Thursday, August 10, 2017

Hoe moet ons die woord "Inspirasie" verstaan?

Inspirasie is 'n nuwe woord deur die mens geskep. Dit is 'n woord soos die "trinity." Die woord kom nie in die Bybel voor nie. Dit is iets wat ons geskep het om 'n Bybelse doktrine saam te vat.

Die probleem is die woord inspirasie kan misleidend wees. Dit skep die idee van inspraak of inblaas (inspire). Maw., God het in die mens sy boodskap ingeblaas en toe Skryf die mens. So konsep laat ruimte vir die vermenging van menslike foute en interpretasie met God se woorde.

Die Woord wat die Bybel gebruik, "θεόπνευστος, theopneustos", beteken uitgeasem (spired), nie "inspired" nie. Dit beteken "God breathed." Die idee wat God in die Bybel tuisgebring is dat God self Sy woorde uitgeasem het. Alhoewel dit deur mense geskryf was, was Hy absoluut in beheer sodat dit woorde is wat deur Hom uitgespreek is.

Die konsep laat nie ruimte vir foute in God se Woord nie aangesien God self Sy woorde uitasem en Hy nie foute kan maak nie, want Hy is perfek en heilig.

Die gedagte het verrykende gevolge vir ons konsep van inspirasie.

Al het mense geskryf, het God dit uitgeasem. God was so in beheer van die aksie, tyd, omstandighede, outeurs, agtergrond, kultuur en persoonlikhede, dat Hy alles gebruik, beplan en beheer het sodat elke woord wat geskryf sou word is asof deur Homself uitgeasem - deur Sy eie mond.

Binne so konsep is dit onmoontlik om woord vir woord inspirasie uit te sluit.

Sou mens dit uitsluit, dan is die stelling deur God in die Bybel gemaak onwaar. Sou mense dit insluit en weier om woord vir woord inspirasie te huldig, moet jy bely dat God foutiewe woorde uitgeasem het.

Woord vir woord inspirasie gee goddelike gesag aan die hele Woord tot op woord vlak sodat die prediker kan verklaar, so "se die Here, Here," by die lees van die Woord.

Dit gee die prediker die gesag om te verklaar dat die Bybel die heilige Woord van God is en geen foute het nie. Dit gee die leraar verder die Goddelike gesag om oor alle sake te kan praat. Dit maak die Bybel relevant en foutloos oor alle aspekte van die lewe.

Deur woord vir woord inspirasie kan die apologeet tot op woord vlak die vyande van die Bybel weerlê en wys wat elke woord beteken soos deur God uitgeasem.

Dit verhoed sekere mense om seker woorde weg te laat of te ignoreer. Sou ons nie woord vir woord inspirasie handhaaf nie, kan vertalers kies om sekere woorde wat nie sin maak nie weg te laat. Kan dwaalleraars woorde weglaat en verander soos hulle wil om die regte boodskap te kry.

Die betekenis van 'n teks is direk gekoppel aan die woorde wat gebruik word. Ek het ook hermeneutiek gestudeer. Een van die prosesse is om die woorde te analiseer in die Grieks of Hebreeus om te kyk wat dit beteken. Dit bepaal ook wat die teks beteken. Selfs die sinskonstruksie word geanaliseer om die kern idees te kry. Hoe wil iemand dan woordelikse inspirasie afmaak of ignoreer. Sonder dit sou hermeneutiek doelloos en gesagloos wees.

Sou ons nie woord vir woord inspirasie handhaaf nie, is baie van God se beloftes onwaar, soos die een. "the words of the LORD are flawless, like silver purified in a crucible, like gold refined seven times" (Ps. 12:6). Let op die meervoud, "words." Waar sou die woorde wees wat God gesuiwer het en belowe om verewig te bewaar. Is dit net sekere woorde in die Bybel?

Soos die een ook, "if anyone takes away from the WORDS (meervoud) of the book of this prophecy, God will take away his share in the tree of life and in the holy city" (Deut. 4:2; Rev. 22:19). Weereens, wat se woorde praat ons hier van? Is dit net sekere woord in die Grieks en Hebreeus? Of is dit alle woorde?

Ja, daar is 'n argument dat dit hier net oor Openbaring? Dit is eintlik 'n swak argument, want wat vir die HELE boek openbaring geld moet dan vir ander boeke ook geld. Of is ander boeke minder geïnspireer as Openbaring?

Verder word die beginsel in Deuteronomium ook herhaal. Geld dit ook net vir die eerste 4 boeke, of die wet? As die beginsel vir Openbaring en die eerste 4 boeke geld, waarom nie die res nie? Die Bybel is tog een Woord van God?

As ek van buite myself, deur God se oë (Bybel) na die sake kyk, het ek nie 'n keuse om te glo wat God sê nie. Dat die HELE Skrif, woord vir woord uitgeasem is deur Hom.

Die moderne idees aangaande inspirasie - dat slegs 'n boodskap geïnspireer was - is nuwe idees van die afgelope 100-150 jaar. Dit is nie deur die kerk deur die geskiedenis gehandhaaf nie. Konstant deur die geskiedenis van die kerk het teoloë woord vir woord inspirasie gehandhaaf; dat die hele woord in sy totaliteit foutloos en gesaghebbend is.

Die Belgic Confession (Nederlandse Geloofsbelydenis) en Westminster Confession handhaaf konstant woordelikse inspirasie.

Verder, in die Bybel bestaan daar nie die idee dat slegs die boodskap geïnspireer is nie. Dit vaal op verskeie punte.

Dit sou beteken ons kan maar woorde weglaat sonder risiko. Dit is nie wat God belowe of teen waarsku nie. Tweedens, ontken dit God se definisie aangaande inspirasie - die hele Skrif is "God breathed." Sou woordelikse inspirasie nie waar wees nie, beteken dit God het foutiewe en onheilige woorde uitgeasem.

Verder sien ons in die Bybel dat al die verse wat oor die suiwerheid en inspirasie van die woord praat, gaan tot op woord vlak af (2 Tim. 3:16-17; 2 Pet. 1:19-21; Ps. 12:6; om 'n paar te noem).

Vir 'n meer volledige lys van verse aangaande inspirasie en foutloosheid besoek die skakels: "Preservation of Scripture" en "Inerrancy Of The Bible."

God het in die Bybel belowe om Sy Woord te suiwer, te heilig en verewig te bewaar, wat deur Hom woordeliks uitgeasem was.

En daarop se ek AMEN, laat dit so wees!

No comments :

Post a Comment