Saturday, October 31, 2020

Reformation Day 2020 | A single day changed the world

A single event on a single day changed the world. It was October 31, 1517. Brother Martin, a monk and a scholar, had struggled for years with his church, the church in Rome. He had been greatly disturbed by an unprecedented indulgence sale. The story has all the makings of a Hollywood blockbuster. Let’s meet the cast.

First, there is the young bishop—too young by church laws—Albert of Mainz. Not only was he bishop over two bishoprics, he desired an additional archbishopric over Mainz. This, too, was against church laws. So Albert appealed to the pope in Rome, Leo X. From the De Medici family, Leo X greedily allowed his tastes to exceed his financial resources. Enter the artists and sculptors, Raphael and Michelangelo.

When Albert of Mainz appealed for a papal dispensation, Leo X was ready to deal. Albert, with the papal blessing, would sell indulgences for past, present, and future sins. All of this sickened the monk Martin Luther. Can we buy our way into heaven? Luther had to speak out.

But why October 31? November 1 held a special place in the church calendar as All Saints’ Day. On November 1, 1517, a massive exhibit of newly acquired relics would be on display at Wittenberg, Luther’s home city. Pilgrims would come from all over, genuflect before the relics, and take hundreds, if not thousands, of years off time in purgatory. Luther’s soul grew even more vexed. None of this seemed right.

Martin Luther, a scholar, took quill in hand, dipped it in his inkwell and penned his Ninety-Five Theses on October 31, 1517. These were intended to spark a debate, to stir some soul-searching among his fellow brothers in the church. The Ninety-Five Theses sparked far more than a debate. The Ninety-Five Theses also revealed the church was far beyond rehabilitation. It needed a reformation. The church—and the world—would never be the same.

One of Luther’s Ninety-Five Theses simply declares, “The Church’s true treasure is the gospel of Jesus Christ.” That alone is the meaning of Reformation Day. The church had lost sight of the gospel because it had long ago papered over the pages of God’s Word with layer upon layer of tradition. Mere tradition often brings about systems of works, of earning your way back to God. It was true of the Pharisees, and it was true of medieval Roman Catholicism. Didn’t Christ Himself say, “My yoke is easy and My burden is light”? Reformation Day celebrates the joyful beauty of the liberating gospel of Jesus Christ.

What is Reformation Day? It is the day the light of the gospel broke forth out of darkness. It was the day that began the Protestant Reformation. It was a day that led to Martin Luther, John Calvin, John Knox, and many other Reformers helping the church find its way back to God’s Word as the only supreme authority for faith and life and leading the church back to the glorious doctrines of justification by grace alone, through faith alone, in Christ alone. It kindled the fires of missionary endeavours, it led to hymn writing and congregational singing, and it led to the centrality of the sermon and preaching for the people of God. It is the celebration of a theological, ecclesiastical, and cultural transformation.

So we celebrate Reformation Day. This day reminds us to be thankful for our past and to the monk turned Reformer. What’s more, this day reminds us of our duty, our obligation, to keep the light of the gospel at the centre of all we do.

This article is placed with permission by Ligonier Ministries. The original article was titles:  What Is Reformation Day? and can be viewed on their website.

Monday, October 26, 2020

Stephan Joubert se onbybelse siening van God se soewereiniteit

In 'n onlangse skrywe deur Stephan Joubert op e-Kerk se webtuiste sê hy,

“Daardie idees dat alles met ’n rede gebeur en dat alles vooruit bepaal is, kom uit die Griekse mitologie. Zeus en sy drie helpergodinne, bekend as die Moirae, het presies so opgetree.”

Daar is twee groot probleme met Stephan Joubert se skrywe aangaande God se soewereiniteit wat indruis teen die Bybel en ons gereformeerde belydenis. Dit is 'n baie ernstige aanklag dat Stephan Joubert impliseer dat God se soewereiniteit vergelyk kan word met Griekse mitologie.


Eerstens, met sy skrywe ontken Stephan Joubert God se soewereiniteit in alle sake, van die kleinste tot die grootste. Die vrae wat ons moet vrae is: “Is daar dinge en plekke buite God se beheer? Wat beteken God se soewereiniteit?”


“There is no maverick molecule if God is sovereign. If He cannot control the tiniest bits of the universe, then we cannot trust Him to keep His word.”

Ons glo dat God, nadat Hy alle dinge geskep het, dit nie laat vaar of aan die toeval of geluk oorgegee het nie (Johannes 5:17; Hebreërs 1:3) maar dit volgens sy heilige wil so bestuur en regeer dat in hierdie wêreld niks sonder sy beskikking gebeur nie (Psalm 115:3; Spreuke 16:1; Spreuke 16:9; Spreuke 16:33; Spreuke 21:1; Klaagliedere 3:37-38; Efesiërs 1:11-12; Jakobus 4:13-15; NGB Artikel 13). Met ander woorde, die Bybel leer dat God alles, van die beweging van die kleinste molekule tot die grootse wêreldgebeurtenis, voorbeskik het in Sy raadsplan en dat Hy seker maak dit gebeur dienooreenkomstig. Alles is deur God beskik om te gebeur ooreenkomstig Sy eie wil en nie gebaseer op die vooruitskouing van menslike keuses nie. Alle gebeurlikhede word deur God bestuur sodat alle keuses, goed en sleg, gemaak word ooreenkomstig Sy raadsplan sonder dat die mens van ‘n vrye keuse ontneem word. Ons praat dus nie hier van absolute vrye wil nie maar eerder van beperkte vryheid binne God se raadsplan. Mense maak keuses binne die raamwerk van God se wil sodat Sy raadsplan uitgevoer sal word. Op die einde van die dag is die Bybel glashelder en eenvoudig, "Voor die begin van tyd het God, vrylik deur Sy heilige wil en vir Sy eie eer, besluit en alles wat gebeur in plek gestel. Niks hiervan kan verander of teengewerk word nie" (Westminster Confession Chapter III).

Dit bring natuurlik die vraag by ons op, “Is God dan die outeur van sonde?” Gewis nie, dit bely ons in ons gereformeerde belydenisskrifte (NGB Artikel 13). God is nie die outeur van sonde nie. Maar hoe God alles beskik en laat gebeur sonder dat Hy ooit skuldig is aan enige sonde of boosheid maak Hom juis God en vêr bo ons verstand. Dit bely ons soos volg in ons gereformeerde belydenis, “Sy mag en goedheid is immers so groot en onbegryplik dat Hy sy werk baie goed en regverdig beskik en uitvoer, selfs al handel die duiwels en goddelose mense onregverdig” (Job 1:21; Jesaja 10:5-7; Jesaja 45:7; Amos 3:6; Handelinge 2:23; Handelinge 4:27-28). Daarom moet ons ook nie, gedryf deur nuuskierigheid, verder ondersoek instel na God se handelinge wat bo ons menslike verstand is nie.

Ons moet met blydskap aanvaar en bely dat God gans anders is en Sy weë nie volledig gepeil kan word nie. As gelowiges moet ons aanvaar daar is ‘n grens waar ons nie God se soewereiniteit presies kan verklaar nie maar dit beteken nie dit is nie waar nie (Deuteronomium 29:29). Deur die geloof wat God in ons gewerk het deur die wedergeboorte sien ons dit in die Skrif en glo ons dit omdat God so sê. Ons buig in nederigheid voor Hom neer as die onsienlike, alwyse, onfeilbare, onpeilbare, en soewereine God (1 Timotheüs 1:17; Romeine 11:33-34). Soos Paulus skryf, “Wie het iets aan Hom gegee dat Hy dit sou moes vergoed? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge” (Romeine 11:35-36).

Ons is dus tevrede daarmee dat ons dissipels van Christus is om slegs te leer ken wat Hy aan ons in sy Woord geopenbaar het, sonder om die grense daarvan te oorskry (1 Korintiërs 4:6). Die leer van God se soewereiniteit is ‘n groot troos vir ons as gelowiges aangesien niks buite God se beheer staan en aan toeval oorgelaat is nie. As ons goeie Hemelse Vader heers God oor elke molekule, en beskik Hy oor elke keuse, sodat geen haar van ons kop val en geen mossie sterf sonder dat Hy daaroor beskik het nie (Mattheus 10:29, 30).


Tweedens, Stephan Joubert beperk God se soewereiniteit tot menslike keuses en ruimtes. Hy sê,

“Daarom kan ek kies om Hom te dien. Of nie. Daarom moet ek reg kies. Dan eers kan ek bely dat my tye in Sy hand is.”

Hierdeur impliseer Stephan dat iemand se lewe eers in die hand van God is as hy God kies. Dit beteken daar is ruimtes en keuses buite God se wil waaroor Hy nie beheer het nie. Dit beteken ook God is afhanklik van menslike keuses om Sy raadsplan uit te werk. Die stelling herinner mens aan die tipiese vrye-wil teologie van die Arminiane waar God afhanklik is van menslike keuses om Sy wil uit te voer. Dit impliseer ook dat God se wil teengestaan kan word.

Die Skrif leer egter dat God se raadsplan nie teengestaan kan word nie en tot uitvoering sal kom in die fynste besonderhede (Job 42:2; Jesaja 46:9-13). Elke mens se hart is soos 'n waterstroom in God se hand (Spreuke 21:1). God gebruik omstandighede om dit te lei ooreenkomstig Sy welbehae. Daar is nie 'n ruimte, hoe klein ook al, waar God nie teenwoordig en in beheer is nie (Psalm 139:1-16). Elke keuse wat deur 'n gelowige of ongelowige gemaak word, goed of sleg, was deur God voorbeskik om Sy goeie wil uit te werk. God bestuur alle gebeure op so manier dat Hy nooit skuldig is aan sonde, of dat die mens 'n robot is nie, terwyl Hy presies bepaal wat sal gebeur. Terwyl die mens vrylik kies om te sondig, is God honderd persent in beheer en bestuur Hy elke gedagte, begeerte en keuse om Sy voorafbeskikte raad uit te werk. Die wil van God is egter onveranderd en is voor die grondlegging van die wêreld vasgelê deur Hom (Efesiërs 1:11; Jesaja 46:9-11).

God pas ook nie aan by omstandighede met die verloop van tyd nie. Hy het nie 'n plan B wat verander na gelang van omstandighede nie. Jesus was bv. nie 'n plan B nadat God se plan A gefaal het nie. Die siening staan bekend as “Open-Theism.” Dit het populêr geword in die 90s en poog om ‘n gee-en-neem verhouding tussen God se soewereiniteit en die menslike wil te bewerkstellig. John Frame weerlê die siening in die artikel. As ek Stephan Joubert se skrywe reg verstaan dan neig dit baie hierna – “Daarom moet ek reg kies. Dan eers kan ek bely dat my tye in Sy hand is.” Stephan beskou die klassieke gereformeerde siening van God se soewereiniteit as fatalisme – “Dit is fatalisties, want dit verander God tot die Outeur van alles wat sleg is.” Die Bybel probeer nie ‘n verskoning maak vir die enigste lewende God “WAT IS” nie. Toe Moses vir God vra, "wat moet ek vir die mense sê wie is U," was God se antwoord eenvoudig, “EK IS” (Eksodus 3:14). God alleen is die bron van alles sonder dat Hy die Outeur van sonde is – “Want deur Hom leef ons, beweeg ons, bestaan ons” (Handelinge 17:28). Hy gee en neem lewe (Job 1:21; 1 Samuel 2:6). Die mens wik maar God beskik (Spreuke 16:1-9). Job se verhaal is ‘n klassieke voorbeeld van die uitwerking van God se wil.

Goeie voorbeelde van God se onveranderde raadsplan is die val van Satan, die sondeval van die mens, die kruisiging van Jesus onder Pontius Pilatus, die verloëning van Jesus deur Judas, en Josef se wegvoer na Egipte. Al die gebeure is deur God voorbeskik en het gebeur omdat God seker gemaak het dit gebeur presies soos Hy dit gewil het. 'n Gebeurtenis soos Jesus se kruisiging en die verloëning deur Judas was selfs lank voor die tyd al voorspel in die Bybel. Wie het seker gemaak dit gebeur presies soos dit voorspel was? Wie het seker gemaak dat Pontius Pilatus Jesus sou kruisig? Wie het seker gemaak dat Judas Jesus sou verloën sodat die Skrif vervul kan word? Was daar 'n kans dat Jesus nie gekruisig sou word en Judas anders sou kies? Nee, God het dit beskik daarom sou dit gebeur. Nie weens toeval nie, maar deur God se wil. Al het Pontius Pilatus gekies om Jesus te kruisig, was dit God wat dit beskik en bestuur het om te gebeur ooreenkomstig Sy raadsplan sonder dat Hy ooit skuldig was aan sonde.

God het alle dinge vooraf beskik: goed en kwaad, val en verlossing, die slawerny en die uittog uit Egipte, rebellie en bekering. God het die wat gered sou word voor die grondlegging van die wêreld bestem daartoe (Openbaring 13: 8), wat beteken dat hy ook die sondeval moes voorbeskik het. Hy het sondige keuses beskik soos die verkoop van Josef (Genesis 50:20), die verharding van Farao se hart (Eksodus 4:21), die Dawidiese volkstelling (2 Samuel 24: 1), die Assiriër (Jesaja 10: 5-19) en Babiloniese invalle (Habakuk 1: 5-11), en die grootste van almal, die kruisiging van sy eie Seun (Handelinge 4:26-28). Nie net dit nie, maar die Bybel is duidelik dat selfs die rol van die dobbelsteen deur God bepaal word (Spreuke 16:33), en dat God alles doen wat hy wil (Psalms 115: 3).

Dan is daar natuurlik nog belangrike Ou-Testamentiese frases soos “Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?” (Klaagliedere 3:38), “Die goeie wat van God kom, die aanvaar ons, maar die slegte – moet ons dit nie ook aanvaar nie?” (Job 2:10), “Ek is die Here wat voorspoed bewerk en onheil skep” (Jesaja 45:7), en “As daar teenspoed in ‘n stad is, het die Here dit nie gedoen nie?” (Amos 3:6), om nie eens te praat van die allesomvattende “Een wat alles volgens Sy wil en raad laat gebeur” nie (Efesiërs 1:11). Die Skrif praat herhaaldelik van 'n God wat alle dinge orden, insluitend alle menslike keuses, hetsy goed of sondig.

Lees gerus die Heidelbergse Katigusmus Sondag 9 en Sondag 10, die Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 13 en Artikel 14, en die Westminster Confession Hoostuk 3 (blaai of tot by hoofstuk 3) vir 'n Bybelse uitleg van God se raad en soewereiniteit.

Verdere leestof: