Sommige kerke soos die charismatiese beweging maak wedergeboorte na met ekstatiese ervarings. Ander kerke ontken weer die krag daarvan deur intellektualisme en godsdienstigheid. Goddelike uitverkiesing word hoofsaaklik gekenmerk deur die krag van wedergeboorte. Geboorte en doop in 'n goddelike familie is nie die teken van uitverkiesing nie. Die enigste bewys van uitverkiesing is wedergeboorte wat gekenmerk word deur bekering en 'n lewe van heiligmaking. Jakob en Esau was gebore in die verbond en in 'n goddelike familie. Jakob was uitverkies en nie Esau nie. Maak jou uitverkiesing seker in Christus alleen en nie deur geboorte en verbond nie (2 Pet. 1:10). Wedergeboorte en geloof is die enigste bewys dat jy uitverkies is voor die grondlegging van die aarde. As jy vrees en onseker is, hardloop na Christus. Hy sal niemand wat met 'n gebroke hart na Hom kom uitwerp nie (John 6:37). Ons praat nou nie gebroke weens finansies en verhoudings nie. Nee, gebroke weens jou sonde. Goddelike berou lei tot die lewe en berou van die wêreld tot die dood (2 Cor. 7:10). Maar onthou ook die poorte van die hemel het 'n deur so laag jy moet op jou knieë inkruip. Hy wat regop staan sal die koninkryk nie ingaan nie. Die offers wat God vra is 'n gebroke hart en 'n verslae gees (Ps. 51:17). Hy wat honger en dors na geregtigheid sal die koninkryk beërwe (Matt. 5:2-10).
Wednesday, June 10, 2015
Die nodigheid vir die leer van wedergeboorte.
Dit is meer as ooit nodig om die leer van wedergeboorte te verkondig. Kerke is vol mense wat nie wedergebore is nie. Hulle het 'n vorm van godsaligheid maar ken nie die krag van wedergeboorte nie (2 Tim. 3:5). As Paulus praat van 'n gedaante van godsaligheid wat die krag daarvan ontken, dan verwys hy na die krag van wedergeboorte. Wedergeboorte is nie net 'n intellektuele oefening of menslike wilskrag nie. Dit is die bonatuurlike krag van God deur die Heilige Gees om 'n dooie sondaar uit die dood op te wek en hom te bevry van die doodsklere waarin hy begrawe was wat hom so vasgebind het. Dit is die krag van God om iemand te transformeer na 'n nuwe lewe in Christus. Paulus beskryf die wedergeboorte as 'n nuwe skepping soortgelyk aan die eerste skepping van Adam en Eva (2 Cor. 5:17). Alles het nuut geword en die ou dinge is vervaltyd verby. Dit is dieselfde God wat lig geskep het in die heelal wat met "dunamis" (wonderwerkende krag) in ons hart die lewe skep deur Christus (2 Cor. 4:6). God skyn in die duisternis van ons koue hart die heerlikheid van Christus. Dis die heerlikheid van Christus wat met krag in ons siel lewe wek. Dis dieselfde krag wat Christus opgewek het uit die dood wat ons opwek uit geestelike dood (Rom. 8:11). Dit is duidelik dat wedergeboorte nie 'n afgewaterde term is nie, maar lewegewende krag van die Heilige Gees.
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment