profete" is valse leer val sy hele bediening plat. Sy bediening en die mense wat sy byeenkomste bywoon se geloof is gebou op die genoemde bewegings. Oom Angus sal nooit sê die bewegings is onbybels nie, want hy glo self in van die lering en praktyke. Daarom ondersteun hy mense soos Rick Joyner, Graham Power, Yonggi Cho, Kathryn Kuhlman, en baie soorgelyke leraars wat solied staan in die bewegings. Oom Angus se bediening en die "Mighty Men" byeenkomste bevorder buite Bybelse openbarings en ervarings , soos, doop met die Gees, profesieë, babbel tale, drome, visioen, "mysticism," "Hebrew roots," ens. Oom Angus sal nooit iets hieroor sê nie, want hy keur dit goed en as hy iets hieroorsou sê verloor hy die meeste van sy aanhangers.
My groot probleem met oom Angus en sy byeenkomste is dus charismatiese en "word of faith" dwalinge en nie hom as mens nie. Nog minder is dit teen sy poging om die evangelie te verkondig. Ek het wel 'n probleem met hoe hy die evangelie verkondig. Ek het al baie van sy byeenkomste lewendig gevolg soos "Sacred Assembly." Gaan lees my evaluasie van die byeenkoms hier. Ek vind sy evangelie aanbieding baie afgewater en oppervlakkig. Dit ontbreek aan die essensiële elemente van die evangelie in die Bybel. Ek vind dit is motivering-styl en emosionele opsweping. Ons almal loop die gevaar om ons hieraan, wetende of onwetende, skuldig te maak. Dit lei tot baie vals bekerings en "easy-believeism."
Verder het ek 'n probleem met sy onwilligheid om te luister en homself te onderwerp aan die Bybelse model van kerk - ouderlinge, leraars, herders en diakens (1 Timothy 3:1-16; Titus 1:1-2:15). Oom Angus is nêrens onderdanig aan 'n Christus-gesentreerde en Bybels-gefundeerde gemeente nie. Hy is 'n eiland op sy eie. Die Bybelse model is dat alle gelowiges deel moet wees van 'n plaaslike gemeente - of jy nou 'n president of 'n gewone werker is. Almal van ons moet onder die geklank van die Woord kom onder God-aangestelde strukture - ouderlinge, herders en gemeentes.
Mense het my al gevra wat ek met al die terme bedoel waarmee ek 'n probleem het. Hieronder is 'n lys van artikels wat ek al oor die onderwerpe geskryf het. Die artikels spreek die verskeie strominge aan waarmee ek 'n probleem het in oom Angus se bediening en die MMC beweging. Dit is goed soos, profesieë, babbel tale, buite Bybelse openbarings en ervarings, emosionalisme, ekstatiese ervarings, en 'n fokus op tekens en wonders (power evangelism). Die tipe ervarings is kenmerke van die charismatiese beweging en "New Apostolic Reformation."
Bestudeer die artikels sodat jy beter kan verstaan wat agter oom Angus se beweging sit.
1. Die Charismatiese beweging: 'n Groot bedreiging vir die evangelie in Suid Afrika.
2. What is the New Apostolic Reformation?
3. "Jesus Culture" en "Bethel Redding": Is jy seker dit is Jesus Christus die Here?
4. Is everything in the book of Acts normative for today?
5. Marks of the New Apostolic Reformation - NAR
6. A birds-eye overview of Pentecostalism/Charistmaticism vs the Reformation.
7. False Revival vs True Revival
8. Is die gawe van tekens en wonders nog vir vandag?
Thursday, March 9, 2017
Ter wille van meer duidelikheid oor oom Angus die volgende...
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Dit kom neer op glo jy Angus of die Bybel?
ReplyDeleteMath6: 5-8
5 “And when you pray, do not be like the hypocrites, for they love to pray standing in the synagogues and on the street corners to be seen by others. Truly I tell you, they have received their reward in full. 6 But when you pray, go into your room, close the door and pray to your Father, who is unseen. Then your Father, who sees what is done in secret, will reward you. 7 And when you pray, do not keep on babbling like pagans, for they think they will be heard because of their many words. 8 Do not be like them, for your Father knows what you need before you ask him."
Die Bybel sê: moenie in die publiek bid om gesien te word nie.
Eenheid is nie belangriker as waarheid. Ware eenheid kom agv buig voor die ware geestelike outoriteit JESUS (die LEWENDE WOORD). Angus kan nie die volk lei in ware aanvaarding van JESUS se autoriteit want hy is self nie gebuig voor JESUS: Hy sê: "one miracle is better than 500 sermons". Hy dink a "power display" is belangriker as die Woord aka Jesus (die lewende woord). Sonder waarheid en die aanbidding van die WARE JESUS kan daar geen eenheid wees nie, maak nie saak of die hele volk bymekaar kom nie.
Math24:24 "For there shall arise false Christs and false prophets and shall show many great signs and wonders, insomuch that, if possible, they shall deceive even the elect."
Angus se stage in Israel was erg beskadig deur n stormwind nadat hy die tweede "Pentecost" wou bring en noem dit "Holy Spirit Chaos": Terwyl die Babel sê: 1 Cor 14:33: "For God is not the author of confusions but of peace...." klink nie vir my soos die Heilige Gees nie!
Wie gee ons die reg om Angus te toets? Die Bybel! Inteendeel dis elkeen se verantwoordelikeheid om te toets en nie mislei te word nie:
1 John 4:1 "Dear friends, do not believe every spirit, but test the spirits to see whether they are from God, because many false prophets have gone out into the world."
Om 'n vals profeet wat nie die waarheid aanhang en respekteer nie, te plaas tussen ons en God kan net meer oordeel uitlok! (bestudeer self die bybel en meet Angus se lering daaraan) Wat ons nodig het is om ons knie te buig voor JESUS (die Lewende Woord), nie Angus Buchan. Dit kan jy doen enige plek as dit opreg is - God is alomteenwoordig - Hy sal dit sien! Inteendeel God sê Hy wat in die geheim sien sal jou vergoed in die openbaar!
Hi My Maat
ReplyDeleteEk dink regtig jy het die kat aan die gat beet hier jy moet weer jou bybel gaan lees.