![]() |
Can we host the Presence of God? |
Gordon Fee het die volgende gesê: "Show me a church’s songs and I’ll show you their theology." Is dit nie waar nie? Kerke se teologiese grondslag word in die meeste kere uitgedruk in die lirieke en styl van hul musiek. Die moderne "worship-movement" is 'n baie sterk beweging onder veral vandag se jongmense en millennials. Die volgende aanhalings beskryf die beweging se doel: "Hosting the presence of God and release His power in the atmosphere around you." (Bill Johnson van Bethel Redding Kerk; tuiste van Jesus Culture). "Are you ready to go deeper and higher in God’s presence? The revelation by Minister Ronney Laws of Worship Arise International on music, worship & praise and the Tabernacle of David is taking the country by storm! Congregations are being transformed by the liberating truth that there is more to worship than what we’ve been experiencing on a typical Sunday."
Die beweging word ook versterk en ondersteun deur die kontemporêre gospel musiek bedryf. Die een voed die ander en visa versa. Die worship-fenomeen is een van die grootste misleidings van veral jongmense en middeljariges na die charismatiese en "seeker sensitive" kerke. Groepe soos Jesus Culture en Hillsong speel 'n leidende rol. 'n Moderne kerk sonder 'n behoorlike verhoog en "worship-band" word net nie gereken as kerk nie. Daar word gereken dat kerke wat nie 'n "band" met 'n verhoog het nie outyds en vervelig is. Kerke wat "hymns," Psalms en skrifberymings sing met klavier, orrel, klassieke kitaar en vioolmusiek het agter geraak. Kerke sonder 'n worship-band loop dood en is nie gewild nie. Kerke wat eerder fokus op gebed en aanbidding uit die hart sonder aanhitsing is nie gewild nie. Kerke wat klem lê op gesonde leer en Woord-fokus is vervelig. Die "worship" beweging is gebaseer op vermaak, tegnologie, ligte, dromme, kitare, "attitude" en moet cool wees. Die verhoog, en alles wat daarop gebeur, speel 'n leidende rol in die erediens. Dit gaan alles oor vermaak van die massas en hoe om hulle opgewek en vermaak te laat voel. Die idee is om mense die "worship experience" te laat ervaar. "Prais & Worship" is 'n ervaring wat gebruik word om die kerk aan die lewe te hou. Vermaak, herhaling van treffende slagspreuke in lirieke, emosionele meesleuring en mistieke geestelike ervarings is die kern van die "worship-experience." Die aanhangers hiervan ervaar allerhande verbeeldingsvlugte in die vorm van visioene, drome, gesigte, stemme en verskeie ekstatiese ervarings wat lei tot uitbundige uitbarstings van babbel tale, profesieë en beelde met sogenaamde geestelike betekenis. Ek is seker die lesers van die artikel het al ervaar hoe maklik mens sensories en emosioneel op 'n verbeeldingsvlug geneem kan word na 'n onbekende wêreld deur musiek. Die gevaar is dat alles toegeskryf word aan die werk van die Heilige Gees.
Die beweging het 'n baie sterk houvas op mense. Die ervaring moet ook soms al hoe groter word om aan die massas se verwagtinge te voldoen. Kerke spandeer baie geld aan klanktoerusting, beligting, rookmasjiene, musiek instrumente, akoestiek en "attitude" wat alles bydra tot die "worship-experience." Sonder dat baie mense besef is dit 'n poging om die werk van die Heilige Gees na te boots en kunsmatig aan te hits. Dit skep die teelaarde vir vals werke van Satan deur mense se emosies en ervarings te manipuleer met musiek om hulle op 'n verbeeldingsvlug te neem na 'n onbekende wêreld. Dit is wat die Bybel beskryf as die Satan wat hom voordoen as 'n engel van die lig (2 Cor. 11:14). As jy mooi lees wat hier beskryf is sal jy agterkom hoe min die "worship-movement" werklik verskil van al die ekstatiese dreun-sang beginsels van heidense godsdienste deur die eeue. Al verskil is dat dit verwesters en gemoderniseer is om meer aanvaarbaar en "mooi" te wees vir ons moderne westerse kultuur.
'n Vriend wat in die musiek bedryf is en al navorsing oor die mag van musiek gedoen het, het die kommentaar geskryf:
"Ek het destyds met my insette by o.a. ATKV liedjieskole en die gebruik van musiek by jeugleiersprogramme redelik diep geloer na die invloed van klank en musiek op mense en hul emosies. My oplees was wyd en het gedraai by 'chanting' wat in alle 'gelowe' voorkom, Japanese navorsing oor klank en genesing, 'white noise,' 'entrainment' hartritme, toonaarde en emosie ens. ens. Daar is nogal soms heelwat van dieselfde musiekelemente teenwoordig by sommige gemeentes se eredienste en pop/countrykonserte wat dieselfde emosienele effek op mense het. Stem beslis saam dat die woordinhoud van liedere 'n duidelike teolgie-aanwyser is. (Johann van der Watt)

No comments :
Post a Comment