Dink mooi hieroor. As God gekies het om jou lief te hê en vir jou te sterf toe jy hom nog gehaat het en in sonde geleef het, wat gaan jy byvoeg of verander daaraan. Die feit wys vir jou wanneer het redding begin. In die ewige verlede. Kan dit ongedaan gemaak word? Slegs as Christus kan ophou bestaan. Wat moet jy doen wanneer jy tot die kennis van die waarheid kom? Bekeer en leef uit dankbaarheid tot die wonderlike God!! Die kennis dryf jou na Christus. En moet nie eers iets probeer byvoeg of wegneem nie, want dan wys jy jou ondankbaarheid en onvergenoegdheid.
NS: Om tot die kennis en insig van die waarheid te kom noem mens wedergeboorte, verligting, opwekking uit geestelike dood of "awakening." Die vrug van "awakening" is geloof en bekering wat opgevolg word deur deurlopende heiligmaking.
Saturday, March 26, 2016
Thursday, March 24, 2016
Wat bedoel ons as ons sê die Bybel is die Woord van God?
Dit beteken heel eerste dat die enigste bron en oorsprong van die Bybel by God alleen is. Geen menslike invloed is te vinde in die Bybel nie. Daarmee word bedoel elke woord, al is dit deur mense geskryf, is God se woorde en het hul oorsprong by God alleen. Al het God mense gebruik binne hul eie konteks en is hul persoonlikheid te bespeur in die Woord, is dit presies hoe God dit wou gee. Dit maak nie die woorde en boodskap 'n menslike boodskap nie. Dit kan dus nie as 'n persoon se eie opinie gesien word nie, maar God se woorde. Dit beteken elke woord se betekenis, grammatika en sinskonstruksie is belangrik in die uitleg van die Skrif. Alhoewel God mense in hul konteks en met hul persoonlikheid gebruik het, is dit presies wat God wou sê asof Hy dit self sê. Dit beteken God se Woord het foutloos deur die Gees na die mensdom gekom deur Apostles en Profete soos hulle gelei en meegevoer was deur die Gees. Al het mense dit geskryf het God so in hul gewerk op gewone en selfs bonatuurlike manier dat die hele skrif is asof dit deur God self uitgeasem is uit Sy eie mond. Daarom praat die Skrif van homself as "God breathed." Daarom is die hele Woord "so speek die Here" van Genesis 1:1 tot Openbaring 22:21.
Dit beteken ook dat God self onderneem het om Sy Woord te bewaar en dit getrou aan Sy kerk te openbaar - hul te lei in die volle waarheid daarvan. Christene hoef dus nie paniekerig te wees en te dink op enige stadium sal die kerk die Woord in Sy volle waarheid verloor nie. Inteendeel, as ons vandag die sogenaamde verskille bekyk is daar baie minder as 1% verskille en dis grootliks leestekens, ens., wat byna geen invloed het op die betekenis van die oorspronklike teks nie. Hierin kan ons 'n magtige wonderwerk van God sien.
Vertalings is maar net wat die naam sê; 'n vertaling. Dis gewone mense, nie geïnspireerde apostles of profete, wat die Woord vertaal na die beste van hul vermoeë om die oorspronklike manuskrip korrek weer te gee. Hierin kan ons klaar 'n menslike element van interpretasie sien. Maw. vertalings is nie die foutlose en geïnspireerde manuskrip nie. Daarom is dit belangrik om die Bybel in jou eie te te lees wat deur betroubare Christene en organisasies vertaal is. Dit is egter nie die foutlose Woord van God nie, maar slegs 'n vertaling. Maar dit bly Woord van God in ons eie taal in soverre as wat dit getrou is aan die oorspronklike teks. Dit gesê, weens die feit dat God onderneem het om self Sy eie Woord te bewaar, kan ons weet en vertrou dat God deur Sy voorsienigheid Christen vertalers sal oprig wat Christus gesentreerd is van hart om Sy Woord getrou te vertaal vir die nasies in hul eie taal. Maar ons moet bedag wees op mense wat weens die feit vir ons probeer vertel dat ons nie God se Woord te letterlik kan vat nie, want dis vol foute en menslike woorde. Dat ons dus nie sekere dinge vandag as sonde kan sien omdat die Bybel so sê nie, want daar mag baie foute in wees. Nee, weens die feit dat God onderneem het om Sy Woord getrou aan Sy kerk voor te hou en te openbaar, kan ons God vertrou met die Bybel in ons hand wat vertaal is in ons eie taal deur betroubare Christene.

Labels:
Die Woord van God
,
Inerrancy
,
Infallibility
,
Inspirasie
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)