Dink mooi hieroor. As God gekies het om jou lief te hê en vir jou te sterf toe jy hom nog gehaat het en in sonde geleef het, wat gaan jy byvoeg of verander daaraan. Die feit wys vir jou wanneer het redding begin. In die ewige verlede. Kan dit ongedaan gemaak word? Slegs as Christus kan ophou bestaan. Wat moet jy doen wanneer jy tot die kennis van die waarheid kom? Bekeer en leef uit dankbaarheid tot die wonderlike God!! Die kennis dryf jou na Christus. En moet nie eers iets probeer byvoeg of wegneem nie, want dan wys jy jou ondankbaarheid en onvergenoegdheid.
NS: Om tot die kennis en insig van die waarheid te kom noem mens wedergeboorte, verligting, opwekking uit geestelike dood of "awakening." Die vrug van "awakening" is geloof en bekering wat opgevolg word deur deurlopende heiligmaking.
Saturday, March 26, 2016
'n Waarheid met ewige konsekwensies!
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment