Wednesday, October 14, 2015

Wat is erger as 'n Wolf in Skaapsklere? 'n Wolf in 'n Herderskleed!

Wolf in Herderskleed
Die brief was vandag (14 Oktober 2015) in die Volksblad koerant.

"Ons moet nie die rol van die NG Kerk se Teologiese Fakulteite miskyk in die besluite van die Sinode om homoseksuele en lesbiese leraars nou in die kerk aan te stel nie.

Die professore van Stellenbosch het ‘n amptelike versoek aan die Sinode gerig dat leraars in homoseksuele verhoudings toegelaat moet word om met mekaar te kan trou. Hulle versoek is amper woordeliks deur die Sinode toegestaan.

Prof Fanie Snyman, dekaan van Teologie by die Vrystaat het gesê: “Ek steun Stellenbosch se beskrywingspunt volledig en is daarvan oortuig dat die oorgrote meerderheid van ons dosente (op Bloemfontein) die beskrywingspunt steun”. Hy het ook groot dankbaarheid by die Sinode uitgespreek oor die besluite.

Prof Dirk Human van Pretoria het gesê: “Ek dink nie dat die sewe tekste (in die Bybel wat oor homoseksualiteit handel) iets sê oor selfdegeslagverhoudings soos ons dit ken nie.”

Dit is die soort leiding wat die dieTeologiese Fakulteite in hierdie tyd aan die Kerk gegee het oor die homoseksuele vraagstuk. Wat my betref het die integriteit van die kerk se teologiese opleiding hiermee ernstig in gedrang gekom en die Kuratoria wat daaroor moet toesig hou is antwoorde aan die Kerk verskuldig." (Jan Louw, Reitz)

Jesus het vir Petrus gesê, "Laat my lammers wei!...Pas my skape op!...Laat my skape wei!" (John 21:15-17). Paulus het vir die Efese ouderlinge gesê, "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie" (Acts 20:28-31). Hierdie Skrifgedeeltes reflekteer eerste die hart van die HERE Jesus as die Hoof-herder en dan die hart van die herders wat Hy aangestel het oor Sy kudde.

Die NG kerk sinode het onlangs besluit dat homoseksualiteit nie meer sonde is nie en dat "gay" mense nou in die kerk kan trou en selfs as leraars aangestel word. Die brief hierbo beklemtoon die kern van die probleem. As die herders nie meer die Woord van God as enigste gesag en rigsnoer volg nie, word die skape vir die wolwe gevoer. Dan word die leraar in die preekstoel 'n wolf in 'n herderskleed.

1 comment :

  1. En so word ons samelewing stukkie vir stukkie, subtiel verander en word bewaarheid: "Dit wat reg is sal verkeerd wees en dit wat verkeerd is sal reg wees"

    ReplyDelete