Tuesday, August 8, 2017

Wat glo en bely ek aangaande die Woord van God?

God verklaar self oor Sy eie Woord wat dit is en wat die aard van die inspirasie is waardeur die Woord gekom het (2 Tim. 3:16-17; 2 Pet. 1:19-21).

Dit is "God breathed." Dit beteken, al is die Bybel deur mense geskryf binne hul konteks en kultuur, was God so in beheer van die hele proses - kultuur, agtergrond, omstandighede en mense - dat dit wat die oorspronklike outeur neergepen het, woord-vir-woord, God se uitgeasemde Woorde is.

God verklaar verder dat Sy woorde suiwer en foutloos is en so bewaar sal word vir Sy Ekklesia. Die kerk sal altyd 'n betroubare, woord-vir-woord, weergawe hê van die oorspronklike Grieks en Hebreeus waarin die oorspronklike outograwe geskryf was.

Daar is twee beginsels wat God oor Sy eie Woord verklaar. Dit is woord-vir-woord foutloos en sal woord-vir woord deur Hom bewaar word vir die nageslagte. Die verse wat die twee beginsels verduidelik kan by die skakels gelees word: "Preservation of Scripture" en "Inerrancy Of The Bible."

Aangaande die aard van inspirasie van die Bybel, verduidelik Herman Bavinck soos volg:

"Inspiration extended to all chronological, historical, and geographical matters, indeed to the words, even the vowels and the diacritical marks" ~Herman Bavinck, Reformed Dogmatics Volume 1, p. 415

Aangaande die belangrikheid van 'n woord-vir-woord inspirasie van die Bybel, verduidelik Herman Bavinck soos volg:

"A historical, i.e., a human and fallible authority is not sufficient. Because religion pertains to our salvation and is related to our eternal interests, we can be satisfied with nothing less than divine authority. We must not only know that Scripture is the historical record of our knowledge of Christianity and that it most accurately contains and reproduces the original Christian ideas, but in religion we must know that Scripture is the word and truth of God. Without this certainty there is [for us] no comfort either in life or death. And not only does every Christian need this assurance, but the church itself as institution cannot dispense with this certainty either. Both the Christian faith and Christian preaching require divine authority as their foundation. Faith will totter if the authority of the divine Scriptures begins to waver." ~Herman Bavinck, Reformed Dogmatics Vol. 1, p. 461.
Die woord-vir-woord inspirasie en die behoud van die Bybel (verbal plenary inspiration) staan nie op logiese argumente of menslike redenasies nie. Die foutloosheid en behoud van God se Woord staan hoofsaaklik op God se eie beloftes.

So spreek die Here, Here,

"The WORDS of the Lord are PURE WORDS, like silver refined in a furnace on the ground, purified seven times. You, O Lord, will KEEP them; you will GUARD us from this generation FOREVER" (Ps. 12:6-7).

Sou die beloftes nie waar wees nie, dan lieg God en die Bybel is slegs 'n menslike dokument met gedagtes oor die Godheid soos die post-modernisme wel beweer.

Dan kan die Woord van die Here gebreek word. Dan is Jesus se woorde ook nie waar nie. "Scripture cannot be broken" (John 10:35). Dan kan ons ook nie Jesus se eie woorde gebruik nie, want dit was slegs Sy boodskap wat geïnspireer was.

Dan is morele regverdigmaking soos die Rooms-Katolieke Kerk beweer reg, want die woordjie "alleen" agter "genade" is debatteerbaar aangesien God dit nie geïnspireer het nie (Eph. 2:8). Paulus kon dit slegs bygevoeg het weens sy begrip van die godheid binne die konteks van sy tyd.

Tweeduisend jaar later kan ons ander betekenis heg aan woorde aangesien die boodskap belangrik is en nie die woorde nie. Dan is "Progressive Christianity" reg as hulle beweer woorde se betekenis verander met tyd en vandag kan ons ander betekenis daaraan heg, want God het nie woorde, tyd en sinskonstruksie geïnspireer nie.

Dan bevat die boodskap wel sekere goeie dinge om na te volg, maar die woorde daarin dra nie gesag nie. Dit is maar net hoe die mense van daai tyd vanuit hul ervaring dinge gestel het. Dan is Jesus nie die "Logos" of "Theos" (God) nie (Johannes 1).

Dan is die Jehova getuies en Moslems inderdaad reg. Hy is net "'n god", nie die "God-man" nie. Dan is Jesus se maagdelike geboorte voorwaar onder verdenking, want die woordjie "maagd" in Jesaja en Mattheus kan ook net jong vrou beteken en nie 'n "maagd" nie.

So val ons teologie op die grond.

Ek dank die Here dat Hy aan my in Sy Woord belowe dat Sy woord nie deur mense gekom het nie, maar deur die Gees uitgeasem is - woord-vir-woord. Dat apostels en profete deur die Gees gedryf was, soos wind 'n boot dring waar dit moet gaan, om woord-vir-woord neer te pen presies wat God wou sê, sodat dit Sy uitgeasemde woorde is.

Daarom kan ek vandag met goddelike gesag en vertroue verklaar, "so se die Here, Here," elke keer as ek die Woord, woord-vir-woord, lees. Daarom kan ek weet dat Hy totaal in beheer was van die proses, selfs voor die geboorte van die apostels en profete (Jer. 1:5; Gal. 1:15) - van die ewige verlede af.

Hy het alles beheer en perfek saamgestel. Kultuur, omstandighede, persoonlikhede, mense en woorde. Hy het alles gekies en saamgevoeg in presiesheid omdat Hy alomteenwoordig is. Omdat Hy God is. Omdat nie een molekule beweeg buite Sy beheer en raadsplan nie. Omdat Hy selfs die sonde gebruik om Sy wil uit te werk, sodat die sonde in die skrywers nie enige invloed gehad het op die suiwerheid van die Woord nie.

Daarom kon Hy woord-vir-woord deur direkte inspraak (by tye) of deur goddelike voorsienigheid (by ander tye) seker maak sondige mense skryf Sy woorde neer sodat dit Sy uitgeasemde stem is.

Hy was ook so in beheer van die kopieer proses sodat ons vandag 'n Griekse en Hebreeuse weergawe kan hê wat die oorspronklike getrou genoeg weergee sodat ons elke woord kan glo.

Die hoof rede is? "The WORDS of the Lord are PURE WORDS, like silver refined in a furnace on the ground, purified seven times. You, O Lord, will KEEP them; you will guard us from this generation FOREVER" (Ps. 12:6-7).

God het belowe om altyd aan sy Ekklesia 'n getroue weergawe beskikbaar te stel van al Sy woorde.

No comments :

Post a Comment