Saturday, December 30, 2017

SENSASIE, die Christen en die INTERNET

Mens kan die sentrale boodskap van die Christelike lewe vanuit die Bybel soos volg opsom: dit is om God-gefokus, Christus-gesentreerd en Bybel-gebaseerd te leer en leef. Om alles in jou leer en lewe vanuit die wêreldbeskouing te sien en te doen. Of jy nou positiewe waarheid of weerlegging van die leuen doen, moet dit die basis en wêreldbeskouing wees waaruit jy dit doen.

RC Sproul het dit ook so opgesom: Recently a friend asked me in all earnestness, “What’s the big idea of the Christian life?” He was interested in the overarching, ultimate goal of the Christian life.

To answer his question, I fell back on the theologian’s prerogative and gave him a Latin term. I said, “The big idea of the Christian life is coram Deo. Coram Deo captures the essence of the Christian life.”

This phrase literally refers to something that takes place in the presence of, or before the face of, God. To live coram Deo is to live one’s entire life in the presence of God, under the authority of God, to the glory of God.

Die uitdaging hiervan aan ons is, "waarmee hou ons, ons besig" Waarop fokus ons? Hoe hanteer ons sake in ons lewe en rondom ons?

Wat dit vir my beteken is dat ons dinge wat openlik sigbaar is hanteer vanuit die Skrif alleen en waak daarteen om ons tyd en energie te mors op sake in die geheim waarvoor ons nie duidelike bewyse het nie.

Verder moet ons waak daarteen om deel te raak van die verspreiding van onbewysbare inligting wat die karakter en persoon van mense verdag maak terwyl daar nie duidelike bewyse is nie. Dit is 'n verbreking van die negende gebod.

Daarom moet ons baie versigtig wees om te fokus op stories wat eintlik net opeindig as skinderstories omdat daar geen bewyse is nie.

Die internet is 'n baie goeie ding wat gekom het met die moderne era. Skielik is inligting oop vir almal. Maar dit is ook net so negatief. Nou is skinderstories en elke tweede samesweringsteorie orals beskikbaar. En soos die mens nou maar is, geheime interesseer hom meer as openlike waarheid.

Elke tweede internet teoloog en entrepreneur het 'n eiertjie te lê oor alles. So raak 'n gedagte, 'n idee met 'n stertjie en later 'n artikel iewers op 'n internet-teoloog se website. En so versprei dit die wêreld in deur mense wat die hele tyd oor hul skouers loer vir nog 'n lekker storie.

Op die einde van die dag begin baie Christene se lewe en wat hulle skryf lyk soos die Huisgenoot. Vol sensasionele stories. Ons moet waak hierteen. Die vlees is lief hiervoor.