Paulus word vir die nie-Jode soos heidene en vir die Jood word hy 'n Jood met die uitsluitlike doel dat die evangelie nie op enige manier verhinder mag word nie sodat sommige gered kan word onder die nie-Jode en Jode. Hy gee sy eie kultuur heeltemal op. In moderne terme was Paulus 'n Afrikaner der Afrikaner. Hy was 'n Professor in Afrikaanse kultuur. Hy was 'n taalvegter by uitstek. Hy was 'n Professor in die geskiedenis van sy voorouers. Hy het dit so erg nagestreef dat hy die nuwe Christelike kultuur wat sy eie kultuur bedreig het, vervolg en probeer uitwis het. Na sy bekering skryf hy dat hy sy verlede as waardeloos bestempel om die uitnemendheid van Christus te bekom sodat onder die Jode en nie-Jode niks anders as Christus die gekruisigde verkondig sal word nie. Paulus het niks in die pad van die evangelie laat staan nie. Nie eers sy kultuur en beelde nie.
Dit sal ons as blanke Afrikaanse Christene goed doen om ons emosioneel los te maak van ons herkoms, beelde en kultuur sodat dit nie in die pad van die evangelie en Christus staan nie. Ons moet ophou veg vir ons beelde, voorouers en geslagte tot so mate dat ons ander sal doodmaak (letterlik en figuurlik) daarvoor. Ons moet ons losmaak van ons verlede en Christus en Sy koninkryk as erfenis bekom sodat ons vir nie-Afrikaners die evangelie kan bring. Ons moet vir nie-Afrikaners, nie-Afrikaners word om sommiges vir Christus te wen. Ons moet ons emosioneel losmaak van die verlede sodat ons nie kwaad word as mense ons beelde afbreek nie. Ons moet die evangelie en die koninkryk as ons erfenis opneem en dan aan mense wat ons aardse kultuur haat, die evangelie in liefde bring sodat sommiges van hulle saam met ons kan deel raak van die enigste ware erfenis in Christus. As ons nog emosioneel vasgebind is aan ons beelde, simbole en erfenis gaan ons kwaad raak vir mense wat daaraan vat. Ons gaan met hulle baklei en sodoende anti-evangelie optree in die sin dat ons die brûe vir die verspreiding van die evangelie afbrand. Ons moet brûe bou vir die evangelie en dit beteken dat ons luister en hoor as ander kulture praat. Dit beteken dat ons nie met hulle veg oor beelde nie, maar eerder die "beeld" van God genaamd Christus aan hulle sal voorhou. Al praat hulle verkeerd en breek ons beelde vir die verkeerde redes af, moet ons terwille van die evangelie dit tot 'n mate verdra. Ons moet nie dat ons aardse erfenis so groot word dat dit ons van mense vervreemd deur vir hulle kwaad te word en met hulle te veg nie. Ons moet altyd Christus en Sy doel voor oë hou. Christus het nie gekom om 'n aardse kultuur te verhef bo die evangelie nie, maar sodat ons, ons moet losmaak van die aardse beelde ter wille van die evangelie. Sodat ons daagliks sal sterwe aan ons eie beelde om Hom alleen as die ware "beeld" van God te bekom. Deur dit te doen verhef ons die "beeld" van God, naamlik Christus, as die enigste lig en hoop van die wêreld.
Beteken dit nou ek as blanke Afrikaner mag niks meer geskiedenis hê nie. Ek mag nie meer voorouers hê waarop ek trots is nie? Ek mag nie meer braai en rugby kyk nie? Ek mag nie meer 'n erfenis hê nie? Ek mag nie meer 'n taal hê nie? Ek moet nou maar 'n naamlose en identiteitlose persoon wees wat heeltemal verwyder is van my herkoms. Ek mag nie meer 'n aardse kultuur hê nie? Ek mag geen waardering en lof hê vir my eie kultuur en mense nie? Nee, dis nie wat dit beteken nie. Die Woord van God het in die konteks van 'n kultuur en die karakter van mense gekom sodat die Woord van God deur alle eeue, onder alle kulture en onder alle tye relevant sal wees. Dit impliseer dat ons kultuur welkom is in die konteks van die kerk en die Woord. Maar dit beteken wel dat ons nie moet toelaat dat ons kultuur verhef word tot so mate dat ons daarvoor meer sal veg as vir die evangelie nie. Dat ons nie meer van ons kultuur maak as van die kultuur van die nuwe verbond nie. Dat ons nie brûe sal afbrand ten koste van die evangelie en ten gunste van ons beelde nie. Ons kultuur mag ook nie ander mense as minderwaardig behandel nie. Ons kultuur mag ook nie die liggaam van Christus verdeel nie. Ons mag nie die liggaam van Christus opdeel in groep nie. Maw. ons kan nie sê wit Afrikaners moet eenkant aanbid en ander groepe mense moet op 'n ander plek aanbid nie. Die liggaam van Christus is 'n multikulturele opset waar alle kulture en mense gelyk is. Die kerk bestaan uit uitverkorenes uit alle volke, nasies en tale wat saam Christus as Here aanbid en mekaar liefhet. Waar mense in respek en liefde saamleef met mekaar. Christus het alle gelowiges gedoop in een liggaam deur die Gees en verenig in die kruis. Die skeidsmure tussen gelowiges uit alle groepe is afgebreek en een nuwe mensheid is geskep in Christus. Christus het net een bruid. Deur so te veg vir ons regte dat ons, ons vervreem van ander mense, verhef ons, ons kultuur amper tot die status van goddelikheid en word dit 'n afgod. Deur te veg in die wêreld met agressie vir ons beelde verhoed ons die evangelie om vry te beweeg na alle groepe mense en ons brand brûe af vir die evangelie na alle tipes mense. Ons isoleer onsself en skep vyandskap en dit raak dan moeilik as Christen om met ander nie-Christene die evangelie te deel. Na my mening moet ons as Christene uit daai geveg tree oor beelde en ons eerder beywer vir die "beeld" van Christus. Ons moet uit die publieke debat tree waar ons ander mense beveg en sodoende vyandskap skep omdat hulle sekere beelde wil afbreek. Ons publieke debat moet oor Christus die gekruisigde gaan. Jesus het gesê as Hy opgelig word soos die goue slang in die woestyn sal Hy alle tipe mense na Hom trek. Noudat Jesus hemel toe is het Hy die taak aan ons as Christene oorgelaat om Jesus soos 'n beeld en baken op te lig vir mense van alle kulture sodat hulle na Hom kan kom. As ons, ons eie beelde ophef en daarvoor veg, gaan ons sukkel om Jesus as 'n "beeld" op te lig vir die wêreld.
Jaco,
ReplyDeleteEk het baie waardering vir hierdie artikel van jou. Mens kan die implikasies hiervan uitbrei na baie ander aspekte.
Ons moet leer om regtig die Koninkryk van God te ontdek. Die belangrikheid van die koninkryk van God is so v er verhewe bo die koninkryke van die wêreld dat hulle as't ware niksseggend word. Jesus het gesê: Beywer julle vir die koninkryk van God en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word. Ek glo sy lering dat ons die ander wang moet draai pas ook in in die konteks van die koninkryk. So ook die ander kwessies soos om gewillig te wees om 'n iemand se goed 2 km te dra as hy vir 1 km vra.
Die probleem wat ek vandag het met die staat Israel is dat hulle glad nie begrip het vir die koninkryk van God nie. Netanyahu het onlangs die Amerikaanse kongres toegespreek en gepraat van die beloftes van God. Hulle maak aanspraak op 'n aardse staat op grond van die beloftes van God en die Amerikanse leiers het om staande toegejuig daarvoor. In die tyd van Paulus was Israel onderhorig aan die Romeine. Sou Paulus opgewonde gewees het daaroor as hy verneem het dat sy volk 'n onafhanklike staat in Palestina sou kry? Ek dink Paulus sou gesê het: Vit wat? Alles waarvoor hy hom beywer het, het oor iets totaal anders gegaan. Waaroor sou hy opgewonde geraak het oor 'n aardse staat vir Israel?
Dieselfde kan gesê word van Suid Afrika en die Afrikaners. Miskien het die Here os nou op 'n plek waar ons baie beter sy doel vir ons kan verstaan as Afrikaners. Ons hnet mag en grondgebied prysgegee, maar het ons nie baie meer gekry nie? Het ons regtig ons kultuur prysgegee? Ek kry die indruk dat ons kultuur nou op baie nuwe plekke en oor ons landsgrense uitgeleef word. Daar is Kyknet en RSG en die Woordfees en 'n duisternis kultuurfeeste op verskillende dorpe en plekke.
Dit is net 'n paar opmerkings om te sê dat ek jou ondersteun in wat jy sê. Ek word ook kwaad as die nuwe regeerders aanhoudend probeer ostraatname en dorpsname te verander. Ons beleef 'n aanval op ons Afrikaanse universiteite en skole. Dit is nie lekker nie, maar die tyd het geleer dat die Here nog elke keer vir ons voorsien het. Dit is nie nodig om ons bloeddruk oor die goed op te jaag nie. Daar is 'n teks wat sê: Wat kan 'n mens aan my doen? Mense kan allerande dinge aan jou doen, maar hulle kan nie die Here se seën aan jou onttrek nie. Laat ons, ons liewer beywer vir die seën van die Here en ons sal ontdek dat ons aan niks kort kom nie.
Jan Louw
Uitstekend.
ReplyDeleteBaie stigtend.
Maar sal kontroversieel wees, want dit raak 'n sensitiewe snaar...
Ons moet egter bly staan op die Christus-beginsel soos in die artikel uitgewys word.
Hoe meer ons gestroop word van dinge in hierdie wereld om aan vas te hou, hoe beter,
mits ons dit in konteks sien dat ons die liggaam van Christus eerder moet eer,
& na Hom toe moet draai & Hom volg..
Die afbreek van 'ons' geskiedenis-beelde is mense wat nou weer in die plek van ons vorige politieke koninkryk, nou hulle eie koninkryke bou in hierdie wereld.
Dit is tydelik & sal vergaan.
Dit het met politieke sosio-transformasie te doen.
Maar dit gaan absoluut niks aan hulle toekoms verander nie.
Maar hulle doen ons eintlik 'n guns, as ons daardeur meer aan Christus vashou.
Soos Abraham (en Moses) wat rondgeswerf het, sien ons 'n hemelse bedeling & fokus nie op die aardse nie.
God het ons oorgegee aan 'n nuwe bedeling, nie FW de Klerk & die Nasionale Party ('n afgod van ons verlede) nie.
Ons moet God se hand daarin sien & ons daarvolgens orienteer.
En Sy wil soek na die breer liggaam van Christus.
Daarvoor moet ons 'n paar afgode prysgee,
anders is ons nie vry om te doen wat ons vir Hom moet doen nie.
Soli Deo Gloria.
Ek het die artikel op Facebook gepos.
ReplyDeleteEk onthou die sermonjam van Alistair Begg; “Tonight on earth, it’s total confusion.
ReplyDeleteYou see the collapse of the City of Man should not be seen as the curtailing the building of the City of God. As distracting and distressing the actions of the wicked may be, when we focus on the fact that God is on His throne we can view the tottering foundations and crumbling occasions in a totally different fashion.
And at a time where there are unique opportunities for the Gospel, at a time where people are asking deep seated questions because they recognize the foundations are crumbling too, and at a time where they are just about prepared to drink a cup of coffee and seek a sensible answer, the bombastic ugly ‘Christian’ is manning the battiers (battle mounts) of right wing politics! Joining coalitions, endorsing political agendas, advancing legislative remedies, and in doing so with every further move we lose the ability to say with Paul, “We do not wage war the way the world wages war.”
The church cannot say it, because it wouldn’t be true.
The tragedy that since the foundations are being destroyed and since activism is a very large part of our culture, the Christian the determines that they will become an activist. It isn’t wrong it become an activist. It is wrong to become a slanderer, it is wrong to become combative and ugly and it is wrong to forget that separates me from some guy who tonight is boozing it up in some saloon; is not that I’m smarting than him, but it’s the grace of God to me.
So until the church learns how to cry, the church loses any right to shout. Until we learn to do what we’ve been told to, we dare not do what has been granted to us with no mandate at all.
Here’s the strangest thing, if I may make an aside. Conservative Christianity hammered for the longest time mainline Christian churches in America. For what? Their desertion of the Gospel and their commitment to politics. They said, ‘These people do not preach the Gospel because they are so involved in politics. Look at them! They’re arm in arm with the Sandinistas, with the Liberators, with the Freedom Fighters, of what a bad group of people they are!’
Well did we get inoculated from their condition? Don’t we see ourselves in the mirror?
For the last 2 decades we’ve been doing the same thing. Oh, it’s not left wing liberalism, it’s right wing radicalism. The foundations are being destroyed and we know we must do something, we’re not going to run but we’re sure going to stay and fight so we’re wielding arms with all these strong concoctions of people.
We will re-construct our society by coercive legal and political means. We will establish some sort of legal misrepresentation of God’s kingdom; We’re like the disciples in the garden of Gethsemane; out with the swords ready to chop the people’s heads off and Jesus is putting ears back on all around us saying, ‘Guys have you learned nothing in 2,000 years?! Didn’t you read what I wrote in the book that my kingdom is not of this world? If it were my servants would come and fight to prevent my arrest by the Jews. But the reason that they don’t is because the very crushing of my body is going to be the blood that fuels the birth of my church.’
Listen, God has no special countries.”
Groete Nelis Bornman
How do our various cultures affect our pursuit of the gospel? All our cultures are basically apostate. We need to shed the skin of our culture. We notice different peoples and their different cultures What then does it means to be God’s people. God gives us a culture. God gives his people law and sets them apart. T4G 2010: Thabiti Anyabwile.
ReplyDeletehttp://www.thirstytheologian.com/2010/04/15/t4g_2010_thabiti_anyabwile.php