Thursday, June 18, 2015

Die sonde van stilbly oor sonde

Die Sonde van Stilbly!
Dit is net so groot sonde om niks te sê oor sonde as om die sonde self te pleeg. Dit is net so goed as om dit self te doen. Die ou spreekwoord sê mos: "die deler is net so goed as die steler." Ons distansieer onsself maklik van die verantwoordelikheid wat ons opgelê is deur God omdat ons die waarheid ken. Jesus het gesê dit is ons plig om na die nasies te gaan en hulle te leer om ALLES te gehoorsaam wat Hy geleer het (Matt. 28:20). Jesus het gesê ALLES, nie net dit wat ons verkies nie. Die vraag is het Jesus iets geleer oor die huwelik? Beslis! Jesus het geleer God het die mens man en vrou geskep reg van die BEGIN af en ook die huwelik ingestel tussen man en vrou (Matt. 19:4-6). Jesus het ook bygevoeg dat die mens nie die reg het om te skei wat God bymekaar gevoeg het nie. God het man en vrou bymekaar gevoeg en nie man-man of vrou-vrou nie. Om die huwelik tussen man en vrou te skei na 'n huwelik tussen dieselfde geslagte is om die wet van God en Jesus se lering te verontagsaam. Dit is sonde. Dit is ook opmerklik dat Jesus geleer het dat God die mens man en vrou geskep het reg van die begin af. Dit beteken daar is geen ding soos mense wat gebore word met genetiese afwykings na 'n ander geslag nie. Dit is sonde in die mens na die val van Adam en Eva wat hom die geneigdheid gegee het na dieselfde geslag. Alle sonde het sy oorsprong in die verval van die mensdom weens sy sondige keuses. Kort na die sondeval het moord en perversiteit ingetree wat homoseksualiteit insluit (Gen. 4:8; Gen. 6:5-6; Gen. 19:4-11). Dit was nie 'n skepping van God nie. Om te beweer homoseksualiteit en dieselfde geslag huwelike is 'n skepping van God is om te beweer God het sonde geskep. Dit is laster teen God.

God se wet reflekteer Sy heiligheid. Hy het die mens na Sy beeld geskep om heilig te wees (Gen. 1:27). Dit was nie God se plan dat die mensdom in sonde val nie. God het dit wel toegelaat in Sy raadsplan. Dit is liefdeloos om mense nie te waarsku teen morele verval nie. Dit is nog meer liefdeloos teen God om Sy gebooie nie te bewaar en te respekteer nie (1 John 5:1-5). God het Adam en Eva geskep om te heers oor die aarde (Gen. 1:26-28). Deel daarvan is om Sy morele wette te gehoorsaam en uit te leef (Gen. 2:17). God het ook die mens man en vrou geskep om een vlees te word en in 'n liefdesverhouding mekaar te komplimenteer en so Sy skeppingsdoel uit te leef (Gen. 2:24). Om dit te verontagsaam is om teen God se skeppingsorde en wet te oortree. Om dieselfde geslag huwelike te kondoneer is om God in Sy heiligheid te laster. Die Bybel sê om stil te bly is om mense aan te moedig in hul sonde (Ezek. 13:22). Daarom is dit gelowiges se plig om teen die morele verval van homoseksualiteit en dieselfde geslag huwelike te praat. Om dit nie te doen nie is om aandadig te wees aan die sondes wat gepleeg word. Verder maak ons onsself aandadig aan die ewige dood van die mense wat hulself aan die sondes skuldig maak.

In die Ou Testament het God profete aangestel om mense te waarsku teen Sy komende oordeel weens sonde. Hy het ook profete aangestel om na die mense te gaan en hulle te waarsku om te bekeer andersins val hulle onder Sy oordeel. Om daaraan ongehoorsaam te wees is om deel te wees van die sonde, maar ook aandadig te wees aan die ewige dood van die mense. God het gelowiges veroordeel omdat hulle mense nie waarsku van die kommende oordeel weens hul sondige leefstyl nie (Ezek. 3:18). God het gelowiges aangestel om 'n morele kompas vir die wêreld te wees en mense te waarsku om te bekeer van hul sondige weë (Ezek. 3:17; 33:7; Jer. 6:17). Die ewige dood van mense weens hul sonde gaan van gelowiges geëis word indien hulle net stilbly en niks sê nie (Ezek. 33:3-6).

In die Nuwe Testament het God weer iemand gestuur in die vorm van Johannes die doper om na Sy mense te gaan en hulle te roep tot bekering (Matt. 3:1-2). Verder het Paulus onder inspirasie van die Heilige Gees die kerk vermaan om die mense binne die kerk te oordeel wat in sonde lewe (1 Cor. 5:9-13). Ons word 'n duidelike opdrag gegee om die werke van die bose te ontbloot (Eph. 5:11). Verder vermaan Paulus die kerk om die wat aanhou in sonde in die openbaar aan te spreek om 'n duidelike boodskap na almal te stuur om in die vrees van die Here te leef (1 Tim. 5:20). Die Bybel leer ons mos die vrees van die Here is die begin van wysheid (Prov. 1:7; 9:10). Jesus het ook geleer dat ons nie God se wette mag verslap nie (Matt. 5:17-20). Die wat dit doen sondig teen God. Om dieselfde geslag huwelike en homoseksualiteit goed te keer is om God se wette te verslap. Om stil te bly is 'n stem van goedkeuring.

Ons kan dus 'n konstante patroon sien tussen Ou Testament en Nuwe Testament dat die volk van God 'n verantwoordelikheid het in twee areas. Ons moet God lief hê bo alles en ons naaste soos onsself (Luke 10:27). Eerstens, teenoor God om Sy wette op te hou aan 'n sondige wêreld om 'n duidelike boodskap uit te stuur van wat is sonde en wat nie. Om mense tot bekering te roep deur geloof in Christus wat hulle kan reinig van hul sonde en 'n nuwe hart kan skenk. God het ons met die waarheid toegerus om dit te verkondig tot Sy eer. Hy is heilig en verwag van ons om Sy glorie teenoor 'n sondige wêreld uit te leef en te reflekteer. Ons is Sy beelddraers en mag die verantwoordelikheid nie verontagsaam nie. Die kerk is 'n baken teen gevaar en ook sout van die aarde. 'n Baken waarsku en sout reinig en ontsmet. Die kerk moet beide die rolle in die wêreld vervul. Tweedens, moet ons, ons naaste liefhê deur hulle die waarheid te vertel sodat hulle kan bekeer. Dis ons plig om hulle te waarsku, andersins is ons aandadig aan hulle sonde en ewige dood. Dit is liefdeloos teenoor God en teenoor mense om stil te bly en nie die waarheid te bely voor 'n sondige wêreld nie.

No comments :

Post a Comment