My opinie is dat die revolusie gees onder baie blanke Afrikaners niks anders is as die gees in Mallema nie. Ek stel nie belang in 'n volksrevolusie nie. Ek stel belang in God se koninkryk wat bestaan uit alle volke, nasies en tale vir wie ek lief kan wees en broederliefde wys. Vir wie Christus gesterf het en wie my eenheid in Christus deel. Ek wil ook bysê dat my oë nie toe is vir die onreg van die huidige regering nie. Ek veroordeel dit en dit is teen die wet van God.
Wat baie blanke Afrikaners mis wat hulself Christene noem is dat God in beheer is en baie keer Israel in ballingskap weggevoer het omdat hulle nie wou bekeer na God alleen nie. Verder is Josef by meer as een geleentheid onskuldig in "ballingskap/tronk" geplaas om 'n groter doel in God se wil te bereik. Dit was om "Israel/Kerk" te red. Het ons al ooit daaraan gedink dat die dinge, onskuldig of nie, deel van God se plan is om Sy mense onder alle volke te red. Paulus skryf hy verdra alles terwille van die uitverkorenes wat nog gered moet word. Is dit ons gesindheid of is ons eie agendas groter as God sin. Ek dink ons moet mooi gaan kyk na wat God leer oor kerk, koninkryk en Sy groter plan. Dan sal ons dalk ophou murmureer en deel raak van God se plan om Sy volk te bou en nie ons eie nie. Sy volk is geestelike Israel, die kerk, uit alle volke, nasies en tale. Nie net die Afrikaner nie.
Nadat ek dit alles gesê het, wil ek net noem as ek verstaan word dat die Afrikaner sy kultuur moet vergeet en weggooi en identiteitloos raak, verstaan jy my verkeerd. God se kerk en Sy koninkryk is 'n multikulturele kerk. Dis nie net ons kultuur wat daarin bestaan nie. Alle kulture is welkom en in elke kultuur is daar goed wat nie verkeerd is nie en uniek is tot die spesifieke gemeenskap. God is lief vir alle tipe mense met hul kultuur en Hy nooi hul uit tot geloof in Sy Seun met hul uniekheid en kultuur. Dit wat nie welkom is nie, is dit wat teen God se wet is en Sy plan (evangelie) ondermyn. Dit is ons plig as Christene om biddende God se Woord te ondersoek en deur die Gees te verstaan wat in my kultuur is teen God se plan en wet. Dan moet ons dit verwerp.
Jaco, ek stem so saam met jou. Ons nasie het tot 'n groot mate tussen die onkruid geval waar welvaart en probleme ons die oë van Jesus laat wegneem het. Die gevolge daarvan, moet ons dra en ons bekeer.
ReplyDeleteDaar is wel kulture wat direk teen God se wet is, maar trek die mense van daardie kultuur om Jesus te leer ken, eerder as om tyd te mors om die kultuur self te probeer vernietig, of selfs te veroordeel. Wanneer mense Jesus ken, moet hulle self kies: Jesus of kultuur.