Tuesday, July 28, 2015

Is die Woord van God in sy geheel foutloos of slegs gedeeltes?

Want die woord van die Here is reg, en al sy werk is met trou. (Ps. 33:4)

Die Woord van God is foutloos omdat dit van Hom af kom. Dit is wat die vers impliseer. Dit beteken nie vertalings het nie foute nie. Vertalings is net wat die naam se: "'n vertaling van die oorspronklike." Die mense wat die Bybel vertaal vanuit die oorspronklike is gewone mense en is nie geïnspireer deur die Gees nie. Hulle vertaal slegs die oorspronklike Griekse en Hebreeuse geskrifte in die taal van hul keuse. Dit is moontlik om foute te maak, want hulle moet 'n mate van interpretasie toepas om 'n toepaslike woord of frase te kry in die taal waarin hulle vertaal. Dit is 'n ingewikkelde proses, want mens moet bv. die oorspronklike bedoeling van die oorspronklike skrywer verstaan om dit korrek weer te gee. Hieruit kan mens klaar die moontlikhede van foute raaksien. Ons moet egter nie vergeet dat God in beheer van alles is nie. Letterlik alles en niks gebeur sonder dat Hy dit direk wil of toegelaat het onder Sy soewereine beheer nie. God beheer selfs die vertalings proses en daarom kan ons rus in vrede in God en nie in mense nie. Selfs die Bybels wat as parafrases bekend staan (The Message), wat in baie gevalle nie 'n Bybel is nie en heeltemal verkeerd is, is nie buite God se soewereine beheer nie. Hy weet daarvan nog voor die aarde geskep is en het dit toegelaat in Sy raadsplan. Ons kan God vertrou en hoef nie in vrees te leef nie. God is alsiende en alwys en sal Sy kerk lei in die volle waarheid. Ons moet op Hom vertrou, selfs vir getroue vertalings. Dit beteken nie ons moet nie evaluasies maak nie en alles net goedsmoeds aanvaar. Selfs daarin gee God sy kerk as individue en in geheel die wysheid en insig om te onderskei. Ek dink daar is baie meer rede tot vrede en kalmte as vrees en angs wat ongeloof en wantroue is.

God belowe in die Bybel dat Hy sy Woord sal bewaar vir alle tye. Daarom kan ons vertrou dat die oorspronklike en Griekse en Hebreeuse kopieë daarvan getrou is omdat God dit bewaar. Die kopieë is ook nie geïnspireer nie, maar in God se soewereiniteit het Hy ons klomp kopieë gegee waarmee ons kan vergelyk om so naby as moontlik aan die oorspronklike geskrifte te kom. As al die kopieë vergelyk word is die verskille so klein. Daar word gereken dis baie minder as 1% en dan is dit ook net semantiese van aard soos leestekens. Daar is nie een verskil wat enige invloed op enige lering in die Bybel het nie.

Die oorspronklike woorde geskryf deur die apostels en profete is in hul geheel deur God geïnspireer en uitgeasem onder leiding van die Heilige Gees. Die volle Woord van God is soewerein en misterieus in mekaar geweef deur God om 'n soliede eenheid te vorm bekend as die Woord van God. Christus is die bindende faktor van die hele Woord. Hy is die een waaroor die Woord gaan en Hy is die een wat elke belofte van die Woord lewe gee en waar maak. Daarom word Christus in die eerste hoofstuk van Johannes as die "Woord van God" genoem. Die Woord is waar omdat Christus waar en waaragtig is.

God maak nie foute nie. Dit kan nie wees nie. Anders lieg Hy en God kan nie sondig. In alles wat Hy doen is Hy perfek tot op die uiterste daarvan. God het ons nooit gelaat met gedeeltes en stukke wat waar is nie. Wie moet bepaal wat dan van Hom af kom en wat nie. Is die mens nou in Sy gevalle toestand die een wat waarheid kan evalueer en verklaar. Is die mens se denke nou heilig sodat Hy die Woord kan meet en bepaal watter stukke kom van God af? Nee, hy kan nie. Hy benodig self Iemand om hom te evalueer en uit te wys waar Hy verkeerd is. Slegs God kan waarheid meet aangesien alle waarheid van Hom af kom. Daarom is die volledige Woord wat oorspronklik tot ons gekom het deur die apostels en profete 'n foutlose en perfekte genade gawe, want dit kom direk uit die hand en mond van God (2 Pet. 1:19-21; 2 Tim 3:16).

3 comments :

  1. Dis 'n leuen dat die verskille tussen kopiee slegs 1% verskil. Daar is DRAMATIESE verskille wat 'n MASSIEWE verskuiwing maak aan die betekenis. Uit 162 skrifverwysings verskil die vertalings as volg:

    Revised Standard Version – 158 out of 162
    Nestle’s Greek Text – 155 out of 162
    Goodspeed’s New Testament – 154 out of 162
    Westcott & Hort Greek – 151 out of 162
    Tischendorf’s New Testament – 150 out of 162
    New English New Testament – 150 out of 162
    Williams’ New Testament – 149 out of 162
    Berkeley Version N.T. – 148 out of 162
    New American Standard – 147 out of 162
    New World Translation – 145 out of 162
    Good News For Modern Man – 144 out of 162
    Moffatt’s New Testament – 144 out of 162
    Wuest’s Expanded N.T. – 142 out of 162
    Twentieth Century N.T. – 142 out of 162
    Weymouth’s New Testament – 138 out of 162
    Amplified New Testament – 136 out of 162
    Revised Version of 1881 – 135 out of 162
    American Standard Version – 135 out of 162
    Alford’s Greek N.T. – 134 out of 162
    Diaglot New Testament – 128 out of 162
    Lachmann’s New Testament – 121 out of 162
    Philip’s New Testament – 117 out of 162
    Living N.T. Paraphrased – 114 out of 162
    Confraternity New Testament – 90 out of 162
    Douay Version N.T. – 75 out of 162
    Griesbach’s Greek N.T. – 61 out of 162
    Wordsworth’s Greek N.T. – 47 out of 162
    Norlie’s Simplified N.T. – 41 out of 162
    John Wesley’s N.T. – 38 out of 162
    Martin Luther’s German N.T. – 0 out of 162
    Textus Receptus Greek N.T. – 0 out of 162
    King James New Testament – 0 out of 162

    We could give you no better advice; keep to the King James Version for your authority. (endtiming.com)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir jou bydra Johan. Die kopieë waarna hier verwys word is die verskillende bron tekste en nie vertalings nie. Vertalings is net wat dit se; 'n vertaling en is afhanklik van die persoon se begrip wat dit vertaal. Net so is die KJV ook net nog 'n vertaling. Daarom is daar 'n mate van interpretasie by alle vertalings; selfs woord vir woord vertalings. 'n Griekse woord het meer as een betekenis en die korrekte een moet gekies word met die konteks in ag geneem.

      Die bron tekste wat gebruik vir vertalings is dit wat met minder as 1% verskil. Dit is tog opvallend hoeveel foute in die textus receptus bestaan. Met die vertaling van die KJV is nie eers die oudste Griekse en Hebreeuse geskrifte gebruik nie. Daar is ook 'n baie beperkte brontekste gebruik. Inteendeel was die Griekse teks wat gebruik was inderhaas deur Erasmus vertaal omdat hy onder druk was om so gou moontlik 'n Bybel n Engels te lewer. Die KJV is 'n baie swak vertaling omdat dit glad nie van 'n goeie bron vertaal is nie en haastig deur een persoon vertaal is. Vertalings soos die ESV maak van meer as 50 teoloë gebruik wat kenners is op Grieks en Hebreus en van die beste en oudste Griekse en Hebreeuse geskrifte. Die eerste KJV is ook nie eers van die textus receptus vertaal nie. Die KJV wat aanbeveel word deur KJV-only mense is ook selfs die derde weergawe waarin foute al reg gemaak is. Dit wil my baie keer voorkom daar is eerder 'n vorm van fanatisme betrokke as die eerlike omgaan met ware feite.

      Dit is ook opvallend dat die mense wat die KJV aanbeveel ook sterk gekant is teen Rooms Katolisisme, maar hulle vergeet hoe stewig gesetel is die textus receptus en oorspronklike JKV in Rooms Katolisisme. Die KJV is vertaal uit 'n Griekse teks wat deur Erasmus (Katoliek) geskryf was en aan Pous Leo opgedra was. Erasmus het maar net 6 Griekse bronne gehad het om sy Griekse teks te skryf. Daar was gedeeltes uit openbaring ook afwesig wat hy self ingeskryf het. Die bronne was ook nie eers die oudste Griekse teks van die Bybel nie. Weereens laat dit my dink aan oneerlike fanatisme as eerlike soeke na waarheid.

      Die feite kan hier beskou word.

      http://www.ibri.org/Tracts/trkjvtct.htm
      http://alwaysbeready.com/images/stories/alwaysbeready/dk115.pdf
      https://www.youtube.com/watch?v=UNGa_dRTNMo
      https://www.youtube.com/watch?v=wz4xN96XFds

      Delete
    2. How did WH dethrone the Textus Receptus and the Greek MSS that stood behind it? They accomplished their task with three arguments: (1) The Byzantine text (i.e., the group of Greek MSS behind the Textus Receptus) was not quoted by any church father before AD 325, while the Alexandrian text was amply represented before that period. (2) The Byzantine text was shown to depend on two earlier traditions, the Alexandrian and Western, in several places. The early editors of the Byzantine text combined (or conflated) the wording of the Alexandrian and Western traditions on occasion, while nowhere could it be shown that the Alexandrian combined Western and Byzantine readings or that the Western combined readings of the Alexandrian and Byzantine. (3) The Byzantine text, upon closer examination, proved to be inferior in its wording, either by not conforming to the author’s wording or moving in a predictable direction (such as by adding clarifying words).

      https://bible.org/article/why-i-do-not-think-king-james-bible-best-translation-available-today

      Delete