In die skrywe verduidelik ek wat ek glo die Bybel leer aangaan die gawe van tale en wat dit was.
Daar is geen mens, engel, profeet of apostel en God self wat ooit in enige ander taal as mense tale gepraat het nie. Daar is geen Skrif gesag vir die idee van 'n geheime babbel taal wat mens deur die Gees kan praat wat nêrens op aarde bestaan nie. Op grond van wat wil mense die verskynsel regverdig? In die hele Bybel is daar geen voorbeeld nog doktrine van so iets. Ek weet nie op wat se gesag kan enige persoon die teologie so breedvoerig omskryf soos dit vandag gedoen word as daar geen so teologie in die Bybel bestaan soos dit vandag beskryf word nie. Dit is buite Bybels. Dit het ook nie in die kerk bestaan vir 1900 jaar tot en met die uitbreek van die charismatiese beweging in die laat 1800's tot vroeë 1900's. Die hele konsep van 'n onaardse geestelike taal bestaan net geensins in die Bybel nie. God stig gelowiges deur begrip en insig deur mense tale wat aan die hoorders uitgelê kan word of verstaan kan word. Nog nooit was dit anders.
Dit is nie 'n kuns om nou te babbel nie. Maar dit is beslis 'n wonderwerk om vlot in Russies te praat sonder dat ek dit ooit geleer of geken het. Dit is nog 'n groter teken en wonderwerk vir die hoorders wat weet ek ken glad nie Russies nie. Nog minder weet ek wat ek sê terwyl my hoorders dit verstaan en hoor in perfekte Russies. Dit noem mens 'n teken en wonderwerk. Nie 'n gebabbel wat maklik opgemaak kan word nie. Wat is nou 'n groter wonderwerk en teken as om vlot Chinees te kan praat terwyl ek nog nooit van te vore die klanke gemaak het nie. Om die evangelie in suiwer Chinees te spreek, of wat se wêreld taal, is 'n ware teken en wonder. Dit is 'n ongetwyfelde magtige wonderwerk. Ek het al gebabbel toe ek in die charismatiese kerke was. Dit is nie 'n kuns nie. Die dag toe ek met myself eerlik is het ek geweet die is 'n klomp snert. 'n Geraas wat geen doel en stigting het nie. Maar laat daar nou 'n vreemde onbereikte persoon inkom in wie se taal die Bybel nog nie is nie en niemand kan hom of haar taal verstaan of praat nie en iemand staan op en preek 'n perfekte evangelie boodskap in daai persoon se taal. Dit is 'n teken en wonder. En dit is wat in die Bybel gebeur het.

No comments :
Post a Comment