Dit is die tweede keer dat die Gereformeerde kerk die NGK se besluit oor homoseksualiteit kritiseer (met baie goeie rede) - kyk Klassis Moot van GKSA oor NGK homo-besluit.
************
Vreemde Skrifhantering rondom besluit van die NGK
Aktualiteit
Die radikale en omstrede besluit van die NG Sinode oor die toelating van praktiserende ho mo seksuele tot al die dienste in die kerk, inslui tende dié van predikant, asook die kerklike “be vestiging” van burgerlike verbintenisse tussen men se van dieselfde geslag, sal nog lank (en waar skynlik wêreldwyd in Gereformeerde kringe) ge debatteer word. Die besluit raak myns insiens die hart van die Gereformeerde teologie, naamlik ons beskouing en hantering van die Skrif en ook die hart van kerkwees in die wêreld.
Skrifbegronding
In Die Kerkblad van November het ons dit gestel dat die eerste en belangrikste vraag is of daar enige (en indien wel, watter) Skrifbegronding vir die besluit is. Die amptelike redaksie van die sinode besluit werp ongelukkig nie lig op hierdie vraag nie. Trouens, in die sinodebesluit word nie na een Skrifgedeelte verwys nie. Die naaste verwysing na die Skrif vind ons in die woorde dat die besluit “die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan”, is.
In Die Kerkblad van November het ons dit gestel dat die eerste en belangrikste vraag is of daar enige (en indien wel, watter) Skrifbegronding vir die besluit is. Die amptelike redaksie van die sinode besluit werp ongelukkig nie lig op hierdie vraag nie. Trouens, in die sinodebesluit word nie na een Skrifgedeelte verwys nie. Die naaste verwysing na die Skrif vind ons in die woorde dat die besluit “die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan”, is.
Vreemde Skrifhantering
By diegene wat ná a oop van die Sinode die besluit verdedig en regverdig, vind ons egter myns insiens ’n hantering van die Skrif wat nie net vreemd is aan ons Gereformeerde Skrifbeskouing nie, maar selfs in stryd daarmee.
By diegene wat ná a oop van die Sinode die besluit verdedig en regverdig, vind ons egter myns insiens ’n hantering van die Skrif wat nie net vreemd is aan ons Gereformeerde Skrifbeskouing nie, maar selfs in stryd daarmee.
• Die sogenaamde anti-gay tekste
Daar is tekste in die Bybel wat op die oog af die praktyk van homoseksualisme in duidelike taal ver oordeel en ook in die verlede so verstaan is (vgl. o.a. Gen. 19 oor Sodom en Gomorra; Lev. 18:22 en 20:13; Rom. 1:18-32; 1 Tim. 1:9, 10). Hier die tekste word nou deur verdedigers van die NG Kerk se besluit verklaar asof dit in ’n bepaalde konteks gegee is en nie vandag meer geldig is nie.
So verklaar ds. Danie Mouton (Rapport, 18 Oktober): “Verskeie gesaghebbende teoloë meen die Bybeltekste wat homoseksualiteit afwys, verwys nie na kernhomoseksualiteit soos ons dit vandag ken nie. Dit het eerder met tempelprostitusie, dade van vernedering en ander kultureelbepaalde praktyke te doen.”
André van Niekerk (ek meen hy is ook ’n NGdominee) pleit ook daarvoor dat ons hierdie teks te in hulle konteks moet verstaan (Beeld, 21 Oktober). Dan “word gevind dat dit eerder hier oor minagting van vroue, verkragting van vyande en uitbuiting van jong mans gaan”.
Ons het hier myns insiens met ’n Skrifkritiese han tering van die Skrif te doen, wat op kontekstualistiese wyse met die Skrif omgaan en die Bybel nie meer as Woord van God hanteer nie. Volgens ons Gereformeerde Skrifbeskouing is die Skrif gesagvol en ons as gelowiges het die verant woordelikheid om met groot omsigtigheid en op goeie wetenskaplike gronde en metodes die bete kenis en toepassing van die Skrif te verstaan. Die uitleg (eksegese) van ’n Skrifdeel berus op her meneutiese beginsels, dit wil sê op suiwere beginsels of reëls oor die verstaan en uitleg van ’n bepaalde teks.
In hierdie geval word die indruk geskep dat die kanonisiteit (gesag) van die Skrif aangetas word, en asof die beginsels van die ge re formeerde hermeneutiek nie gegeld het nie.
• Die hantering van Genesis 2:18 (Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas)
Daar is blykbaar reeds in die bespreking op die Sinode na hierdie teks verwys asof dit ook op twee homoseksuele persone van toepassing kan wees wat vir mekaar ’n hulp is. Ná die Sinode is dit deur verskeie persone so verklaar (o.a. Neels Jackson en ook ds. Danie Mouton). Ons het na my oortuiging hier te doen met ’n growwe en totaal ongegronde verdraaiing van ’n Bybelteks. Om die skepping van die eerste mensepaar (man en vrou) en die Goddelike instelling van die huwelik as Bybelse regverdiging vir homo seksuele verbintenisse te verklaar, is binne goeie gereformeerde hermeneuse en eksegese on moontlik.
• Skrifverkondiging van die liefde van Christus
Voorstanders van die sinodebesluit beroep hulle veral op Christus se liefde en deernis vir alle mense, asook die menswaardigheid van alle mense. So beklemtoon Van Niekerk (Beeld, 21 Oktober) Jesus se insluiting van kinders, vroue, selfs straat- en heidense vroue, belastinggaarders, me laat ses en ander. En Mouton (Rapport, 18 Oktober) verklaar dat Jesus self nooit iets oor homoseksualiteit gesê het nie, “maar Jesus beveel liefde en deernis. Die homoseksuele naaste kwali seer vir liefde en aanvaarding”. Ons het hier myns insiens met ’n soort hantering van die Skrif te doen wat die waarheid in gedrang bring en van Christus se liefde ’n onbybel se verdraagsaamheid maak wat die sonde ak kommodeer. Van Niekerk en andere is reg: Christus het Hom met prostitute, tollenaars en ander sondaars bemoei, maar nooit het Hy hulle sonde vir een oomblik goedgepraat nie. Die duidelikste bewys en voorbeeld vind ons in Jesus se woorde aan die owerspelige vrou in Johannes 8:11: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” Vir Saggeus die tollenaar het daar redding gekom omdat hy hom van sy sonde bekeer het (Luk. 19).
Só het Christus sy liefde aan hulle betoon, deur hulle sonde oop te vlek, hulle tot berou en bekering op te roep en as Verlosser in hulle lewens in te gryp.
Dit is myns insiens duidelik. Die verdediging van die besluit van die NG Sinode rus nie op die Gereformeerde Skrifbeskouing en –hantering nie. Na my oordeel hou dit verreikende implikasies in vir die NG Kerk self en die verhouding met ander kerkgemeenskappe in die Gereformeerde familie.
No comments :
Post a Comment