Tuesday, October 16, 2018

'n Streep in die Sand - Ope Brief aan Neels Jackson deur Andre Bekker

Die brief word geplaas met toestemming van die outeur. Andre Bekker poog in die brief om die begrip "oriëntasie" reg te definieer en toe te pas op alle gebiede, nie net op homoseksuele oriëntasie nie. Die argument is, sou mens beweer homoseks is 'n orientasie, moet jy dieselfde beginsel op gelyke vlak toepas op ander sosiale konstrukte ook.

Andre skryf...

Die gebeure die afgelope paar weke het die debat rondom homoseksualiteit en pedofilie tot ’n spits gedryf, toe daar uitlatings gemaak is dat ’n klagte van haatspraak by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak sou word. Dít omdat daar kwansuis ’n vergelyking tussen dié twee gemaak is en, daar na pedofilie verwys sou gewees het as ’n oriëntasie.

’n Streep is hiermee in die sand getrek. In beginsel is besluit, dat sou die klagte inderdaad voortgaan, ons dit tot by die Konstitusionelehof sou voer, indien dit daarop sou aankom.

Die voorafgenoemde besluit is geneem, weens die miskenning van ’n pedofiel se oriëntasie en gevolglik sy konstitusionele regte. In ’n Ope Brief aan die Moderatuur het ek die bestaan van so oriëntasie verklaar. Alhoewel in leketaal, word die genoemde feite gerugsteun deur wetenskaplike navorsing en my eie ervaring daarvan.

Dit is op grond hiervan dat ek die skywe aan jou rig. Jou siening van pedofilie, het ek skriftelik op rekord. Ongelukkig het jy, soos baie ander, ’n verwronge idee dat ’n pedofiel en ’n kindermolesteerder sinoniem met mekaar is. Dit is hierdie persepsie wat ek deur hierdie skrywe die nek wil inslaan. So ’n regstelling plaas die onus op jou om dit ter harte te neem of af te wys. Sou jy dit egter afwys, bestaan die potensiaal dat jy jou op ’n stadium voor die Gelykheidshof gaan bevind.

Oriëntasie is ’n sosiale konstruk. Gesien uit ’n gender perspektief, het elke mens ’n oriëntasie. Dit sluit die pedofiel in. Neem ons die homoseksuele pedofiel as voorbeeld, is die volgende van toepassing; Hy is ’n man (geslag), wat aangetrokke is tot ’n persoon van dieselfde geslag (homoseksueel – gender-oriëntasie). Dit bring ons by die aspek van oriëntasie genaamd “ouderdom-oriëntasie.” Met díe term word bedoel die ouderdomsgroep waartoe ’n persoon aangetrokke voel. Dit sê bloot dat ’n persoon is aangetrokke tot iemand, en hierdie iemand het ’n ouderdom.

Net soos gender-oriëntasie is ouderdom-oriëntasie vir die oorgrote meerderheid van mense nie ’n doelbewuste, op-die-ingewing-van-die-oomblik, keuse nie. Om dit vir ’n heteroseksuele persoon meer in konteks te stel, hoef hy homself net die vraag af te vra, hoekom is ek bv. aangetrokke tot ’n vrou van my eie ouderdom? Wanneer het ek hierdie keuses gemaak? Die antwoord gaan waarskynlik iets wees soos ek weet nie hoekom ek tot ’n vrou van die spesifieke ouderdom aangetrokke voel nie en ek het ook nie ’n doelbewuste keuse gemaak om só aangetrokke te voel nie. Dieselfde kan gesê word van enige ander oriëntasie.

Die ironie is egter dat daar baie onlogies oor oriëntasie geredeneer word. ’n Persoon kan ’n homoseksuele androfiel wees (aangetrokke tot ’n man wat fisies volwasse is). Hy kan ’n homoseksuele ephebefiel wees (aangetrokke tot ’n manlike persoon tussen die ouderdom 16 tot 19 jaar), of hy kan ’n teleiofiel wees (’n kind of adolessent wat seksueel tot ’n volwasse persoon aangetrokke is), en sy oriëntasie sal nie bevraagteken word nie. Tog word ’n pedofiel (aangetrokke tot seuns onder die ouderdom van 11) se oriëntasie bevraagteken en afgemaak asof dit nie bestaansreg het of geldig is nie. Dit maak mos nie sin dat al die ander ouderdomsgroepe oriëntasies is maar net pedofilie nie?

Ek wil ’n paar aspekte oor die saak deur die lens van die wetenskap aan jou uitwys.

Dr Jahnke skryf in The Stigma of Pedophilia - Clinical and Forensic Implications:
There is an emerging consensus among researchers that having pedophilic interests is not synonymous with child sexual abuse or other amoral behavior. Nevertheless, misconceptions about pedophilia are highly prevalent among the general public and mental health practitioners.
Sy sê verder:
Pedophilia, that is, a sexual attraction to prepubescent children, has drawn a lot of scientific attention in recent years. Consequently, our understanding of this particular sexual makeup has evolved rapidly. First, the idea that pedophilia may be best understood as a sexual orientation, which, akin to homo- or heterosexuality, starts early and remains stable over the course of life, is now gaining acceptance amongst the scientific community.
Sy verduidelik voorts:
Note that the Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (now in its fifth edition, American Psychiatric Association, 2013) now uses the term pedophilia to describe a sexual interest in children that is not considered pathological in and of itself. A pedophilic disorder can only be diagnosed when the person who has pedophilic fantasies also commits corresponding sexual offenses involving children or sexual child abuse materials, or experiences distress because of these urges. In line with these important terminological changes, the term pedophilia is henceforward used only to refer to a type of sexual interest in prepubescent children and does not imply a clinical diagnosis or sexual misconduct.
Dit is nodig om ag te slaan op wat Jahnke sê aangaande stigma:
The term stigma is used to refer to attributes or “marks” that are deeply discrediting, eliciting avoidance of or aggression towards the carrier of the attribute who is perceived as bad, dangerous, or weak. Stigmatization is “the condition of being denied full social acceptance” because of the discrediting. Believing in negative assumptions (also referred to as prejudices) about a person carrying a stigma elicits negative emotions, which may in turn motivate discrimination. Therefore, stigmatization has measurable effects on people’s life chances by, for instance, limiting access to appropriate housing, health-care, or work opportunities. 
Yet, having a stigma is considered highly stressful even if the stigma carrier manages to avoid discrimination by hiding the stigmatized attribute (which is most likely the case for the majority of people with pedophilic interests in the community. Beyond the experience of social isolation and discrimination, stress-inducing processes among sexual minority (LGB, i.e., lesbian, gay, bisexual, currently often referred to as LGBTQ to include people with transsexual and queer identities) groups include efforts to conceal stigmatized attributes and fearful expectations of being discovered, as well as the internalization of negative stereotypes. It is through stigma-related stress that stigmatization is believed to exert a negative effect on the well-being and mental health of a person possessing a stigma. As pedophilic individuals are also stigmatized due to their sexual makeup, we would expect their reactions to be similar to those of LGBTQ people.
In die lig van Kerkbode, 2 Oktober 2018, se artikel Hou By Waardes Van Seisoen Van Menswaardigheid, Vra Predikante, is dit van pas dat ek jou daaraan herinner dat:
The negative stereotyping and stigmatization by gay rights activists of pedophiles is a sad end to the long struggle for tolerance by the gay community; the oppressed have become the oppressors. Their irrational prejudice perpetuates misunderstanding and harm against the pedophilic community. It demonstrates a disregard for diversity and a refusal to respect basic human rights of dignity and self-determination. It is observed, that tolerance, like respect and dignity, is best travelled on a two-way street. A quote from Mr. Mandela is very apt, when he stated: To be free is not merely to cast of one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.
Die lyn is in die sand getrek. Daar kan nie langer toegelaat word dat gayregte aktiviste gemarginaliseerdes van hulle waardigheid stroop en hulle met disrespek behandel nie.
Demands for tolerance by one group can never justify intolerance or ridicule of another. Mr. Mandela is quoted saying: It is not our diversity which divides us; it is not our ethnicity, or religion or culture that divides us. Since we have achieved our freedom, there can only be one division amongst us: between those who cherish democracy and those who do not.
Ek vertrou dat hierdie kort uiteensetting jou sal laat besin oor hoe jy oor pedofiele dink en jou daaropvolgende optrede. Mag dit jou gesindheid verander en daartoe lei dat jy hulle menswaardigheid sal koester en hulle met respek behandel.

Groete
André Bekker

Sunday, October 7, 2018

Wetenskaplike Gebrabbel in Leketaal - Ope Brief aan die Moderatuur van die NG-Kerk deur Andre Bekker

"In a time of universal deceit, telling the truth is a revolutionary act" ~George Orwell

As ’n persoon wat eens ’n homoseksuele pedofiel was, volg ek die gebeure, soos dit hulleself tans in die NG Kerk afspeel, met groot belangstelling en diep bekommernis. Dit verstom my om te lees dat prof. Juan Nel kan sê: “We strongly reject Dr Van Wyk’s statement that homosexuality and pedophilic disorder are related; sexual orientation and sexual interest are not the same or even comparable.”

Voordat ek egter iets oor oriëntasie sê, verwys ek na die artikel Sielkundevereniging Reageer Op “Wanvoorstellings”, van 29 September 2018, in die Kerkbode. Die artikel bevat An Open Statement by the Psychological Society of South Africa’s Sexuality and Gender Division.

Dit is belangrik dat die genoemde verklaring in konteks geplaas word. Die verklaring is onderteken deur onder andere prof. Juan Nel, ’n gayregte aktivis. Die verklaring dra dieselfde sentimente oor as die ASSAf dokument bekend as Diversity In Human Sexuality Report, waarvan prof. Nel instrumenteel was, in die daarstelling daarvan. Dit is ’n politieskorrekte dokument, in diens van die bevordering van gayregte, onder die vaandel van wetenskap. Diamond in Scrutinizing Immutability: “The authors deployed the same exaggerations of scientific evidence that have long characterized immutability debates, concluding that ‘all sexual orientations are biologically based, largely innate and mostly unchangeable’ (p. 22).”

Dr. Rosik verwys na die voorafgaande aanhaling op bl. 17-18 van Quiet Death of Sexual Orientation Immutability en sê:
“I admit to being pleasantly surprised that the authors concur with the Alliance’s opinion on this aspect of the report ... Diamond and Rosky contend that this “overinterpretation”—which might be considered a sanitized term for scientific deception—is justified on the grounds that belief in immutability in the African context will save lives of LGB Africans. I would like to believe that this is true, but I wonder if this is primarily a rationalizing of scientific dishonesty in the interest of changing public policy. I wonder this in part because it would seem to me that such reasoning is quite insulting to the average African, appearing to assume that Africans are so culturally backwards that they would not be able or know how to access this information on the Internet. Are not Africans with such inclinations likely to be even less sympathetic to Diamond and Rosky’s concerns when they learn that they have been lied to by the ASSAf Report?”
Vir ’n wetenskaplike evaluering van die Report kan The Alliance for Therapeutic Choice and Scientific Integrity se Response to ASSAf Report bestudeer word.

Oriëntasie

Dit bring my dan by die bespreking van oriëntasie, waarvan die kompleksiteit nie hier bespreek gaan word nie, maar oor gelees kan word in my Ope Brief Aan NGK Leraars-2017. In leketaal gaan ek die verband tussen oriëntasie en pedofilie, aan die hand van die volgende aanhaling, aan die leser uitwys:
“With respect to various components of sexual orientation, an individual may be heterosexual, homosexual, bisexual, as well as fetishistic, transvestitic, zoophiliac, [pedophilic] (my byvoeging) and so on. It is important to note that these are not mutually exclusive categories.
’n Persoon se oriëntasie bestaan uit verskillende samestellende dele, wat uniek is aan daardie persoon. ’n Mens kan dit so verduidelik dat daar twee geslagte is nl. manlik en vroulik. Die onderskeie geslagte is op hulle beurt weer of heteroseksueel, of biseksueel, of homoseksueel.

Hierbenewens is daar die aangetrokkenheid tot die volgende ouderdomsgroepe:
  • Infantofiele (onder die ouderdom van 5 jaar)
  • Pedofiele (onder die ouderdom van 11 jaar)
  • Ebefiele (11 tot 14 jaar)
  • Ephebefiele (15 tot 19 jaar)
  • Pedohebefiele (beide onder 11 en 11 tot 14)
  • Teleiofiele (’n kind of adolessent wat seksueel tot ’n volwasse persoon aangetrokke is)
  • Gerontofiele (aangetrokke tot persone 50 jaar en ouer)
  • Aangetrokke tot volwassenes van dieselfde ouderdomsgroep
  • Aangetrokke tot volwassenes ouer as hulleself

Prof. Nel skryf, “Sexual orientation refers to a person’s emotional, affectional, romantic and sexual attraction to a person.”

’n Spesifieke gay persoon se oriëntasie kan soos volg daar uitsien: hy is ’n man (geslag) wat aangetrokke is tot ’n ander manlike persoon (homoseksueel) tussen die ouderdom van 8 tot 11 jaar (pedofilie) insluitend sy eie kind (bloedskande) en hy vind plesier daarin om vroueklere aan te trek (transvestiet) en die persoon van voorkeur se tone te lek (fetish) vir erotiese vervulling.
Die leser sal met my saamstem dat hierdie homoseksuele pedofiel voldoen sovêr aan die vereistes van die definisie van seksuele oriëntasie.

Prof. Nel skryf verder, “[Sexual orientation] can also refer to a person’s core sense of identity based on those attractions, related behaviours, and membership in a community of others who share those attractions.”

Die homoseksuele pedofiel identifiseer met sy aangetrokkenheid en internaliseer dit as sy kern-identiteit. Hy kyk ook na kinderpornografie en behoort aan die North American Man-Boy Love Association (NAMBLA) en voel homself tuis in die gemeenskap van andere wat dieselfde aangetrokkenheid as hy beleef. Hy voldoen dus aan die definisie van oriëntasie.

Prof. Nel skryf verder, “Research and clinical experience further conclude that for most people sexual orientation is not ‘a choice’ or ‘voluntary’.” Hierdie is ook die ervaring van die homoseksuele pedofiel en hy voldoen dus steeds aan die vereistes of kenmerke van ’n oriëntasie.

Laastens skryf prof. Nel “The core aspects of sexual orientation, whether heterosexual, homosexual or bisexual, typically emerge by early adolescence, even though the individual may not yet have become sexually active.” Dit was ook die ervaring van hierdie homoseksuele pedofiel en het hy dus aan die vereistes van ’n oriëntasie voldoen.

Waar pas “pedophilic disorder” dan in?

Pedofilie lê klem op die spesifieke gedeelte van ’n persoon se oriëntasie, wat fokus op die ouderdomsgroep na wie toe so ‘n persoon aangetrokke voel. Dit is die gedeelte van ’n persoon wat gekriminaliseer is en wat as ’n afwyking beskou word, maar die maatreëls, verander nie die feit dat dit die persoon se oriëntasie is nie.

Dit beteken dat die persoon nie op sy oriëntasie kan handel, sonder om moontlike vervolging in die gesig te staar nie. Hy moet dus of verander of hy moet selibaat bly. Klink dit bekend? Dit impliseer dat enige persoon met ’n ongewenste oriëntasie dus die hoop het om iets daaraan te kan doen.

Dit is dié feite wat my genoop het om ‘n Ope Brief aan Prop. Hennie Pienaar te skryf.
Dit behoort uit die voorafgaande uiteensetting en aanhalings duidelik te wees dat die skerp onderskeid wat prof Juan Nel maak tussen homoseksualiteit en pedofilie asook tussen ‘n seksuele oriëntasie en ‘n seksuele belangstelling uiters problematies en hoogs aanvegbaar is.

Implikasies vir die kerk

Wat is die implikasies vir die kerk? Die gay persoon wat as ’n pedofiel deurgaan kan openlik gay wees, maar as pedofiel is hy in die kas. Hy sit op die kerkbanke, werk in die kerk se kleuterskole, is betrokke in die Sondagskole en word jeugleier.

Ek is oortuig die pro-gay groep is nie onbewus van hierdie feite nie.

Dit was laat November 2015 toe ek ’n oproep van Dr. Marietjie van Loggerenberg gekry het, waarin sy my nooi om deel van ’n paneel te wees, waar ek my getuienis sal gee as deel van hulle Dagkonferensie, 20 Januarie 2016. Sy maak toe ook ’n afspraak sodat ons voor die tyd ontmoet en sy darem in persoon met my kan gesels.

Ons reël toe om by Cafe 41, in Groenkloof te ontmoet. Tydens ons gesprek vra sy my uit oor myself en ek vertel haar oor die pad wat ek gestap het en onder andere dat ek ’n pedofiel was. Dit het haar ongemaklik gestem. Sy vra my toe of ek al ooit vervolg was deur die owerhede. Waarop ek toe vir haar sê nee. Sy vra my toe of ek nie bang is om vervolg te word nie, waarop ek haar antwoord dat ek bereid is om vir die waarheid tronk toe te gaan. Ek kon sien sy is gesteurd en die geïrriteerdheid was hoorbaar in haar stem, toe sy vir my sê ek mag niks op die konferensie iets oor die feit sê dat ek ’n pedofiel was nie. Sou ek iets sê sal sy my stilmaak. Kort na sy dit gesê het, ervaar ek in my gees die Here sê jy sal nie stilbly nie. So het die dag aangebreek en ek het genoem van my aangetrokkenheid tot jonger persone. Sy het my egter nie stilgemaak nie.

’n Paar weke later kry ek weer ’n oproep van haar. Sy deel my toe mee dat hulle besig is om hulle video’s van die konferensie te finaliseer en vra toe of ek tevrede is met wat ek gesê het en of ek enigiets wil uithaal. Ek het vir haar gesê dat ek tevrede is net soos dit verloop het en dat hulle maar kan voortgaan. Sy was egter nie tevrede en het die vraag seker drie keer herhaal. Dit is toe dat sy vra of ek tevrede is met die gedeelte wat ek genoem het van pedofilie, en of ek dit nie sal wil uithaal nie. Ek het vir haar gesê dat ek tevrede is met wat ek gesê het en dat hulle dit nie mag verwyder nie anders sal dit baie oneties van hulle wees. Dit was vir my duidelik dat sy nie wou hê dat die saak van pedofilie genoem moes gewees het nie.

Ek vertrou dat die kerk sal herbesin oor die oortuiging dat seksuele oriëntasie ‘n gawe van God is.

Groete
André Bekker

Tuesday, October 2, 2018

My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte


(Met vergunning van dr. Chris van Wyk, plaas ek sy antwoord op ds. Nelis Janse van Rensburg se artikel waarin hy sy persoonlike standpunt oor die gay-kwessie binne die NG Kerk weergegee het.)

Broer Nelis Janse van Rensburg, ek waardeer die eerlikheid waarmee jy as voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk, jou standpunt oor selfdegeslagverhoudings bekend maak. Dit open die weg vir ‘n openhartige gesprek oor die redes en implikasies van die Algemene Sinode 2016 se besluit.

Ek wil jou herinner daaraan dat die Algemene Sinode 2016 sy besluite geneem het op grond van ‘n stortvloed getuienisse uit die kerk. Daar was meer as ‘n 100 gravamina van gewone lidmate en leraars, gemeentes, ringe en sinodes, altesaam meer as 800 bladsye. Meer gravamina as ooit tevore. Dit getuig van ‘n baie betrokke en meelewende kerk.

Die Algemene Sinode 2016 het op grond van hulle langdurige besinning oor die Skrif en die belydenisskrifte daarom: "herbevestig dat die huwelik deur God ingestel is as ’n heilige en lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou en dat enige seksuele gemeenskap buite so ’n vaste formele huweliksverbintenis nie aan Christelike riglyne voldoen nie." Dit is ‘n gewigtige en leidinggewende besluit. Begrond op die Bybel en die belydenisskrifte.

Jou eie standpunt wyk egter daarvan af. En ek hoor nie dat jy dit begrond in die Skrif en die belydenisskrifte nie. Jy begrond dit in jou eie aanname oor God en wat sy wil vir seksualiteit is. Ek sal graag daaroor ‘n paar dinge wil sê ter wille van gesprek.

1. Anders as wat jy beweer, is seksuele oriëntasie nie iets waarmee 'n mens gebore word nie. So lees ek in wetenskaplike artikels. Dit is iets wat ontwikkel aan die hand van jou ervaring van aangetrokkenheid tot ander mense. Dit word met puberteit al hoe duideliker. Jou fisiese, emosionele, seksuele en romantiese aangetrokkenheid speel alles 'n rol.

Seksuele oriëntasie kan daarom moeilik sonder meer as 'n gawe van God beskryf word, soos jy dit doen. Dit staan nie só in die Bybel nie. Dit is dus nie deel van God se openbaring aan ons nie.

Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ‘n gawe van God is, sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as 'n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges (opdatering ter wille van duidelikheid: die APA het die begrip "oriëntasie" in DSM V na hewige teenkanting aangepas na "belangstelling", maar beskryf pedofilie steeds as 'n normale belangstelling, nie as 'n afwyking, en in ons taal 'n sonde nie). 'n Mens sou pedofilie dan ook as 'n goeie gawe van God moet beskryf. Iets wat moeilik in ‘n geloofsgemeenskap gedoen kan word.

2. Om verder uit te brei daarop. Seksuele oriëntasie word glad nie in die Bybel beskryf nie. Net geslagtelike identiteit en seksuele gedrag. God het die mens gemaak as twee geslagte, manlik en vroulik (Gen 1:27). Dit is die Bybelse mens- en wêreldbeeld. Die twee geslagte word egter nie as 'n seksuele oriëntasie beskryf nie, slegs as 'n seksuele identiteit. Seksuele identiteit is 'n gawe van God, nie seksuele oriëntasie nie. Wie daarmee verskil, verander of verwerp die Bybelse mens- en wêreldbeeld.

Die Bybel is ook eksplisiet daaroor dat hierdie seksuele identiteit net in 'n huwelik tussen 'n man en 'n vrou uitgeleef mag word. Alle seksuele aktiwiteit buite die ruimte van die huwelik word veroordeel, soos dit uitvoerig in die wet (Genesis 9; 19; Levitikus 18-20; Deuteronomium 19-26), die geskrifte (Rigters 19), die profete (Mal 2), sowel as die evangelies en die res van die NT uitgespel word. Dit gaan dus oor seksuele identiteit en gedrag, nie oor seksuele oriëntasie nie.

Jesus beskryf die gedagtes wat onder andere tot owerspel, egbreuk, prostitusie, en losbandigheid lei as boos (Mark 7:20-23). Hy bevestig die huwelik as die ruimte waar jou seksuele identiteit eksklusief en getrou uitgeleef moet word (Matt 19). Mense wat nie hulleself in 'n twee-geslagtelike huwelik kan uitleef nie, word aangemoedig om selibaat te lewe. Dit sluit almal in ongeag hoe ons vandag oor seksuele oriëntasie dink.

Ook Paulus is helder daaroor in sy briewe (Galasiërs 5; Romeine 1; 1 Korintiërs 5-7; Efesiërs 5; 1 Timoteus 1) soos ook Lukas (Hand 15), Judas (7) en Johannes (Openb 2:18-29). Alle seksuele aktiwiteit buite die huwelik word as porneia– losbandigheid of onsedelikheid, waarmee enige seks buite die huwelik bedoel word (Louw-Nida) – beskryf. Daarmee word bloedskande, owerspel, prostitusie en selfdegeslagverhoudings onder andere afgewys.

3. Die hele Christelike tradisie het daarom onveranderd hierdie Bybelse wêreldbeeld vir 20 eeue aanvaar. Want die openbaring van die Bybel was die uitgangspunt vir leer en lewe. Dit lees ons in Die Didage, Augustinus, Aquinas, Luther, Calvyn, Ursinus en al die Gereformeerde belydenisskrifte. Die huwelik is God se gawe aan ons. Selfdegeslag-verhoudings is konsekwent afgewys. Sonder uitsondering. Selfdegeslag seksuele verhoudings word beskryf as 'n “verwarring van die geslagte” en 'n “misbruik van geslagtelikheid” (Ursinus in sy kommentaar op die Heidelbergse Kategismus 108).

Die besluit van die Algemene Sinode 2016 is hierop begrond. As iemand dit wil verander, sal hy of sy die kerk moet oortuig dat die Skrif en die belydenisskrifte anders oor selfdegeslagverhoudings praat.

Ek wil ook verklaar, soos jy. Aan hierdie boodskap – omdat dit in ooreenstemming is met die Skrif en die belydenis – is my gewete gebonde. Daar is geen kompromie vir my moontlik met 'n diversiteit van standpunte oor geslagtelikheid en seksuele verhoudings nie. Wie daarmee verskil, verlaat die getuienis van die Skrif en die belydenisskrifte, na my oordeel. Selfs as dit 'n Algemene Sinode van die NG Kerk is, soos in 2015 gebeur het.

Uiteindelik bring jou standpunt die Skrif en die belydenisskrifte in gedrang. Dit is die enigste maatstaf wat ons ooit kan aanlê in die kerk. Indien jy ons anders wil oortuig, is die onus op jou om dit uit die Skrif en die belydenis te doen.

Ek staan daarom by die duidelike boodskap van die Skrif en ons belydenisskrifte wat die huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou as ‘n Goddelike gawe en instelling aanprys, en selfdegeslagverhoudings onomwonde afwys. Ek kan nie anders nie.

Chris van Wyk
18 September 2018

Ope brief aan Prop. Hennie Pienaar (homoseksuele aktivis en leraar) van Andre Bekker (eks homoseksuele pedofiel)

Romeine 6:5-11
Hierdie is 'n merkwaardige getuienis van 'n eks homoseksuele pedofiel in 'n ope brief aan Proponent Hennie Pienaar wat Dr Chris van Wyk aangekla het by die Mense Regte Kommissie omdat hy opgestaan het teen Ds Nelis Janse van Rensburg (NG kerk moderator) se uitlatings dat homoseksuele oriëntasie 'n gawe van God is.

Hennie Pienaar, dit is gepas om hierdie skrywe aan jou te rig in die lig van Kerkbode, 2 Oktober 2018, se artikel Hou By Waardes Van Seisoen Van Menswaardigheid, Vra Predikante.

Jy noem mense graag homofobies. Daarom wil ek jou gerusstel dat ek nie  'n oorheersende en sinlose vrees vir homoseksuele het, en hulle verseker ook nie haat nie.  Hoe kan ek, terwyl ek self was waar jy steeds tans is, en ek jou wêreld verstaan en ken. Die Heilige Gees het my oortuig dat die wêreld waarin jy jou steeds bevind téén God en Sy gebod is. Dit het my tot bekering gelei en laat wegdraai van die sonde. Deur God se herskeppingswerk het Hy my 'n nuwe hart en begeertes gegee.

Nie alleen het God my georiënteerdheid tot dieselfde geslag verander nie, maar ook my georiënteerdheid tot die ouderdomsgroep na wie toe ek aangetrokke was. Jy sien, ek was 'n homoseksuele pedofiel. En God het ook daardie komponent van my oriëntasie kom verander. Net soos jy, het ek nie hierdie homoseksuele-pedofiliese oriëntasie gekies nie. Jy verwys mos graag daarna dat ’n mens se  oriëntasie jou kern identiteit is.

Uit diep ervaring kan ek met jou gesels. Ek het empatie met julle en uit liefde sal ek jou en andere aan Jesus wil voorstel. Dis 'n liefdesdaad om jou teen jou verdorwe toestand en die ewige dood te waarsku. Hoe kan my bekommernis oor jou ewige bestemming, 'n onrealisties vrees vir jou wees? Hoe kan dit haat wees? Jy het die aktivistiese sosio-politieke agenda se ideologie, taktieke en taalgebruik aanvaar maar, jou siel in die proses verkoop. Wat baat dit jou om die hele wêreld te win maar aan jou siel skade te ly?

Vir lank het ek met die leuen geworstel, wat die samelewing mee geïndoktrineer word, dat 'n mens met jou spesifieke oriëntasie gebore word. Dit het daartoe gelei dat ek die navorsing begin bestudeer het. Groot was my verrassing toe ek ontdek dat biologiese oorsake nie deterministies van aard is nie. Ek wil aan jou die uitdaging stel om vir my die navorsingstuk te bring wat ONOMWONDE aantoon dat enige mens met sy spesifieke oriëntasie gebore word. Maar kom ek spaar jou die moeite. Jy sal dit nie vir my kan bring nie, aangesien dit nie bestaan nie.

Toe ek by die leuen van "so gebore en kan nie verander nie" verby kom, toe kon die Here met sy Herskeppingswerk begin. My identiteit het ek in Christus gevind en aan die opstandingskant van die kruis het lewe in oorvloed begin, en het ek gevind dat "die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus my vrygemaak het van die wet van die sonde en die dood." Solank ek wandel na die Gees volbring ek nie die werke van die vlees nie. Al die eer aan die Here.

Hennie, as "liefde is liefde" vir jou geld, kan jy vir my een goeie rede gee hoekom dit nie ook vir 'n homoseksuele-pedofiliese oriëntasie geld nie? Mag so ‘n persoon aan jou kerk behoort en sal hy deur jou aanvaar word of is jy homopedofobies?

Jy en Prof Jaun Nel reken daar is geen verband tussen homoseksualitiet en pedofilie nie. Nou verduidelik vir my wat gebeur dan in 'n homoseksuele-pedofiliese oriëntasie!? Het ek dit gekies? Was ek so gebore? Hoekom is jy selektief en is net jou eie spesifieke oriëntasie-samestelling aanvaarbaar en onder andere homoseksuele pedofilie nie?

Jy weet hoe julle pro-gay persone (jy is mos bekend met jou mede-aktiviste soos Neels Jackson se standpunte) liefdeloos en onverdraagsaam is teenoor diegene wat as homoseksuele pedofiele identifiseer. Hulle is mos die "siese," die skuim van die aarde.

Hoe nou gemaak? Hulle bestaan en wat moet met hulle gebeur? Is hulle in jou kerk welkom. Sal jy net so vir húlle gayregte in die kerk veg tot dit ook gedikriminaliseer is en nie meer as 'n afwyking gesien word nie, of sal jy hulle soos melaatses behandel?

Hoe kan dit jou goedkeuring wegdra, as julle uitlatings hierdie spesifieke groepering homoseksuele mense seermaak en hulle tot selfmoord dryf, as julle hulle minag en nie respekteer nie, as julle hulle oordeel en liefdeloos teen hulle optree?

Uiteindelik moet julle erken dat Jesus na ons randfigure uitreik en wanneer ons Jesus ontmoet, sê Hy vir ons "daar is dan nou geen veroordeling meer vir die wat in Christus is nie. Gaan en sondig nie meer nie sodat iets ergers nie dalk met jou sal gebeur die."

Die randfigure gaan vóór julle deur die noupoort wat na die ewige lewe lei. Voorwaar is daar min wat dit vind. Die smal weg van kruis opneem en Christus te volg. Die weg waar ek niemand - selfs nie my afgod van "ek, my en myself" bokant die Here Jesus Christus mag liefhê nie.

Groete
André Bekker