Fotot 1, Links: Xenofobie aanval die afgelope weke in Suid Afrika.
Foto 2, Regs: Skending van Rhodes Standbeeld.
Vir my het die twee stories dieselfde oorsprong. Dit gaan nie oor Rhodes nie. Dit gaan nie oor werk en geld nie. Dit gaan nie oor mense wat ons goed onregverdig vat nie. Dit gaan oor 'n demonies geïnspireerde moorddadigheid. Dit gaan oor 'n gees van revolusie en afbreking.
Die mens dien die vader van alle moord en leuens. Alle mense is hiertoe in staat wat onder die mag van Satan is. Alle mense word gebore onder die mag van die Satan en die sonde in hulle. Slegs die evangelie maak mense vry.
Wat is die antwoord?
Bid tot die Here van die oes om genadig te wees eerste teenoor ons. Sodat ons die goed kan verdra. Tweedens, dat ons, ons vyande sal liéfhê. Dat ons te midde van die chaos hoop sal kry en behou in Sy ewige plan en beheer oor alle sake.
Die goed maak my as mens moedeloos. Ek ervaar 'n tweestryd in my liggaam. Ek wil opgee en ek wil kwaad raak. Maar ek weet ek kan nie, want ek ken die Koning van die heelal. Ek moet weer op my aangesig val en bid vir krag en genade. Ek moet hierdie pad stap. Hy is moeilik, hard en seer. Ek moet aanhou, want ek ken die einde. Ek mag nie deelneem aan haatspraak en hopeloosheid nie, want ek weet God verwag iets anders van my as Sy ligdraer. Daarom moet ons op ons knieë gaan en smeek. Ons moet die Woord opneem en opeet en verslind. Ons moet getrou elke dag die evangelie bring aan die mense om ons.
Daar is net een wapen teen die bose en dis die Woord van God en gebed.Eenvoudige kinderlike gebed wat uitroep in desperaatheid. Geen vorm gebede wat gepaard gaan met "prayer walks." Geen duiweluitdrywing en bind van allerhande dinge nie. Geen massabyeenkomste nie. Geen olie wat orals op straathoeke geverf word nie. Dit is niks anders as afgodery onder die naam van Christus nie. Jesus bestraf die bose nie mense nie. Ons praat met Hom daaroor.
Eenvoudige kinderlike gebed wat in nederigheid die God van die heelal, se aangesig opsoek en Hy sal hoor en Hy sal Sy wil laat geskied. Die Woord belowe dit. Die antwoord gaan ook nie wees dat dinge noodwendig nou gaan verander nie. Die antwoord gaan wees dat ons eers krag kry om op te hou vrees. Dat ons ophou deelneem aan agressie en haatspraak. Dat ons, ons vyande lief genoeg sal hê om vir hulle te bid en die evangelie aan hulle te bring. Dat ons deel sal wees van die kalmte en nie die agressie nie. Dat ons die sout en lig vir SA sal wees.