Tuesday, October 20, 2015

"Praat Saam" oor homoseksualiteit. Wat is die probleem en wat is die antwoord?

Laat ek met die intrapslag my vraag antwoord en dan verder verduidelik. Jesus Christus is die antwoord op al die mens se sonde en gedragsprobleme. Mense kan verander en genees word van die effek van die sondeval op die mensdom deur die dood, bloed en opstanding van Jesus Christus. Die Persoon van Jesus is die antwoord en Hy kan mense verander. Die Gees maak die verlossing van Jesus ons sin deur wedergeboorte. Ek voel die sentrale waarheid is die enkel grootste miskenning in ons tyd in kerke. Die leer van wedergeboorte is baie afgewater. Die evangelie is die krag tot redding en vrymaking van die slawerny van sonde (Rom. 1:16). Die woord krag is die Griekse woord "dunamis" wat krag, sterkte en gewilligheid beteken. Die evangelie het transformerende krag. Metamorfose word beskryf in die Bybel as nuwe skepsels soos 'n mot wat uit 'n papie kom. 'n Nuwe skepping vind plaas in die siel van die mens. Sondaars word in Christus as nuwe mense geskep deur die Gees in hul gemoed.

Na aanleiding van RSG se gesprek oor homoseksualiteit vanoggend op "Praat Saam wil ek net byvoeg dat die hoof probleem met die mensdom is die sondeval en die sondige natuur wat daarmee in die mens ontstaan. Alle vorme van onreinheid en boosheid wat ons rondom ons en in ons sien kom weens die sondeval. Wat is sonde? Sonde is enige gedagte, emosie, begeerte, drang of handeling teen die wet en aard van God. Wat is die aard van God? God is heilig en in Hom is daar geen vorm van duisternis of sonde nie (1 John 1:5). Alles wat God doen en skep is perfek en sondeloos. God se wet reflekteer wie Hy is; heilig, rein en perfek (Ps. 19:7-10). Alle gedrag van die mensdom teen die heiligheid van God is sonde en kom nie van Hom af nie, maar vind sy oorsprong in die Satan; die vader van alle leuens en dood (John 8:44)

Die mens is perfek en heilig geskep as man en vrou deur God. Daarom sal die man sy ouerhuis verlaat en sy vrou aankleef en een vlees word - emosioneel, psigies en seksueel.  Die opdrag was "gaan dan heen en vul die aarde" (Gen. 1:27-28). God het hulle een geskep as man en vrou en hulle 'n porsie van sy Gees gegee met die doel om 'n goddelik nageslag te hê (Mal. 2:15). Tot op die punt was daar geen sonde in enige vorm nie insluitende homoseks. Alles was baie goed, perfek, heilig en rein geskep deur God (Gen. 1:31). Adam en Eva het ook geen seksuele onsekerheid of skaamte beleef nie (Gen. 2:24-25). TOE KOM die sondeval en die eerste seksuele onsekerheid en wangedrag tree in. Adam en Eva skaam hulle vir mekaar se seksualiteit (Gen. 3:7-8). Direk daarna slaan Kain vir Abel dood (Gen. 4:8). Kort daarna word Noag dronk en sy seuns molesteer hom seksueel (Gen. 9:20-25). 'n Ruk daarna slaap mans by Sodom met ander mans en sodomie ontstaan (Gen. 19:4-5). Kort daarna verbied God deur Sy wet dat een man met 'n ander man slaap soos met 'n vrou (Lev. 18:22). So ontvou die sondeval van die mensdom progressief tot meer en groter sonde.

Voor die sondeval waarsku God vir Adam en Eva as hulle Sy wet ongehoorsaam hulle geestelik gaan sterf, maar Satan lieg vir hulle en verdraai God se Woord (Gen. 2:17; 3:4). Die uiteinde is dat die mens na Satan luister en die versoeking om soos God te wees nie kan weerstaan nie en in ongehoorsaamheid en sonde val. Deur die sondeval ontvang die mens 'n sondige aard wat neig na alle vorme van sonde teen die wette van God insluitende homoseks. Die mens was nooit as homoseksueles geskep nie, maar sondeloos in 'n perfekte huwelik tussen man en vrou (Matt. 19:4-5). Die sondeval het alle tipes sondes gebring. Die hoof probleem is die sondige natuur in die mens en totale verdorwenheid van die hele mens deur gehoorsaamheid aan die leuen van Satan (2 Cor. 4:4; Eph. 2:1-10). Jesus het gekom om die lyn van Adam te breek en die werke van Satan in die sondeval te vernietig (1 John 3:8). Deur Sy wonde is daar genesing (Is. 53:5; 1 Pet. 2:24). Daarom kan homoseksuele mense verander. Mense word genees en verander deur wedergeboorte (John 3:3-5). Wedergeboorte is die vernuwing van die siel van die mens. Deur wedergeboorte word die dooie sondaar verenig met Jesus en sterf die ou sondige mens en staan 'n nuwe mens op uit die geestelike dood (Rom. 6:1-10). God blaas deur die Gees lewe in die dooie siel van die mens wat dan as oorwinnaars oor die sondige natuur kan leef. Hy plaas Sy Gees in hulle wat sterker as die sondige drange is (Galasiërs 5:16-25). Die Gees staan direk teenoor die sondige natuur en sy drange. Die Heilige Gees stel sondige mense in staan om deur Hom gelei te word en in oorwinning oor homoseksuele drange te leef (Gal. 5:16-18). Die Heilige Gees werk ook in gelowiges tot progressief heiligmaking sodat hulle meer en meer vernuwe word na die beeld van Jesus (Col 3:9-10). Deur wedergeboorte word die beeld van God herstel in die mens (Eph. 4:22-24). Die Gees openbaar die Woord aan gelowiges en deur geestelike openbaring en die toepassing van daai openbaringskennis tot hul daaglikse lewe, leef hulle dan as heilige en gehoorsame kinders van God. Dit is die pad van genesing en herstel.

No comments :

Post a Comment