Bart Vosloo skryf in ‘n epos oor die vergadering:
Vriende ek gee net vir julle n kort oorsig wat gister gebeur het. Al die ringe van Suid-Kaap het by George byeen gekom. Ons was ongeveer 100 aanwesig. Die moderator was self teenwoordig. ‘n Marais van die sinode het die bespreking gelei. [Ek sal DV oor die naweek volledig rapporteer en my mening gee oor ons pad voorentoe].
Al die aanwesiges het dit duidelik gemaak hul gemeentes verwerp die AS se besluit. Daar was nie een enkele aanwesig wat hulle gesteun het nie. Die taktiek op hierdie vergadering van die moderamen se kant was om alles te herhaal wat ons reeds weet. Ek het hierteen beswaar gemaak en my beswaar is gehandhaaf. Ons het toe dadelik na “luister” oor gegaan.
Pieter Hurter ek het toe die verslag wat jy so netjies vir ons afgerond het voor gelees. Hulle was ontsteld, dit kon jy op hulle gesigte lees. Al opmerking van Marais was dat ek het gemeld dat ek 8 minute sou wees en ek het 15 minute gepraat. Hulle was duidelik ongemaklik. Hierna het die een na die ander lidmaat of predikant opgestaan en gese hulle verwerp die AS se besluit en hul redes gegee. Die moderatuur het op al die besware feitlik nie gereageer nie.
Die moderator prof Nelis het toe repliek gelewer en vol selfvertroue weer net die AS se besluit probeer verduidelik. Ongeveer 70-80% van ons teenwoordig het toe uit gestap en huis toe gegaan.
In die begin van die byeenkoms het die moderator versoek dat almal tog teenwoordig moet wees by die “Afsluiting: Agape Liturgie” [Nagmaal].
Ek glo die uitstap van ons het meer gesê as enigiets anders. Ons kan nie toelaat dat hierdie klein groepie ons kerk verder benadeel nie.
Groete,
Bart Vosloo
NS: In reaksie op die berig skryf Düring Cornelius die volgende. "Streeksinodes en ringe sal oor twee goed ernstig moet besin: Om 'n duidelike boodskap aan die AS te gee dat hul op geen wyse deel kan wees van 'n AS wat ruimte maak vir diegene wat nie meer die geloofswaarhede in die 3 Belydenisskrifte wil onderskryf nie (bestaan van die duiwel, hemel, hel, liggaamlike opstanding en hemelvaart van Christus, ens); Tweedens sal ernstig besin moet word oor die teologiese opleiding van predikante - of daar voortgegaan moet word om universiteite hiermee te vertrou, en of die kerk nie weer die opleiding self moet behartig nie. Te veel leraars tree toe tot die bediening vir wie die Bybel nie meer die Woord van God is nie. Hierdie post modernistiese stem begin al swaarder te weeg by instansies soos die AS. Ek is bevrees wat op die spel is is heelwat dieper as net 'n hermeneutiese stryd, soos Henk hierbo na verwys."
...en as die behoudendes doen waarvoor die oenskynlike meerderheid nou vra, nl. om nie "deel te wees van 'n AS wat ruimte maak vir andere wat nie die 3 Belydenisskrifte wil onderskryf nie", ens., of om die Moderamen aan te kla, soos een gemeente vra om te doen (Mosselbaai - kan nie onthou nie?) - sal hulle (ons behoudende broers m.a.w.) weer die amper vergete Ferdie Mulder "in ere herstel" - hy wat die versiendheid gehad het en hierdie geveg al 'n paar jaar gelede begin veg het en verneder en uitgewerp is deur hierdie einste spul dwaalleraars?
ReplyDelete