In Egipte is daar 'n area wat bekend staan as "garbage city." Dit is geleë in die Mokattam berge in die suide van Kaïro in Egipte. Dit word so genoem weens die groot getal vullis versamelaars wat daar woon. Hulle word ook die "Zabbaleen" genoem. Hulle is afstammelinge van boere wat in die 1940's immigreer het vanaf die boonste streek van Egipte na Kaïro. Hulle het 'n heenkome kom soek in Kaïro weens droogte en armoede. Aanvanklik het hulle aanhou boer met varke, bokke, hoenders en ander diere, maar het later vullis, komende vanaf Kaïro, begin sorteer omdat dit meer winsgewend was. Hulle het die kosbare items verkoop en die organiese afval gebruik om hul diere te voer. Dit het so goed gewerk dat nog immigrante na "carbage village" gekom het om 'n lewe te maak. Vir jare het hulle rondgeskuif om die owerhede te vermy wat nie hiervan gehou het nie. Later van tyd het 'n groot groep "Zabbaleen" hulself gevestig aan die ooste van Kaïro onder die kranse van die Mokattam steengroewe. Hul populasie het gegroei van 8000 in die vroeë 80's tot byna 30 000 vandag.
Die "Zabballeen" is 90% Koptiese Christene terwyl Egipte 'n meerderheid Moslem land is. Die Koptiese kerk in Mokattam was in 1975 gevestig. Na die vestiging van die kerk, het hulle begin huise bou van meer soliede boumateriaal soos klip en stene. Voor dit het hulle in sink huisies gebly. In 1976 het 'n brand baie van die huisies verwoes wat gelei het tot die bou van die kerk onder die Mokattam berge. Verskeie ander kerke is ook later in die grotte en onder die kranse gebou. Die grootste van die kerk is die "Monastery of St. Simon the Tanner" wat tot 20 000 mense kan huisves. Dit is die grootste kerk in die Midde Ooste.
Vir eeue is Koptiese Christene vervolg en gemarginaliseer onder diskriminerende wette. Dit het vererger na 25 Januarie 2010 toe leierskap in die land oorgeneem is deur Moslems. Koptiese vroue en meisies word soms gevange geneem en geforseer om te trou met Moslem mans. In Kaïro word die bekering van Moslems na Christenskap nie herken nie. Selfs huwelike oor geloofsgrense word nie herken nie. Die regering vereis ook dat permitte verkry moet word om kerke te bou. Sendelinge word in die land toegelaat as hulle onderneem om sosiale opheffingswerk te doen.
Die video hieronder is 'n lofprysingsbyeenkoms wat gehou was in die "Cave Chruch" in Kaïro. Die opname is gemaak tydens a nag van gebed op 31 November 2012. Kyk bietjie hoe sing 10 000 bloedgewaste kinders van God 'n lofprysingslied tot eer van die opstanding van Jesus Christus.
Increase your praises to Christ - joyful song from the Cave Church.
Hier is 'n paar foto's van die kerk in die Mokattam berge in Kaïro.
Bronne Geraadpleeg:
- Amazing Plannet. 2013. The Cave Church of the Zabbaleen in Cairo. http://www.amusingplanet.com/2013/09/the-cave-church-of-zabbaleen-in-cairo.html
- Open Doors. 2015. Egypt: World Watch List #23. http://www.opendoorsuk.org/persecution/worldwatch/egypt.php
Dankie Jaco. Hierdie Christene se gesigte getuig...
ReplyDeletegroete
Johannes