Die is 'n baie vereenvoudigde opsomming oor die kerk is Suid Afrika. Daar is baie meer temas wat by die onderwerp hoort. Die is 'n enkele denkrigting oor die onderwerp van kerkwees wat hier baie opsommend beskryf word. Die onderwerp is baie meer kompleks dat die paar woorde die kern van die onderwerp uitmaak. Tog lê die tema aan die hart van die kerk se gekiedenis deur die eeue en as ons oor kerk in Suid Afrika dink, moet die ons gedagtes help vorm.
Die globale kerk in SA het verval in 'n voorspoed mentaliteit. Dink bietjie aan die sogenaamde profetiese beweging. Profesieë word uitgespreek van voorspoed en vrede. Nuwe horisonne word geprofeteer. Alles is mooi beloftes en 'n wonderlike utopia. Herlewing word voorspel ens. Ek dink wat jy gaan sien is 'n klein kerk, maar wat in moeilike omstandighede te midde van 'n groot vals kerk, God gaan eer en aanbid. Die klein kerk gaan gesuiwer word deur 'n smeltkroes van vervolging en teenkanting weens sy getrouheid aan die Woord van God. Die "groot" kerk wat grootliks die Woord verlaat het, volg die gees van die tyd. Hulle gaan aan die vleeslike mense bied wat hulle graag wil hoor. Al die voorspellings van herlewing en gebede vir 'n hele SA wat God dien dink ek is nie inlyn met die geskiedenis van die kerk deur alle eeue nie. Die kerk was nog altyd op sy suiwerste toe dit klein was en deur moeilike omstandighede en verdrukking gegaan het. Die tye wat dit goed gegaan het, het morele verval en laksheid rondom getrouheid aan die Woord ingetree. Dit was ook opmerklik dat na enige groot herlewing, was daar ook 'n diep insinking en kan mens amper nie dink daar was 'n herlewing nie. Dit sal ons goed doen om die geskiedenis van die kerk deur alle eeue bietjie te bestudeer en neigings dop te hou. Ons sal baie beter verstaan wat tans in SA aan die gang is. Dit was nie baie lank terug toe die land 'n goue era beleef het van Christendom met 'n herlewing soos in die era van Andrew Murray nie. Dink ook aan die kerk in Jerusalem kort na Pinkster. Die kerk het die aansien van die regering van die dag en die mense geniet. Dit was 'n tydperk van vrede en voorspoed vir die kerk in Jerusalem. Maar dit was nie God se plan nie. Toe laat God vervolging en verdrukking toe om die kerk uit sy gemaksone te kry en te versprei oor die hele Asië tot selfs Indië. As die kerk vrede en voorspoed ervaar, sal hy op sy louere rus en net sit en niks doen nie. Morele en leerstellige uitdagings tesame met verdrukking en vervolging bring suiwering en groei vir die liggaam van Christus.
Thursday, June 25, 2015
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment