Daar is God se plan en dan die "hier en nou." God se plan is sekuur en bestaan van die ewige verlede af en dit sal gebeur. Ons ervaring van die "hier en nou" is vir ons asof dit gebeurlikheids gedrewe is. Die hier en nou vanaf ons beperkte tydraam is ervarings gedrewe. Ons voel ons is in beheer omdat ons keuses maak in die oomblik. Ons maak planne en baie daarvan voer ons uit met ons wilskrag en energie. Dit laat ons voel ons is in beheer en dinge gebeur omdat ek dit so gekies het. Van God se uitkyk af gebeur dit soos hy dit beskik het vanaf die ewige verlede. Hy laat elke ding gebeur met die doel om sy plan uit te voer. Alles in die hele heelal werk saam om God se planne uit te voer sodat elke ding wat gebeur, gebeur omdat God dit gewil het in sy ewige raadsplan.
Dit is soos 'n albaster op 'n groot blaai. Jy lig die een punt dan hardloop die albaster soontoe. Dan lig jy daai kant en die albaster hardloop daai kant toe. Eventueel val die albaster anderkant af waarheen jy dit bestuur het. Elke mens wat God voor die skepping voorbeskik het om in die hemel te kom sal daar kom soos die albaster wat aan die anderkant afgeval het. Jesus het kom sterf om die plan vas te maak met sy bloed. Die plan is beseël in die bloed van Jesus. Elke mens wat God beplan het om in die hemel te kom se lewe het Jesus kom koop. Jesus is vooraf bestem om te kom sterf vir elke mens wat God voor die skepping bestem het om die hemel te bereik. Waarom sou God Jesus stuur om te kom sterf vir die wat hy reeds weet nie hemel toe gaan nie. Toe God Jesus voorbestem het voor hy geskep het, het hy presies geweet by die naam wie hemel toe gaan en hy het hulle by die naam gekies en predestineer met die dood en bloed van sy Seun.
As jy eiendom koop en afbetaal is dit joune en niemand kan dit van jou af wegvat nie. Jy kry die koopakte en dit is joune. Jesus het mense vir God gekoop wie die Vader voor die skepping vir hom gegee het. Hulle is syne en almal sal gered word en nie een sal verlore gaan nie. Dit kan nie anders nie, anders vaal Jesus se kruis en sy bloed is waardeloos. Jesus se bloed is nie papier geld nie. Dit is die kosbare bloed van die Seun van God. Dit wat daarmee gekoop en betaal is behoort aan God en kan nie verlore gaan nie. Jesus is vooraf bestem om 'n definitiewe verlossing vir definitiewe mense by die naam te bewerk vir die Vader se eer. Die mense se name is op die Vader se handpalm geskryf nog voor hy Adam en Eva geskep het. Wie gaan dit daar afhaal en wie gaan die Seun se dood en opstanding vir hulle onwaar maak? Nie eers die poorte van die hel nie.
No comments :
Post a Comment