As ’n persoon wat eens ’n homoseksuele pedofiel was, volg ek die gebeure, soos dit hulleself tans in die NG Kerk afspeel, met groot belangstelling en diep bekommernis. Dit verstom my om te lees dat prof. Juan Nel kan sê: “We strongly reject Dr Van Wyk’s statement that homosexuality and pedophilic disorder are related; sexual orientation and sexual interest are not the same or even comparable.”
Voordat ek egter iets oor oriëntasie sê, verwys ek na die artikel Sielkundevereniging Reageer Op “Wanvoorstellings”, van 29 September 2018, in die Kerkbode. Die artikel bevat An Open Statement by the Psychological Society of South Africa’s Sexuality and Gender Division.
Dit is belangrik dat die genoemde verklaring in konteks geplaas word. Die verklaring is onderteken deur onder andere prof. Juan Nel, ’n gayregte aktivis. Die verklaring dra dieselfde sentimente oor as die ASSAf dokument bekend as Diversity In Human Sexuality Report, waarvan prof. Nel instrumenteel was, in die daarstelling daarvan. Dit is ’n politieskorrekte dokument, in diens van die bevordering van gayregte, onder die vaandel van wetenskap. Diamond in Scrutinizing Immutability: “The authors deployed the same exaggerations of scientific evidence that have long characterized immutability debates, concluding that ‘all sexual orientations are biologically based, largely innate and mostly unchangeable’ (p. 22).”
Dr. Rosik verwys na die voorafgaande aanhaling op bl. 17-18 van Quiet Death of Sexual Orientation Immutability en sê:
“I admit to being pleasantly surprised that the authors concur with the Alliance’s opinion on this aspect of the report ... Diamond and Rosky contend that this “overinterpretation”—which might be considered a sanitized term for scientific deception—is justified on the grounds that belief in immutability in the African context will save lives of LGB Africans. I would like to believe that this is true, but I wonder if this is primarily a rationalizing of scientific dishonesty in the interest of changing public policy. I wonder this in part because it would seem to me that such reasoning is quite insulting to the average African, appearing to assume that Africans are so culturally backwards that they would not be able or know how to access this information on the Internet. Are not Africans with such inclinations likely to be even less sympathetic to Diamond and Rosky’s concerns when they learn that they have been lied to by the ASSAf Report?”Vir ’n wetenskaplike evaluering van die Report kan The Alliance for Therapeutic Choice and Scientific Integrity se Response to ASSAf Report bestudeer word.
Oriëntasie
Dit bring my dan by die bespreking van oriëntasie, waarvan die kompleksiteit nie hier bespreek gaan word nie, maar oor gelees kan word in my Ope Brief Aan NGK Leraars-2017. In leketaal gaan ek die verband tussen oriëntasie en pedofilie, aan die hand van die volgende aanhaling, aan die leser uitwys:
“With respect to various components of sexual orientation, an individual may be heterosexual, homosexual, bisexual, as well as fetishistic, transvestitic, zoophiliac, [pedophilic] (my byvoeging) and so on. It is important to note that these are not mutually exclusive categories.”’n Persoon se oriëntasie bestaan uit verskillende samestellende dele, wat uniek is aan daardie persoon. ’n Mens kan dit so verduidelik dat daar twee geslagte is nl. manlik en vroulik. Die onderskeie geslagte is op hulle beurt weer of heteroseksueel, of biseksueel, of homoseksueel.
Hierbenewens is daar die aangetrokkenheid tot die volgende ouderdomsgroepe:
- Infantofiele (onder die ouderdom van 5 jaar)
- Pedofiele (onder die ouderdom van 11 jaar)
- Ebefiele (11 tot 14 jaar)
- Ephebefiele (15 tot 19 jaar)
- Pedohebefiele (beide onder 11 en 11 tot 14)
- Teleiofiele (’n kind of adolessent wat seksueel tot ’n volwasse persoon aangetrokke is)
- Gerontofiele (aangetrokke tot persone 50 jaar en ouer)
- Aangetrokke tot volwassenes van dieselfde ouderdomsgroep
- Aangetrokke tot volwassenes ouer as hulleself
Prof. Nel skryf, “Sexual orientation refers to a person’s emotional, affectional, romantic and sexual attraction to a person.”
’n Spesifieke gay persoon se oriëntasie kan soos volg daar uitsien: hy is ’n man (geslag) wat aangetrokke is tot ’n ander manlike persoon (homoseksueel) tussen die ouderdom van 8 tot 11 jaar (pedofilie) insluitend sy eie kind (bloedskande) en hy vind plesier daarin om vroueklere aan te trek (transvestiet) en die persoon van voorkeur se tone te lek (fetish) vir erotiese vervulling.
Die leser sal met my saamstem dat hierdie homoseksuele pedofiel voldoen sovêr aan die vereistes van die definisie van seksuele oriëntasie.
Prof. Nel skryf verder, “[Sexual orientation] can also refer to a person’s core sense of identity based on those attractions, related behaviours, and membership in a community of others who share those attractions.”
Die homoseksuele pedofiel identifiseer met sy aangetrokkenheid en internaliseer dit as sy kern-identiteit. Hy kyk ook na kinderpornografie en behoort aan die North American Man-Boy Love Association (NAMBLA) en voel homself tuis in die gemeenskap van andere wat dieselfde aangetrokkenheid as hy beleef. Hy voldoen dus aan die definisie van oriëntasie.
Prof. Nel skryf verder, “Research and clinical experience further conclude that for most people sexual orientation is not ‘a choice’ or ‘voluntary’.” Hierdie is ook die ervaring van die homoseksuele pedofiel en hy voldoen dus steeds aan die vereistes of kenmerke van ’n oriëntasie.
Laastens skryf prof. Nel “The core aspects of sexual orientation, whether heterosexual, homosexual or bisexual, typically emerge by early adolescence, even though the individual may not yet have become sexually active.” Dit was ook die ervaring van hierdie homoseksuele pedofiel en het hy dus aan die vereistes van ’n oriëntasie voldoen.
Waar pas “pedophilic disorder” dan in?
Pedofilie lê klem op die spesifieke gedeelte van ’n persoon se oriëntasie, wat fokus op die ouderdomsgroep na wie toe so ‘n persoon aangetrokke voel. Dit is die gedeelte van ’n persoon wat gekriminaliseer is en wat as ’n afwyking beskou word, maar die maatreëls, verander nie die feit dat dit die persoon se oriëntasie is nie.
Dit beteken dat die persoon nie op sy oriëntasie kan handel, sonder om moontlike vervolging in die gesig te staar nie. Hy moet dus of verander of hy moet selibaat bly. Klink dit bekend? Dit impliseer dat enige persoon met ’n ongewenste oriëntasie dus die hoop het om iets daaraan te kan doen.
Dit is dié feite wat my genoop het om ‘n Ope Brief aan Prop. Hennie Pienaar te skryf.
Dit behoort uit die voorafgaande uiteensetting en aanhalings duidelik te wees dat die skerp onderskeid wat prof Juan Nel maak tussen homoseksualiteit en pedofilie asook tussen ‘n seksuele oriëntasie en ‘n seksuele belangstelling uiters problematies en hoogs aanvegbaar is.
Implikasies vir die kerk
Wat is die implikasies vir die kerk? Die gay persoon wat as ’n pedofiel deurgaan kan openlik gay wees, maar as pedofiel is hy in die kas. Hy sit op die kerkbanke, werk in die kerk se kleuterskole, is betrokke in die Sondagskole en word jeugleier.
Ek is oortuig die pro-gay groep is nie onbewus van hierdie feite nie.
Dit was laat November 2015 toe ek ’n oproep van Dr. Marietjie van Loggerenberg gekry het, waarin sy my nooi om deel van ’n paneel te wees, waar ek my getuienis sal gee as deel van hulle Dagkonferensie, 20 Januarie 2016. Sy maak toe ook ’n afspraak sodat ons voor die tyd ontmoet en sy darem in persoon met my kan gesels.
Ons reël toe om by Cafe 41, in Groenkloof te ontmoet. Tydens ons gesprek vra sy my uit oor myself en ek vertel haar oor die pad wat ek gestap het en onder andere dat ek ’n pedofiel was. Dit het haar ongemaklik gestem. Sy vra my toe of ek al ooit vervolg was deur die owerhede. Waarop ek toe vir haar sê nee. Sy vra my toe of ek nie bang is om vervolg te word nie, waarop ek haar antwoord dat ek bereid is om vir die waarheid tronk toe te gaan. Ek kon sien sy is gesteurd en die geïrriteerdheid was hoorbaar in haar stem, toe sy vir my sê ek mag niks op die konferensie iets oor die feit sê dat ek ’n pedofiel was nie. Sou ek iets sê sal sy my stilmaak. Kort na sy dit gesê het, ervaar ek in my gees die Here sê jy sal nie stilbly nie. So het die dag aangebreek en ek het genoem van my aangetrokkenheid tot jonger persone. Sy het my egter nie stilgemaak nie.
’n Paar weke later kry ek weer ’n oproep van haar. Sy deel my toe mee dat hulle besig is om hulle video’s van die konferensie te finaliseer en vra toe of ek tevrede is met wat ek gesê het en of ek enigiets wil uithaal. Ek het vir haar gesê dat ek tevrede is net soos dit verloop het en dat hulle maar kan voortgaan. Sy was egter nie tevrede en het die vraag seker drie keer herhaal. Dit is toe dat sy vra of ek tevrede is met die gedeelte wat ek genoem het van pedofilie, en of ek dit nie sal wil uithaal nie. Ek het vir haar gesê dat ek tevrede is met wat ek gesê het en dat hulle dit nie mag verwyder nie anders sal dit baie oneties van hulle wees. Dit was vir my duidelik dat sy nie wou hê dat die saak van pedofilie genoem moes gewees het nie.
Ek vertrou dat die kerk sal herbesin oor die oortuiging dat seksuele oriëntasie ‘n gawe van God is.
Groete
André Bekker
No comments :
Post a Comment