As dit waar is dat God alles geskep het om Sy heerlikheid te reflekteer, dan het Hy seker die reg om te bepaal hoe die wêreld moet lyk wat Hy geskep het? Dan verdien God ook die aanbidding wat Hom toekom. Dit beteken God het die reg om aanbid te word. Die wat Hom nie aanbid nie breek die wet van God se reg tot aanbidding. Dis nie 'n reg wat God afdwing nie. Dis 'n reg wat God toekom weens Sy karakter. Al sou God nie eers vra om aanbid te word nie, vereis Sy karakter aanbidding, want Hy is die enigste perfekte, goeie, liefdevolle en heilige wese in die ganse heelal. Dit alles is Hy ook in oneindige maat. Paulus beskryf dit so: "Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie" (Rom. 1:19-21).
God skuld geen mens enige iets nie. Die mens skuld God aanbidding. God het die reg tot die veroordeling van die hele mensdom. Elke mens het al genoeg sonde gedoen om geen reg tot enige genade te hê nie. Adam en Eva is deur een verkeerde besluit uit God se teenwoordigheid verban. Die mens sal altyd by God in die skuld wees. Dit is deur Christus alleen wat ons aanvaar word. "Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom (2 Cor. 5:21). Dan is dit ook God se reg aan wie Hy die genade skenk (Rom. 9:18). Johannes som die reg wat God het tot alles mooi op in Openbaring 4:11. "U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape."

Ek merk op in baie gesprekke hoe mense redeneer rondom die regte en eer van die mens. Hulle maak geen saak uit vir God en Sy regte nie - asof God geen reg het in sake nie. God skep die mens na Sy beeld om Sy heerlikheid ten toon te stel sodat die mens die heerlikheid van sy Skepper kan besing, maar sekeres dink slegs aan die eer van die mens. Dit lyk asof hulle vergeet het van God en dan stry hulle vir die mens se sonde en sy reg om sondig te wees. Hulle vergeet in die hele proses die heerlikheid van 'n wonderlike en heilige God en beveg die saak van die sondige mens met al sy boosheid. Pasop om God te ontneem van die reg om God te wees. Hy het die alleen reg om te sê hoe Hy dinge wil hê, want Hy het die mens geskep. Hy is allermins die enigste foutlose en sondelose wese. Wie is ons om teen God te stry terwille van die mens. Dit klink vir my humanisties. Dis maar dieselfde arrogansie wat Satan ten toon gestel het toe Hy soos God wou wees. Snaaks genoeg hy het ook vir Adam en Eva gesê hulle sal soos God wees om reg en verkeerd te ken. Dit was natuurlik 'n leuen. Dis ook interessant dat die Satan altyd sy gesprekke begin met "het God regtig so gesê?" Dis maar al die eeue die manier van die mens wat geval het om God se Woord in twyfel te trek en aan te pas vir sy eie eer. Vandat die mens vir Satan geluister het, rebelleer hy teen die wil van God.
No comments :
Post a Comment