Soms as ek na mense luister wil dit my voorkom asof hulle nie die evangelie reg verstaan nie. Ek probeer nie myself op 'n verhoog plaas as iemand wat die Bybel perfek ken nie. Tog wil ek verduidelik wat ek glo die Bybel leer wat die evangelie aangaande Christus is. Om gered te wees beteken dat iemand 'n geestelike openbaring gekry het deur die Heilige Gees van die kern van die evangelie. Daarsonder kan reddende geloof nie bestaan nie. Geloof is nie leeg nie, dit het inhoud en daarom is 'n goeie begrip begrip van die kern van die evangelie baie belangrik.
God het die eerste mense (Adam en Eva) geskep; perfek, sondeloos en met die wil en krag om Hom lief te hê en te behaag. Hulle was vry en kon uit hul eie vrye wil Hom gehoorsaam en liefhê. Hy het hulle met al die vermoë geskep om Hom lief te hê en Sy gebooie te gehoorsaam. Satan het die eerste mense met 'n leuen versoek om soos God te wees en nie hul behae in Hom alleen te vind nie. Hulle het Sy heerlikheid gesteel en verruil vir hul eie. Hulle het vir die versoeking geval en so gesondig. Die gevolg van die val was dat hulle geestelik gesterf het en hul natuur verdorwe geraak het. God was diep verneder deur die leuen wat die eerste mens geglo het. Hy is heilig en moes dit straf. Hulle is verban uit die teenwoordigheid van God. Hulle is afgesny van die lewe van God en die Gees het hul harte verlaat. Nie meer sou hul begeerte en verlange na God alleen wees nie, maar na die sonde. Hulle het deur na die Satan te luister onder sy mag gekom. Hy het hul meester geword. Hulle is deur hom verblind. Hulle het slawe van sonde geword wat nou in hulle woon. Alle kinders wat deur hulle gebore is, het dieselfde korrupte natuur geërf en is onder dieselfde slawerny gebore. Deur hulle het die hele mensdom gesondig en is daar niemand wat geregtig is in die oë van God nie. Die mens se beste werke is met die vlees besoedel en is verwerplik en onheilig voor God. Deur hul daad van sonde is die hele mensdom in geestelike doodsheid en vleeslikheid gedompel. Geen onheilige vlees kan voor God staan of in Sy teenwoordigheid wees nie. Die siel van die mens is geestelik dood en sonder die Gees van God.

God het die reg gehad om die hele mensdom te verwerp tot die ewige straf van die hel. Tog is die wêreld Sy skepping en dis nie in God se aard om die werke van Sy hande te verlaat nie. God is nie soos die mens nie. God is liefde. God is goed. Hy is getrou ten spyte van ons onbetroubaarheid. Daarom het God weens Sy liefde vir Sy skepping besluit om sy Seun te gee as soenoffer. Iemand moes betaal en gestraf word vir die onreg van die mensdom. Die Seun van God het dit op Homself geneem om die vloek en woede van God te dra.
Die Seun se naam is Jesus Christus, Emmanuel, God met ons en Verlosser. Hy was ewiglik en het geen begin en einde gehad nie. Hy het van ewigheid af in heilige drie-eenheid saam met die Vader en die Heilige Gees bestaan. God as drie-enige God, drie unieke Persone, al drie gelyk as een God saamgebind. In God drie-enig se ewige raadsplan het Hy besluit dat Sy Seun mens sal word en die menslike liggaam sal opneem om te kom herstel wat die mens in die liggaam gedoen het. Jesus is deur 'n maagd gebore deurdat die Heilige Gees deur 'n bonatuurlike wonderwerk Jesus in die baarmoeder van Maria geskep het. Jesus kon nie deur 'n aardse Vader verwek word nie anders sou Hy dieselfde korrupte natuur erf as die mens. God moes Sy Vader wees sodat Hy heilig en sondeloos kon wees. Die Seun het as die perfekte sondelose God-mens ten volle aan God se wet gehoorsaam geleef sonder om enige sonde te doen of te ken. Deur Sy sondelose lewe het Hy alle geregtigheid vervul wat God van die eerste mense verwag het en wat hulle nie gedoen het nie. Hy het die lewe kom leef wat God beplan het met Adam en Eva. Hy is die tweede Adam wat alles herstel wat die eerste Adam verwoes het. Hy het die Adam-geslag op Hom geneem toe Hy 'n mens geword het.
Die straf van sonde is die dood. Iemand moes sterf vir die mensdom. Maar die Persoon moes ook sondeloos en heilig wees anders beteken die offer niks. Jesus Christus, self ook God, het God in die vlees geword en was heilig en sondeloos. Slegs Hy kon die prys betaal wat nodig was om die mensdom te red van die ewige verdoemenis wat hulle verdien. Jesus is gehaat deur die mense van Sy tyd omdat Hy heilig is en die mensdom sondig is en die heiligheid van God haat. Dit bedreig hulle. Jesus is deur 'n onregverdige leuen ter dood veroordeel deur die mense van Sy tyd bloot omdat hulle Hom gehaat het. Hy het niks verkeerd gedoen nie. Jesus het net goed gedoen vir die mense van sy tyd. Die regter kon Hom nie skuldig vind nie. Hy is onskuldig en onregverdig vermoor sodat Hy deur die gruwelike dood aan die kruis die sondes kon dra en so die vloek en las van die mensdom se sonde kon wegvat wat hulle gepleeg het vanaf die skepping van Adam en Eva. Dit sou ook niks help as Jesus dood bly nie. Hy moes die oorwinning oor die sonde voltrek deur die dood te oorwin, wat die mens al die eeue in vrees vaspen. Hy het uit die dood oopgestaan. God het nie die eerste Adam geskep om te sterf nie, maar ewiglik te leef. Jesus het deur Sy dood en opstandig die dood oorwin om weer aan die mens die ewige lewe te skenk. Almal wat een met Hom is sal die ewige lewe as geskenk ontvang. Hulle sal ewiglik saam met Hom leef op die nuwe hemel en aarde wanneer Hy weer terugkom om hulle te kom haal.
Hoe word die ons deel van die geregtigheid van Jesus sodat ons die ewige lewe kan ontvang?
Deur die wedergeboorte. Mense wat wedergebore word deur God se genade deur die Gees, word deur geloof verenig met Jesus verewig. Hul ou sondige hart word deur 'n geestelike hartoorplanting verwyder en met 'n nuwe hart vervang wat weer behae in God alleen vind. Die nuwe hart begeer en smag weer na God. Die mens het weer God as sy Maker lief. God skenk deur die wedergeboorte die geloof aan sondaars om in Jesus alleen te vertrou vir hul geregtigheid. Wat moet ons doen? As ons die evangelie hoor en verstaan, ons sonde besef en berou daaroor het, verstaan dat Jesus daarvoor gesterf het, moet ons bekeer. Ons kan nie in sonde aanhou leef as ons weet dit het Jesus sy lewe gekos nie. Ons kan nie daarin aanhou leef as ons weer God is heilig en haat sonde nie. Ons moet na Jesus hardloop en Hom aangryp en voor Sy voete neerval en vir genade pleit. Ons moet met berou bely dat ons weet ons het gesondig en Hom vra om ons skoon te was met Sy bloed wat vir ons onreinheid gevloei het sodat ons die geregtigheid van God kan ontvang as gawe. Deur sy wonde en gebreekte liggaam het daar vir ons genesing van die skuld en heerskappy van sonde gekom. Ons moet Jesus vra om ons geestelik te genees van die oordeel en mag van die sonde. Die Bybel sê Hy wys niemand weg wat op die manier na Hom kom nie. Die Bybel sê ook Hy is getrou en regverdig en sal ons ewiglik al ons sondes vergewe. Hy skenk ons dan uit vrye genade die ewige lewe en maak ons deur die Heilige Gees een met Hom. Sodoende raak ons deel van die liggaam van Christus en word aangeneem as kinders van God deur die Vader.
Jesus het die wet perfek gehou sonder enige sonde om alle geregtigheid te vervul namens my omdat ek nooit die wet volkome sal kan hou nie. Sodra ek in Hom ingeënt word deur die Gees, word my skuld op Hom geplaas en Sy heiligheid en geregtigheid word myne. Daar vind 'n ruil transaksie plaas. My skuld rekening word vereffen met die krediet van Sy sondelose lewe, dood en opstanding. Op my rekening staan daar "PAID." Ek het nie meer skuld nie. Ek word wit gewas soos sneeu deur Sy bloed. Dis nie al nie. Verder staan ek dan onder Hom soos onder 'n sambreel. Sy geregtigheid en heiligheid staan ewiglik oor my. Ek is nie perfek nie en ek sondig nog. Nie uit gewoonte nie, maar as ek glip. Ek wil Hom behaag en het Hom lief maar ek vaal nog. Maar my hele lewe word na die wedergeboorte onder die sambreel geleef van Sy heiligheid, geregtigheid en verdienste. Aan die kruis het Hy die woede van die Vader oor my sonde EENS en VERALTYD versadig. Dit is verby. "IT IS FINISHED." Hy is my "covering." Sou ek per ongeluk sondig, gaan ek die hemel binne weens Sy heiligheid en geregtigheid, nie weens myne nie. Sy verdienste begelei my die hemel in en nie myne nie. Daarom kan ek 'n sekonde na ek gesondig het die hemel binnegaan, want Hy oor my. Sy geregtigheid en heiligheid is my kleed. God sien my deur Sy seun. Ek behaag nie die Vader deur my werke nie, maar deurdat Hy sy Seun in my sien. Aan die deurkosyn van my hart is die bloed van die Lam ewiglik geverf. Die doodsengel gaan my verby. Dit is Sy geliefde Seun in wie Hy 'n welbehae het. Nie in my nie. Die Vader is besonder tevrede om Sy Seun in my te sien. Dis al hoe ek in die hemel kom. Dit beteken nie ons mag nou 'n gewoonte van sonde maak nie. Hoe kan ons dit doen as ons weet dit het Sy dood gekos en dat God heilig is en sonde haat. Alhoewel ons vry is moet ons strewe na perfektief en heiligheid. Die Christen se hele lewe is 'n pad van heiligmaking. Dis 'n daaglikse stryd teen die sonde en die wêreld se dinge. Ons het dit nou verlaat en is nou vrygemaak. Ja, ons vaal nog, maar dis nie ons doelwit nie. Ons doelwit is 'n heilige lewe in gehoorsaamheid aan die wet van God. Ons strewe en verlang daagliks om Sy gebooie te hou. Die Gees wat nou in ons woon stel ons kragdadig in staat om 'n heilige gehoorsame lewe te leef. 'n Christen is iemand wat sonde haat en nie 'n behae daarin het nie. Ons daaglikse lewe is nou 'n lewe in Christus.