Thursday, July 16, 2015

Die Woord van God: Foutloos en Betroubaar

Die Bybel het sekere kwaliteite wat dit die Woord van God maak. Sonder die kwaliteite is dit net woorde van mense wat oor God geskryf is. Maw. die idees wat mense het oor God. Van die eienskappe wat dit die Woord van God maak is "inerrancy" en "infallibility." Die hele Bybel van Genesis tot Openbaring (Gen. 1:1 tot Rev. 22:21) is die uitgeasemde Woord van God - 'n gawe van Sy soewereine genade en krag. Sonder die kwaliteite het die Bybel geen gesag oor die leer en lewe van alle mense oor alle tye nie. Sonder die kwaliteite kan die mens self besluit wat waar is en wat hy sal gehoorsaam, of heeltemal verwerp. God gaan alle mense oordeel weens ongehoorsaamheid aan Sy Woord. As die Bybel nie gesaghebbend en perfek is nie, kan God nie die mens oordeel weens ongehoorsaamheid aan Sy Woord nie. Dit is dan nie die bron van God se wette nie. Watter wette is dan nou waar en wat nie? Dit sou onregverdig wees van God om mense te oordeel weens ongehoorsaamheid aan Sy Woord as die Bybel nie waar is nie. Daarom het God persoonlik toegesien dat die Bybel die volle en waaragtige openbaring van Sy wil is sodat die mens kan weet wie God is en Hom gehoorsaam. Ongehoorsaamheid aan Sy Woord gaan geoordeel word as ongehoorsaamheid aan die Skepper van die mens (Rom. 1:18-32).

God is baie meer en groter as net die Bybel. Dit is in die Bybel waar ek leer wie God is en dat die hemel en aarde te klein is om Hom te huisves. Die Bybel is dus te klein om Hom te huisves. Dit maak nie die Bybel minder God se stem nie. Die HELE Bybel is God se Woord want Hy het dit gegee. Dit is aan my geopenbaar deur die Gees van God en dit sal ek bely en glo tot ek sterf, so help my God. Ek is lief vir God se Woord want elke woord is my Vader sin en nie 'n mens sin nie. God het elke woord uitgeasem en gegee aan die mens sodat hy God en Sy wil kan ken. Jesus het die Woord (en beloftes) kom waar maak met Sy vleeswording en daarom is Hy die Woord van God. Die Bybel het geen bestaansreg van Gen. 1:1 tot Openb. 22:21 sonder Jesus nie. Elke woord is deur Hom aanmekaar gebind en vervul in Hom. God het Sy Woord gelykgestel aan Sy naam en nie minder gemaak nie (Ps. 138:2). Dit dra dieselfde gesag as God Homself alhoewel die Bybel nie God self is nie, maar Sy Woorde. Jy kan nie God se eie stem losmaak van Homself nie. Alhoewel Hy baie meer is as Sy Woord, bly dit Syne en deel van wie Hy is. Dit staan nie los van Hom nie. Maw. mense kan nie maak met die Bybel soos hulle wil nie. Die mens staan nie in beheer oor die Bybel nie, maar andersom. Die mens kan nie besluit watter dele van die Bybel is nou reg en watter nie. Hoe kan hy? Sy verstand is dan in sonde. Is die mens nou die maatstok van God se Woord. Dit is baie arrogant en hoogmoedig. Kan die mens nou meet wat het van God af gekom en wat nie as hy self 'n onbetroubare wese is? Is die mens, onder leiding van sy eie sondige verstand, die maatstok van watter dele is nou van God en watter nie. Hoe gaan elke mens nou nie verskil oor watter dele is waar en watter nie. Dan kan selfs die dele wat oor Jesus gaan bedenklik wees. Dan is daar geen bron van waarheid waarop peil getrek kan word. Party mense sê ons kan direk by die Heilige Gees hoor watter dele waar is. As dit so is, is daar geen rede hoekom God Sy Woord moes geen nie. Dan kan ons sommer elke dag direk na die Heilige Gees luister en die Bybel weggooi. Dan gaan elke mens sy eie opinie hê watter dele die Heilige Gees aan hom openbaar het. Sodoende gaan elke mens sy eie teologie hê. Dit is waar dat die Gees die enigste ware getuie is dat die Woord waar is, maar Hy getuig dat die hele Bybel waar is. God het gekies om Sy Woord te laat opskryf onder leiding en krag van die Gees sodat Sy Woord foutloos en betroubaar is. Hy was self deur Sy soewereiniteit in beheer van die saamstel van Sy Woord sodat ons kan weet die 66 boeke is gesamentlik die Woord van God. Hy het dit so aan sy kerk openbaar en getuig so deur die Gees. Hy is self ook verantwoordelik vir die bewaring van die integriteit van Sy Woord deur alle eeue tot en met die wederkoms van Christus. Jesus het gesê, "dit is makliker vir die hemel en die aarde om tot niet te gaan as dat een strepie van die Wet (Woord) wegval" (Luke 16:17; Matt. 5:18). Om self te bepaal wat waar is en wat nie en hoe God gekies het om dit te doen is baie arrogant na my mening. Dit is om goddelike kwaliteite aan die mens te gee dat hy die mag het om waarheid te bepaal. Waarheid kom alleen van God af en nie uit die mens self nie. God alleen is perfek en kan waarheid meet. ALLES wat uit God se mond kom is heilig, foutloos en perfek. Dit sluit die Bybel in.

No comments :

Post a Comment