God mag kies om op 'n bepaalde tyd soos met die apostoliese era 'n spesiale werk te doen. Hy mag ook kies om 'n herlewing te skenk soos onder Andrew Murray se bediening waar daar geen tale en profesie plaasgevind het nie. Dit bly Gees vervulling, want dit gaan oor Christus. Net soos in die tyd met Moses het God hom geroep en toegerus met spesiale tekens en wonderwerke om 'n spesifieke taak te verrig. Die Israeliete sou nooit vir Moses geglo het as Hy nie daai tekens gedoen het nie. Op watter manier sou hulle geweet het die boodskap van Moses kom van God af. Net so was die tekens en wonders wat Jesus en die apostels gedoen het tekens van die egtheid van hul as dienaars van God en van hul boodskap. Maar God is in beheer daarvan en sal doen in Sy raadsplan soos Hy goeddink. Om te sê Gees vervulling is gelyk aan die tekens en wonders en daarna te jaag, is om vervulling met die Heilige Gees los te maak van die Persoon van Christus. God word net behaag deur sy Seun alleen. Nie deur wonders nie. Alles wat God doen, doen Hy deur Christus. Dit is Sy werke soos Hy wil en het niks te doen met die volheid van God nie. Die volheid van God lê in Christus.
Verder moet ons verstaan dat in die tyd van Handelinge was die Bybel nog nie voltooi nie. God het die apostels gebruik om, soos die profete, Sy Woord te skryf deur aan hulle nuwe openbarings te gee. God se openbaring was voltooi met die boek Openbaring. Die Hebreër skrywer se dat God in die verlede met Sy mense gepraat het deur profete en in die laaste dae praat Hy deur sy Seun (Heb. 1:1-2). Die laaste dae is vanaf Christus tot Sy wederkoms. Dit is nou. Dit is soos ek hierbo verduidelik het. God doen in die nuwe verbond alles deur sy Seun. Jesus is die klimaks van God se openbaring. Voor Jesus se koms het God homself deur profeet openbaar. Na die koms van Jesus praat en openbaar God homself deur sy Seun. God het alles openbaar wat Hy wil deur Sy Woord en die res is Sy geheim (Deut. 29:29). Dit is nie meer nodig om deur profete en apostels te praat nie. God se openbaring is voltooi en nou spreek Hy deur sy Seun tot ons deur die Gees soos Hy gespreek het deur Sy Woord. Die Heilige Gees het die Woord foutloos en gesaghebbend geïnspireer en God praat deur die openbaring van Sy Woord. Die Heilige Gees en die Woord is een en Hy praat nie apart van die Woord nuwe dinge nie. Ons as Christene se plig vandag is om God se aangesig te soek deur sy Seun in die Woord. Die Bybel is volledig vir alles om 'n volledige verhouding hier en nou met Jesus te beleef (2 Tim. 3:16-17; 2 Pet. 1:19-21). Die Gees vervulde lewe word daagliks geleef deur gebed en oordenking van die Woord. Dis daarin waar ons die volle openbaring van Christus vind om die volheid van God te beleef.
Lees gerus meer oor die onderwerp by die onderstaande skakel.
No comments :
Post a Comment