Hierdie is ons vierde uitgawe in ‘n reeks artikels oor Gereformeerde Onderwys. In die uitgawe wil ons meer praktiese aspekte van Gereformeerde Onderwys, en dan spesifieke vrae rondom Gereformeerde Onderwys wat gereeld opduik, aanspreek.
Tot dusver het ons in die vorige drie artikels gesien dat die kweek van ‘n gereformeerde wêreldbeskouing noodsaaklik is vir die opvoeding van ons kinders ooreenkomstig ons doopbelofte, dat ‘n skool wat nie ‘n Christelike wêreldbeskouing in sy vakinhoud na vore laat kom nie, nie kan meewerk in die vestiging van die korrekte wêreldbeskouing nie, en dat die ouers primêr verantwoordelik is vir die opvoeding van die kinders, maar dat hulle twee hulpmiddele tot hulle beskikking het, naamlik die kerk en die skool.
Vervolgens wil ons begin aandag gee aan die meer praktiese aspekte van gereformeerde onderwys, en spesifieke vrae rondom gereformeerde onderwys wat gereeld opduik, beantwoord. Daar moet natuurlik in gedagte gehou word dat aspekte van skool tot skool kan verskil, maar die breë beginsels sal steeds dieselfde bly. Van hierdie algemene vrae is die volgende:

- ‘n Gereformeerde skool se skoolfonds is meer as die ander skole in die omgewing. Moet ek nie maar net my kinders na die naaste goedkoper skool toe stuur nie?
- Word kinders by ‘n gereformeerde skool nie ten nadele beskerm teen die wêreld nie? Ons moet mos nie wegkruip van die wêreld en onsself toesluit in kloosters nie?
- My kind leer mos van die Here by die huis en die kerk. Hoekom moet hy nog by skool ook by die skool van die Here leer – die skool se fokus is mos op akademie, sport en kultuur?
- Dis nie vir my kind nodig om al die kerk se dogmas op skool te leer nie. Hoekom moet hy dan na ‘n gereformeerde skool toe gaan?
- Ek is bang dat my kind nie al die geleenthede kry wat hy andersins sou kry by ‘n staatskool nie. Wat doen die gereformeerde skool daaraan?
Kom ons beantwoord hierdie vrae een vir een. Heelwat van die bespreking hieronder sluit aan by wat in die vorige artikels gesê is, gaan kyk gerus weer na hulle.
1. ‘n Gereformeerde skool se skoolfonds is meer as die ander skole in die omgewing. Moet ek nie maar net my kinders na die naaste goedkoper skool toe stuur nie?
Die ekonomiese realiteit is ongelukkig baie maal ‘n struikelblok vir mense wat hulle keer om hulle kinders in gereformeerde skole te sit. ‘n Begroting gaan uiteindelik tog net só ver. Verder is dit ook so gereformeerde skole gewoonlik kleiner is as staatskole, en minder (of geen) staatsubsidies ontvang nie. Dit lei natuurlik tot hoër skoolfonds. Meeste gereformeerde skole ontvang egter wel fondse van gemeentes, en sommige het selfs hulpfondse of beurse om gesinne by te staan waar nodig. Hierdie is ook ‘n area waar meer gemeentes of lidmate hande kan vat om beurse in plek te stel.
Die finansiële rede moet egter nie die hoofrede wees waarop ‘n skool gekies word nie, vir die redes wat hieronder ook duidelik sal word, sowel as die redes in die vorige artikels genoem. Verder moet sogenaamde appels met appels vergelyk word: baie maai is die skoolfonds slegs een aspek van die totale koste van onderwys, met skoolklere, skryfbehoeftes en dies meer wat verdere kostes beloop. Maak seker hoe vergelyk die totale kostes teenoor mekaar, en baie maal sal dan gevind word dat die prysverskil nie so baie is nie, of dat die gereformeerde skool se kostes laer is as diè van die staatskool.

2. Word kinders by ‘n gereformeerde skool nie ten nadele beskerm teen die wêreld nie? Ons moet mos nie wegkruip van die wêreld en onsself toesluit in kloosters nie?
Gereformeerde onderwys kruip nie weg vir die wêreld nie, en die doel van gereformeerde onderwys is nie om ons kinders teen al die sonde in die wêreld te beskerm nie. Sulke beskerming is wel een van die voordele van gereformeerde onderwys. Net soos wat ek ‘n klein boompie wat pas geplant is nie in die volle son los nie, maar hom beskerm en skaduwee gee totdat hy groot genoeg is, so het ons kinders besondere beskerming en beskutting nodig terwyl hulle jonk is.
Ons en ons kinders is immers in die wêreld, maar nie van die wêreld nie. Jesus het tog gebid: “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar” (Joh 7:15).
Gereformeerde onderwys se doel is om kinders in die verbond – die verhouding – met die Here groot te maak en op te voed, ‘n verhouding wat nie beperk is tot Sondag nie, maar wat elke aspek van ons lewens deursypel.
Met ander woorde, akademie kan nooit losstaan van die Here nie – dit is immers Hy wat die wiskundige reëls ingestel het, die geskiedenis rig, die aarde, plante en mense met ons tale geskep het en steeds onderhou, en wat selfs vir ons die beginsels gee oor hoe om besigheid te bedryf.
Wat die gereformeerde skool wel doen, is om die Bybel, soos uiteengesit in ons gereformeerde belydenisskrifte, die fondament van alle vakinhoud te maak, want sonder die lig van God se woord bly ons kennis duister. Soos vantevore bespreek bepaal hierdie inhoud ons leer en lewe. Ons leer vloei tog oor in ons lewe, die twee is onlosmaaklik van mekaar verwikkel.
Die fokus in staatskole is normaalweg om die kind te help om sy/haar beste potensiaal te bereik. Dit klink edel en reg, en ons kan in ‘n groot mate hiermee saamstem. Die klem by gereformeerde onderwys is egter anders, naamlik om die kind te help om sy/haar Godgegewe talente tot eer van die Here te gebruik. In die gelykenis van die talente (Mat 25:14-30) word juis dié slawe wat met hulle talente gewoeker (voordelig ingespan) het geprys, terwyl die slaaf wat sy talent gaan begrawe het, gestraf word. Daar is dus ‘n verskuiwing in klem, wat dalk klein mag lyk, maar tog baie belangrik is.
Gereformeerde skole kom al baie jare – enkeles is al meer as veertig jaar oud. Oor daardie tyd het baie kinders deur die skole beweeg, en telkens mag mens God se seënende hand op die skoolopvoeding sien. Oor die algemeen is die kinders goed aangepas in hulle verdere omgewings, en staan hulle nêrens terug vir ander kinders nie. Inteendeel, hulle is normaalweg beter toegerus om die aanslae van die wêreld te herken en te weerstaan, juis omdat hulle opvoeding op die vaste fondament van die Woord berus.
Ons hoop dat hierdie artikel sommige van die mees knellende vrae kon antwoord. Indien u verder wonder, vra gerus u naaste gereformeerde skool vir ‘n gesprek, of gesels met ouers wie se kinders in ‘n gereformeerde skool is of was.
DV in ons laaste artikel wil ons kyk na praktiese maniere hoe saamgewerk kan word om gereformeerde onderwys uit te bou en te bevorder, selfs al het jy nie self meer kinders op skool nie.

3. My kind leer mos van die Here by die huis en die kerk. Hoekom moet hy nog by skool ook by die skool van die Here leer – die skool se fokus is mos op akademie, sport en kultuur?Soos vantevore genoem, regeer die Here ons hele lewe. Sonder Hom is niks moontlik nie. Daarom leer ons “Kennis begin met die dien van die Here” (Spr 1:7), en ook “In U lig, sien ons die lig” (Ps 36:10). Dit is slegs in die lig van Here se woord dat kennis enigsins begin sin maak. Alle opvoeding is tog immers vir of teen Christus, daar is nie iets soos neutrale opvoeding nie. Die opvoeding in staatskole is beslis nie neutraal nie – die hand van God word misken. Dink bv. aan wat hoërskoolkinders geleer word ten opsigte van die vigs-pandemie – dis nie ‘n probleem weens ‘n gebrek aan opvoeding nie, maar eerder ‘n morele probleem.
Met ander woorde, akademie kan nooit losstaan van die Here nie – dit is immers Hy wat die wiskundige reëls ingestel het, die geskiedenis rig, die aarde, plante en mense met ons tale geskep het en steeds onderhou, en wat selfs vir ons die beginsels gee oor hoe om besigheid te bedryf.
4. Dis nie vir my kind nodig om al die kerk se dogmas op skool te leer nie. Hoekom moet hy dan na ‘n gereformeerde skool toe gaan?‘n Gereformeerde skool se doel is nie in die eerste plek om die kerklike dogmas aan die kinders te leer nie. Die vakinhoud sal wel vanuit sekere dogmatiese beginsels opgestel word, maar die leerstellings van die kerk self (bv. die inhoud van die Heidelbergse kategismus) word normaalweg nie in gereformeerde skole hanteer nie.
Wat die gereformeerde skool wel doen, is om die Bybel, soos uiteengesit in ons gereformeerde belydenisskrifte, die fondament van alle vakinhoud te maak, want sonder die lig van God se woord bly ons kennis duister. Soos vantevore bespreek bepaal hierdie inhoud ons leer en lewe. Ons leer vloei tog oor in ons lewe, die twee is onlosmaaklik van mekaar verwikkel.
5. Ek is bang dat my kind nie al die geleenthede kry wat hy andersins sou kry by ‘n staatskool nie. Wat doen die gereformeerde skool daaraan?Dit is natuurlik so dat gereformeerde skole baie maal kleiner is as staatskole. Dit beteken egter glad nie dat die kinders in daardie skole hoef terug te staan vir kinders in staatskole, of dat sulke kinders beter (en meer) geleenthede het nie. As ons daardie argument tot sy logiese konklusie wil neem sal ons almal verplig moet wees om ons kinders in die heel duurste privaatskole te sit waar hulle die meeste “geleenthede” sal kry.