Thursday, May 18, 2017

Mistieke Godsdiens - die doodsteek van moderne Christendom


As 'n musiek instrument is daar niks fout met die ramshoring of die orrel of wat ook al nie. Maar die oomblik as ek geestelike waarde en gesag koppel aan die instrument, dan is ek besig met mistieke afgodery. Maw. wanneer ek goddelikheid, geestelike outoriteit of geestelike lewe daaraan koppel en dit gebruik om geestelike lewe te skep of te simboliseer, dan doen ek wat Romeine 1 van spreek. Jy aanbid die skepping meer as die skepper.

Instrumente en selfs die tempel en rituele rondom dit in die OT was nooit bedoel om God en die Heilige Gees te vervang of te beheer nie. God het Israel menig male bestraf en vermaan omdat hulle verknog geraak het aan hul Jewishness en rituele en nie aan Hom nie. Dieselfde Joodse mistieke en Gnostiese dwaling was teenwoordig in Kolossense (lees Kol. 2).

Die ramshoring, orrel, klavier, ens., is lewelose elemente met geen geestelike waarde nie, behalwe om musiek te maak. Vandag gebruik baie mense musiek en instrumente om God se teenwoordigheid aan te help of te skep. So benadering lei tot mistieke godsdienstige praktyke wat afgodery is. Wat waarde het is die hart wat God aanbid in Gees en waarheid (Woord). God word nie op die berg of daai berg gedien omdat daar geestelike waarde in is nie.

Dit was die Samaritaanse vrou se verkeerde begrip van fisiese elemente. Mense wat Shofar's blaas is nie meer geestelik omdat hulle dit blaas nie. Die probleem is hulle blaas dit met 'n spesifieke doel - geestelike oorlog, gesag en lewe. Hulle dink daar gebeur iets in die spirituele wêreld as hulle dit blaas.

Mense wat olie orals smeer, dieselfde - hou demone uit en bring God se "anointing." Eintlik mors hulle net baie tyd aan waardelose rituele. Die aanbidding van God is in Gees en waarheid. Die offers wat God behaag is 'n gebroke hart en 'n verslae gees. Jy het geen Shofar nodig om Geesvervuld te wees nie.

Baie van die moderne aanwensels is bloot uiterlike simbole wat 'n vals sin van nabyheid skep daarom hou mense hul besig daarmee. Die ware Geesvervulde lewe is in die eenvoud van die Woord, gebed en gehoorsaamheid. Dis al wat nodig is. Geen addisionele rituele gaan my meer geestelik maak nie. Dis waardeloos.

Christus is die volheid van God en jy deel in daai volheid in Hom en op geen ander plek of manier nie (Kol. 2:9-10). Jy deel in die volheid van Christus deur die openbaring van die Woord, deur die Heilige Gees, en deur gebed en gehoorsaamheid. So eenvoudig soos dit. Deur die eenvoudige dissiplines van Woord, gebed, gehoorsaamheid, gemeenskap van die heiliges en sakramente, kan elke Christen die Geesvervulde lewe leef.

No comments :

Post a Comment